Stories vir Lewe Tema 4

Prediker: ds JZ de Jager

21 Augustus 2016

Mat. 18:21-35             Dis net ‘n skurk wat nie vergewe nie

Ons is besig met die reeks Stories vir die Lewe. En iets wat my opval van hierdie reeks is hoe meer ek met die verhale wat Jesus vertel het besig is, hoe meer besef ek dat al hierdie verhale hulleself elke dag afspeel in ons eie lewens, vandag, hier waar ons bymekaar is.

Die gelykenis wat ons vandag behandel gaan oor vergifnis en die tema waarna ons kyk is – Dis net ‘n skurk wat nie vergewe nie. Dit is harde woorde wat mens baie vinnig laat dink aan jou eie lewe en die manier wat jy vergewe, of nie vergewe nie. En as mens dink aan die manier hoe jy vergewe, of nie vergewe nie dan regverdig jy ook sommer baie vinnig hoekom jy so oor die saak voel.

As ek jou vandag sou vra wat is jou definisie van vergifnis, wat sou jy sê… Of hoe sou jy vergifnis verduidelik aan ‘n 5 jarige kind sodat hulle dit verstaan, hoe sou jy dit doen?

    • “Forgiveness is not an occasional act, it is a constant attitude.” -Martin Luther King, Jr.
  • “Forgiveness is letting go of the hope that the past can be changed.” Anoniem

 

Ek lees van ‘n artikel wat in die Cape Argus verskyn het in Februarie 1990:

In die artikel vertel ‘n joernalis van ‘n meneer Nelson Mandela se vrylating uit die Pollsmoor gevangenis na 27 jaar in die tronk. Die joernalis vertel dat hy baie naby aan die paadjie gestaan het, en kon dus al die verrigtinge baie mooi dophou.  Toe die deure oopgaan, het hy vir ‘n baie vinnige oomblik ‘n bitter, harde trek om die mond van die wêreld beroemde, 72 jarige gevangene opgemerk.  Maar dit was asof daar ‘n vasberade trek in Nelson Mandela se oë verskyn het, wat veroorsaak het dat sy gesig versag het.  Met ‘n rustige uitdrukking op sy gesig het Nelson Mandela die duisende mense voor die tronk gebou tegemoet geloop.  Dieselfde joernalis sou mnr Mandela op ‘n later stadium ontmoet en op daardie geleentheid het hy hom gevra of sy waarneming daardie dag reg was.  Mandela het vir ‘n oomblik voor hom uitgestaar, en sy kop geknik en erken dat hy op daardie stadium nog nie losgekom het van die gevoel van verontregting nie.  Toe hy uitstap en al die mense sien, waaronder selfs gevangenis beamptes was, was dit asof daar ‘n stem vir homself gesê het: Nelson, die afgelope 27 jaar was jy ‘n vry man, al is jy in tronkselle aangehou.  Moenie toelaat dat jou gevangenemers nou amptelik van jou ‘n vry man maak, terwyl jy van jouself weer hulle gevangene maak deur jou onvergewensgesindheid nie.  Nelson Mandela het die wysheid gehad om te besef dat daar geen groter gevangenis is nie as die waarin jy jouself toesluit as jy weier om jou vyand te vergewe, en vasgeketting bly deur boeie van haat.

In gesprekke waarby ek die week betrokke wat waar ons bietjie saam gedink het oor hierdie teks het frases soos “Elke hond kry sy dag…” en “Die wiel draai…” opgekom. Want dit is die wêreld waarbinne ons leef se houding. Ons weet wat is die regte ding om te doen en ons ken al die regte antwoorde, maar om te vergewe ko nie altyd so maklik nie…

Die wêreld wil ons leer dat as ons vergewe dan is ons swak MAAR Jesus wil ons vandag net weer kom leer dat dit net skurke is wat nie vergewe nie.

