WELKOM BY DIE NG KERK THABAZIMBI!
Hier leef ons vir Christus en Sy Koninkryk.
NG Gemeente Thabazimbi is ’n gemeente van die lewende opgestane Here Jesus Christus. Hy is die Hoof van Sy kerk, hier in die westelike Bosveld, op hierdie stukkie aarde wat ons Thabazimbi noem. In ons wese wil ons aan Jesus Christus alleen gehoorsaam wees, wil ons Hom dien en Hom alleen aanbid. En elkeen wat glo in die Drie-enige God: Vader, Seun (Jesus Christus) en Heilige Gees is welkom om saam met hierdie gemeente van God te aanbid, te dien en te groei. NG Gemeente Thabazimbi wil ’n gemeente wees waar elkeen met sy verskillende gawes, spiritualiteite en ouderdomme ’n geestelike tuiste kan vind.
Aan God alleen die eer!