2022 Riemvasmaak uitreik

Die foto’s spreek vanself, Die uitreik was om die kinders van Vredesvalei naby Kakamas te geen wys en te vertel van God. Dis gedoen met ‘n Poppekas, sport en die Bybel.

Hier is ook getuienis van Melanie, Werner en Marlize Meyer. Lees dit en kyk na die foto’s en mag die saad wat gesaai is deur die groep, veelvuldig saad dra.

‘n Groepie van ons gemeentelede het die afgelope week reggemaak en gister, 1 Julie, gepak om Saterdag. 2 Julie, te vertrek, met ‘n uitreik, na Vredesvallei naby Kakamas by Jimmy en Marlize Meyer. Om daar saam met 15 studente van Potchefstroom te gaan werk en te help om Jesus se hande en voete te gaan wees.

Beurtkrag kon nie eens die positiewe gees blus nie. Selfs toe daar gesoek word na ‘n toe sleepwaentjie en is hulle gehelp.

Van ons gemeente het gegaan:

Ds Bernard v Wyk, Michelle Snyman, Marie Barnard, Willie, Teresa, Werner en Melanie Burger

Deur die week sal foto’s van hulle werksaamhede bygevoeg word. Dra hulle in julle gebede en geniet die reis saam met hulle.

dankie vir Michelle Snyman en Marie Barnard vir die foto’s

Dit was wonderlik om met kinder te werk, baie behulp saam gewees. Ek self het nuwe goed opgetel by die kindertjies, liedjies gesing soos vader Abraham, ek weer geleer om meer vir my naaste lief te wees en om te gee as myself, en ja die Heilige Gees was by my en teenwoordig en die glimlag te kan sien op hulle gesiggies. Hoe ek dit ervaar het? Dit is n groot uitdagging gewees vir my en tog baie geleer . Melanie Burger

Die 2de week van Julie het ons uitreispan na Vredesvallei in die Noord-Kaap gereis. Ons het verskeie aktiwiteite gedoen om die Boodskap van Jesus oor te dra en dit uit te leef. Dit was ‘n belewenis om die kinders se gesigte te sien ophelder. Dit het ons harte laat smelt. Ons poppekas was ‘n sukses om die kinders te leer van Jesus en die gebeurtenisse in die Bybel. Van die aktiwiteite, soos sport, oa sokker, was ‘n bietjie van ‘n struikelblok, want nie almal van ons was fiks genioeg nie! Maar dit was lekker om almal ‘n stukkie geluk van God-Drie Enig te gee en ‘n verskil in hulle lewens te maak.

Werner Burger 22 Julie 2022

Liewe Gemeente

Gedurende die tydperk van 3 tot 9 Julie het ons die voorreg gehad om jul gemeente en ook ‘n groepie van die Potch studente kerk vir ‘n uitreik by ons te hê. Die groepie het uit 22 mense bestaan.

Ons het dadelik aanklank by die groep gevind en dit was vir ons heerlik met hulle hier. Dit was baie mooi om hulle diensbaarheid op alle vlakke te beleef van die jongmense wat lekker programme met die kinders en jongmense aangebied het tot die kombuispan en die hekmakers.

Die groep het in twee areas gewerk. Die eerste was by Brabees, dit is waar Jimmy se stene en groente programme is, en dan ook hier by ons in Riemvasmaak – Vredesvallei. Ons is dankbaar dat die groep ook in Brabees kon werk want Jimmy probeer om verhoudings daar te bou. Die groep het verseker daarin geslaag aangesien ek al van ander oorde gehoor het hoe baie die mense dit waardeer en geniet het.

Bernard het defnitief ‘n slag met jongmense en dit was mooi om te sien hoe hy ons jongmeisies uit hul dop laat kruip het om ook aan die aktiwiteite deel te neem. Ons is besig met opvolg werk met die meisies en bid asb saam met ons dat daar vrug op die werk sal wees.

Ons het die groep vreeslik baie geniet en was waarlik ‘n seën vir ons as gesin. Dit is so pragtig om sulke mooi jongmense te ontmoet wat vol van die Here is en Hom dien.

Ons wil baie dankie se ook vir elkeen agter die skerms wat dit moontlik gemaak het vir die groep om te kom. Ook baie dankie aan al die bidders waarsonder so ‘n uitreik nie suksesvol kon wees nie. Julle is altyd welkom en ons hoop om julle weer volgende jaar te sien.

Dankie vir die gemeente wat ons so met liefde ondersteun en vir ons bid. Julle dra ons op die sendingveld.

Baie liefde

Jimmy, Marlize, Kirsti en Roux Meyer

Continue Reading