Kom ons lees saam uit Mat 18:21-35

Die eerste deel van hierdie gedeelte gaan oor Petrus wat vir Jesus kom vra oor vergifnis. Dit wil lyk of Petrus met ‘n bietjie hoogmoed hierdie vraag vir Jesus kom vra het.  Die Rabbynse voorskrifte oor vergifnis was drie-maal.  Jy moet iemand drie-maal vergewe.  Petrus kom dan, en wys eintlik dat hy iets van die Rabbynse voorskrif verstaan, maar dat hy ook bereid is om meer te vergewe, nl sewe maal.  Petrus kon sekerlik een van twee gedagtes gehad het…

  1. As ek sewe keer vergewe dan gee dit my darem ‘n tyd om vriendelik en mooi te wees en alles te doen wat van my verwag word… Dan doen ek my Christelike plig… Maar dit moet mos êrens stop dat ek hom iets kan gaan aan doen…
  2. Of sy gedagte kon iets wees soos ‘n stewige kwota goedhartigheid… Hy wil vir Jesus uitstaan as iemand besonders…

Ons weet nie wat sy bedoeling was nie, of dit positief of negatief was weet ons nie, maar een ding weet ons: Hy wil hê dat Jesus ‘n perk moet stel aan die Christelike naasteliefde.

Sommer so terloops, ek weet nie van julle nie, maar ek het ook al dieselfde tipe wens gehad… Dat daar net bietjie perke is aan goed wees, en reg optree, en vriendelik wees, en nie liggeraak wees nie, en om nie te hoef te vergewe nie…  Partykeer wil mens mos met hierdie gevoel sit hier binne-in ‘n mens??

Petrus wou ‘n merker kry wat sê: tot hier toe moet jy dit doen en dan nie verder nie… Ons sê dit mos ook… Ek is maar net ‘n mens… Ek raak partykeer vinnig kwaad… Ek sê partykeer goed sonder om te dink… Wat ons eintlik sê is ek wil maar net met dieselfde mate die ou/meisie terugkry as waarmee hulle my gekry het.  Maar dan kom Jesus uit ‘n ander hoek uit en kom vertel vir ons ‘n gelykenis wat ons eintlik nie wou gehoor het nie…

Vertel weer die gelykenis…

As mens die gesprek tussen Jesus en Petrus in ag neem terwyl mens die gelykenis lees, dan kom mens agter dat Jesus vir Petrus probeer verduidelik wat die aard en doel van vergifnis is, naamlik:

  1. Vir mense om mekaar te kan vergewe, kan net verstaan word in die konteks van God se vergifnis van mense. Daarom vergewe die koning in hierdie gelykenis die persoon se onvergeeflike skuld. (Die bedrag wat die man aan die koning skuld is moeilik om te verduidelik. ‘n Dagarbeider het ‘n sekere bedrag geld gekry, dit was ‘n Romeinse muntstuk, ‘n Denarius, of denarii. So na ‘n dag het ‘n werker hierdie muntstuk gekry. Hierdie ou het die koning ‘n bedrag geskuld wat ‘n dagarbeider in 150000 jaar sou verdien. Dit is ontsettend baie geld, amper onmoontlik om te bereken, Amper so moeilik soos om te probeer bereken met watter genade God ons vergewe het.
  2. Om die storie net nog meer boeiend te maak kom mens agter dat hierdie persoon wie se skuld vergewe is nie regtig besef wat gebeur het nie. Nêrens kom mens agter dat hy sy vryheid wil vier, of dat hy bly is dat hy vergewe is nie. Vir hom gaan vergifnis oor somme. Daarom maak hy die absurde belofte dat hy alles sal terug betaal. Hy verstaan nie dat vergifnis niks te make het met wat jy kan terugbetaal nie, maar met die genade dat jy vergewe is.
  3. Omdat hy nie vergifnis ervaar nie, kan hy dit ook nie deel met die mense om hom nie. Dis waarom hy ook nie die genade van vergifnis kon deel met iemand wat hom iets skuld nie. Dis juis die bedoeling van vers 35 om te sê dat vergifnis met ’n hartsverandering te make het…
  4. Met hierdie gelykenis wou Jesus juis vir die beterweter en skandemaker Petrus sê: “Ek vergewe jou nie omdat jy dit verdien nie, of omdat jy dink jy kan terugbetaal wat jy skuld nie, maar omdat ek jou liefhet Petrus.” Vergifnis is nie wat jy alles moet doen om jou skuld betaal te kry nie, maar om die genade van my liefde vir jou te kan ervaar en te aanvaar.”
  • En as jy dan hierdie vergifnis ervaar het, gaan deel dit dan met die mense om jou, elke dag. Die Duitse teoloog Helmut Thielicke het op ‘n keer gesê: …”God se genade (vergifnis) is soos ʼn aflosstokkie waarmee ek in die aflosspan hardloop, ek kan net in die aflosoorwinning deel as ek die stokkie aangee wanneer ek moet. As ek die stokkie vir myself hou… self alleen daarmee verder hardloop… ja, selfs al kom ek daarmee eerste by die wenpaal aan… sal ek gediskwalifiseer word… want die aflosreël sê jy moet die aflosstokkie aangee na die volgende atleet in jou span.”

Ek wil afsluit met ‘n gebeurtenis wat in SA afgespeel het so ruk terug:

Dis ‘n voorbeeld van versoening wat werk

Dit kom uit ‘n boek van Andrew Harvey “The hope, a guide to sacred activism.”

Hy vertel hierin van hierdie ou swart vrou, toe al byna blind, wat voor die Waarheid-en-versoeningskommissie verskyn het saam met die witman ene mnr. van de Broek, wat daar bely het hoe hy haar man en seun voor haar gemartel en vermoor het. Een van die kommissielede vra toe vir haar: “Hoe dink jy sal ons reg kan laat geskied aan jou wat jou familie op hierdie aaklige manier moes verloor het.” Die ou vrou antwoord toe: “Ek wil drie dinge laat sien gebeur:

  1. Die eerste is iemand moet my vat na daar waar hulle my man aan die brand gesteek het. Ek wil sy as loop bymekaarmaak en hom ordentlik begrawe.
  2. Die tweede ding wat ek vra… my man en seun was die enigste familie wat ek gehad het, daarom wil ek mnr. van de Broek as my seun aanneem. Hy moet twee maal ʼn maand vir my by my huis kom kuier sodat ek met hom die liefde kan deel wat daar nog in my oorgebly het.
  3. Die derde ding wat ek wil vra, is dat iemand my nou moet kom help om na mnr. van de Broek toe te kan loop sodat ek my arms om hom kan sit en hom vashou sodat hy kan weet dat ek hom vergewe het.”

Hulle kom help haar toe na mnr. van de Broek toe. Hy, oorweldig oor wat hy gehoor het, val toe net daar flou neer en almal in daai hofsaal staan toe op en begin sing “Amazing Grace.”

Harvey sê toe ek hierdie storie lees, toe besef ek dat in daai hofsaal iets gebeur het wat mnr. van de Broek nie gedink het ooit met hom sou kon gebeur het nie, oor die “stupidste” fout wat hy in sy lewe kon gemaak het nie. ‘n Ou swart vrou gee hom ‘n stuk onvoorwaardelik liefde wat hy nie kon verdien nie en neem hom as haar eie familie aan.

Vergifnis is nie lekker of maklik nie. Dit kom nie vir ons natuurlik om iemand met genade te hanteer nie. Maar vir ons om waarlik die lewe te leef wat God vir ons beplan het, moet ons besef dat dit net ‘n skurk is wat nie kan vergewe nie.

Ek gaan geleentheid gee vir stilgebed…

Dink bietjie na oor jou eie lewe:

  1. Het jy al hierdie vergifnis wat God vir jou gegee het aanvaar?
  2. Is daar nog iemand in jou lewe wat jy nog nie vergewe het vir die onreg wat hulle jou aangedoen het nie?
  3. Is daar miskien iemand wat jou nog nie vergewe het nie, vir die onreg wat jy aan daardie persoon gedoen het?
Continue Reading

Stories vir lewe. Tema 3

Tema 3: Moet nooit tou opgooi nie

Prediker: dr Tinus Benadé

Teks: Lk 18:1-9

Inleidend:

Verhaal net in Lukas opgeteken? Plaas meer klem op gebed in sy evangelie en Handelinge ?

Paulus op 2e sendingreis leer ken as hy in Troas aankom. Tot geloof gekom vergesel na Griekeland en Filippi. By Paulus die erns van gebed, die krag van gebed, die noodsaakvan gebed, die volharding in gebed geleer! Tronkdeure gaan oop, Here se hand in Paulus se storie gesien en die vrug op die arbeid – die deursettingsvermoe…

Maak veel meer van gebed ….[tekste]

1.Verhaal van die groot kontras:

Regter het geen ontsag vir God of mense nie [gehoorsaam nie die wet nie] nogtans sal die vrou se aanhoudende gevra / knaende versoek = sy houding verander! Netnou kry ek blou-oog.

Punt wat Jesus maak is dat Sy volgelinge tot God moet nader en Hy sal tot hulle nader!

Vs1 Jesus het vir hulle ’n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word…

Prayer is not one quick session of listing needs and expecting immediate results. Prayer is continuing to talk to God with persistence. Prayer is based on absolute faith in God, so it never gives up, knowing God will answer when and where he chooses. Prayer also knows that God expects us to keep on praying until the answer comes.

Gebed is die asemhaling van die siel! In kontak wees met God – lewenswyse van gedurig met God praat – hetsy in my gedagtes of op my kniee in my binnekamer.

2.Die een tot wie ek bid – is aan my kant!

Gebed is nie inbelsentrum en ou aan die anderkant wil nie/kan nie help nie! God is aan die anderkant van jou gebed. HG tree namens jou in en tolk jou bedoelings!

Rom 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie

Vraag:(vorige tema) Sal vader wat uitstorm en omhels – jou gebede ignoreer? Sal Hy nie eerder jou kortknip en veel meer gee as wat jy dink of droom nie?

Liedboek: [o God wat ryk is aan ontferming weerhou genade nooit van my..maar hou my steeds in U beskerming by U sal ek vir altyd bly..ek loof en prys U deurentyd….]

Groot kontras: as korrupte regter toegee = hoeveel te meer ….

Vs.7 Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!

(Sag.2:8) So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel.

 

Toepassing:

Hoor so dikwels: “ek bid al so lank hieroor, maar voel of God my ignoreer?”

Jesus sê dit is onmoontlik! Gebed kan nooit teen plafon vasslaan nie!

Voorbeeld van tannie wat 23 jaar vir haar man gebid het om met alkohol te breek…

[..was my ouers wat vir my gebid het…]

Slot:

Vrae:

  • hoe moet ons maak as ons geloof getoets word?
  • Wat van mense wat se geloof geknak is?
  • Wat van die storms in die lewe?
  • Wat van ‘n lewensstryd waarmee jy worstel?

God sal jou hoor! Ons moet ons geloof aan Jesus anker! Dit sluit ons lewe en gebedsvolharding in!

Hulle moet in die geloof volhard. Waar die geloof kwyn, kwyn ook die gebed, en andersom.

Gaan ons opgee op God en geloof? Sal vervolging en teenstand beleef – dikwels ‘n stryd om geloof te behou en daarin te groei = gebed is die antwoord en volharding daarin.

Neh 1:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid……

(Rom 12:12) Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Continue Reading

Tema 1: Stories vir lewe

Prediker: dr Tinus Benadé 31 Julie 2016

Teks: Mt.13:1-9 en 18-23

Inleidend:

Verhaal van kleinseun by oupa se sterfbed: stories gee lewe. Oupa sterf en seun begin lewe…[ontdek geluk/wysheid/vryheid in Jesus!]

Jesus se 32 gelykenisse in die Bybel= nie gewone stories nie

Dieper betekenis gehad

Slegs hulle wat glo die bedoeling en betekenis sal verstaan

[tydlose waarhede en wysheid kom leer = vensters op God se koninkryk]

Groot waarhede verpak in stories uit die daaglikse lewe van die mense wat Hom gevolg het… 90% van wie kleinboere was – graan, vee, vrugte en groente geboer het (in baie droë klimaat)

In die skare was 2 groepe teenwoordig:

*hulle wat Jesus as redder gesien en aangeneem het..

*hulle wat Hom nie as Messias wou erken nie..

Twee reaksies: volhoubaar en nie-volhoubaar

Deel 1: Jesus se bedoeling met die bekendste gelykenis:

Almal bekend met die situasie: saai met sak en saad val op verskillende plekke en die reaksie is uiteenlopend. Jesus sê: 4 tipes grond is hoe mense op Hom reageer. As mooi daarna kyk kom dit weer neer op 2 reaksies / 2 groepe / 2 paaie…

a.Jesus se woorde veroorsaak verdeling tussen die wat hoor:

Jesus se volgelinge (alle tye) ontvang die Woord, verstaan dit, gehoorsaam dit en voer dit uit

Ander hoor ook maar luister nie..

Verharde hart

Oppervlakkigheid

Gevestigde belange en bekommernis daaroor

  1. Die punt wat die gelykenis maak is dat die oogmerk vrugdra is. [doel van alles is dat daar oes en kos sal wees en lewe vir die boer en sy gesin…]

3 tipes grond geen oes nie – tog reaksie! Jesus bedoel dat die skynbare reaksie nog nie ‘n oes waarborg nie m.a.w. die mees entoesiastiese reaksie op die Evangelie waarborg nog nie dissipelskap nie..

Dit is slegs die toets van tyd, volharding in moeilike omstandighede, wegdraai van oppervlakkige geluk en sekuriteit wat rykdom bied

Net as vrugte in my lewe sigbaar raak = dat my belydenis van geloof in Jesus waar word /eg is!

Wat is belangrikste? Belydenis van geloof in Jesus / volharding in geloof….

Deel 2: Belangrike dinge om raak te sien

a.Die een vreemde punt wat Jesus maak is die ongelooflike potensiaal van die saad: 100/60/30 voudig? Koringboere hier sal weet dit is onrealistiese verwagting?

Bedoeling is dat hulle wat die Woord glo se lewe tot groot vrug in die wêreld sou lei… net soos in die geval met 2 ander gelykenisse nl. Mostertsaad en suurdeeg

Jy wat hier sit is die bewys van die waarheid hiervan… 11 dissipels het die woorde van Jesus na die wereld geneem en vandag ken jy ook Sy Naam en saai jy ook! Saam met biljoene. Plofbare krag in die Woord!

b.Die genade wat hiermee gepaardgaan

Geen boer saai met die doel dat die saad op alle tipes grond val nie [soos die volgende gelykenis van die onkruid en die koring ook beklemtoon is die genade van Hom wat saai]

Ook vanoggend kom die woorde na mense – op verskillende plekke (bitter en hard, emosioneel, besig, oop..)

(Mat 5:45) sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

Ons is die saaiers in ons dorp/familie/werksplek/skool/omgewing….moet nie oordeel en mense uitkanseleer nie!

Die Woord kan vandag nog 100 voudige oes lewer as ons gehoorsaam saai….

Toepassing:

Jesus kom met bekendste van Sy verhale en wil iets groter en dieper vir my leer:

Dit gaan nie soseer oor wat die Woord vir my beteken nie, maar die effek op my en wat ek dan vir ander kan beteken! (vergelyk die prente uit die Kinderbybel)

Goeie grond is oop ore wat lei na ‘n oop hart en oop hande!

Goeie grond dui op ware hoorders = diegene wat die Woord diep in hulle lewens laat wortel skiet

Die ware navolgers van Jesus wat Sy woorde hoor en dit lewenslank doen

Slot:

Verhaal van dame wat orrelis was en aan alkohol verslaaf. Woord soveel keer gehoor… hoe pateties? Wat van my? Ek sukkel net so om enige vrug te dra.. hoor ook en val elke keer terug in ou patrone!

2016: jy het vandag weer die saad ontvang – saad met ongelooflike groeikrag

Wat het vanoggend met jou gebeur? [is die blote feit dat ek hier sit aanduiding dat ek goeie grond is?]

Besef net al 4 is hier:

*so kwaad vir die Here is…

*Wow nou gaan alles in my lewe verander..

*sal teen Dinsdag te besig wees met oorlewing om te onthou…

*Ore en oë en harte en hande sal oopgaan en ander met Jesusliefde sal dien!

Continue Reading

17 Julie 2016 Tema: Lig op die onderwerp

 

Skriflesing: Lk.11:34-36

(Luk 11:34)  Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig.

(Luk 11:35)  Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.

(Luk 11:36)  As jou hele liggaam verlig is en nie ‘n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer ‘n lamp jou met sy skynsel verlig.”

Inleidend:

Buurvrou se wasgoed dof en vaal, eintlike probleem was huis se vuil vensters!

1.Agtergrond:

Lk 11:30 ev gebruik Jesus 3 illustrasies om mense se reaksie aan te toon op Sy lewe en boodskap:

2 uit geskiedenis nl. Jona en Salomo, 3e illustrasie kom uit alledaagse lewe: lampie wat op staander geplaas word om meeste lig te kan verskaf.

So was Jesus se bediening in die openbaar vir almal om te sien en te kon hoor.

Vs.34 Mense se reaksie op Jesus was soos die van ‘n oog op die weerkaatsing van lig: as die oog goed/oop/ontvanklik is – sal dit die wonder van Jesus se lewe raaksien en inlaat om hele wese te kom verlig. Maw sal dit snap en sal vreugde in persoon se lewe bring. [net soos die saad wat in die goeie grond geval het, kon ontkiem en ‘n groot oes oplewer]

Hulle wat Jesus se woorde verstaan en ingeneem het, se hele lewe is daardeur verander – daar het kennis, vrede en kalmte gekom.

Soos wat die lig by skoon vensters kan instroom en die hele vertrek kan verlig en verwarm.

Vs.35 waarsku dat foutiewe oog soos vuil vensters kan verhinder dat ek ook die effek van Jesus se liefde in my lewe kan ervaar.

Dinge soos: ongeloof/ongehoorsaamheid/vooroordeel/materialisme, ens kan maak dat ek die weerkaatsing van die lig nie kan sien of inneem nie.

Jesus sê dus: om ontvanklik te wees vir Sy boodskap is soos wanneer ‘n goeie oog voorwerpe kan onderskei wat die lig weerkaats. In donker kan mens niks onderskei nie, sien nie.

Toepassing:

Jesus gebruik nog ‘n keer die beeld van lig en die oog wat daardie lig na binne kan laat: sluit aan by Ps.119:105 en 130

(Psa 119:105)  U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

(Psa 119:130)  Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

Belangrik dat die lig nie net buite moet skyn nie, maar in ons lewens moet invloei om sy goeie werk te kan doen. Die inkom van die Woord in my lewe bring lig!

Die oog en in watter mate jou oog die lig inlaat dui hier op jou openheid vir die Woord van God en die werking daarvan in jou lewe.

2.Effek van die Woord op ons lewens?

(Eph 1:17)  bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.

(Eph 1:18)  Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,

Die vraag oor wat die afgelope jaar se reekse se temas vir my as persoon/ons as groep/ as gemeente beteken het, het hiermee te doen:

*as my oog oop en helder was – sou die waarheid van die Woord na binne gevloei het en my lewe verlig het

*as my oog dof /vensters vuil was v/d sonde in my lewe sou ek niks raakgesien of ingeneem het nie

Verskeie keer lidmate gehoor wat sê : “dis asof daar vir my ‘n nuwe lig in hierdie afgelope jaar opgegaan het. Skielik ‘n nuwe verstaan gekom het.

  • Waarvan? Van God se bedoeling met my lewe en sy verwagting van my as lidmaat van Sy kerk en gemeente [myself beter leer verstaan]
  • Omdat ek myself tot ander in ‘n groep verbind het, het ek ander ook beter leer ken
  • Ek verstaan nou dat ons saam beter is en beter kan uitreik
  • Beter kan dien / aanbid ens.
  • Alles tot Sy eer beter kan doen.

Slot:

Nuwe reeks vir derde kwartaal is: “Stories vir lewe” Ons gaan 6 van Jesus se gelykenisse bestudeer…

Vraag is : “wat gaan die effek wees op my lewe? Gaan die lig na binne stroom en my hele lewe verlig?

Gaan ek in die toekoms probeer om ‘n beter spanspeler te wees?

Gaan ek ander toelaat om naby my te kom?

Gaan ek my Godgegewe passie laat ontwikkel tot ‘n bediening?

[ek kyk nou anders na die lewe… ek kyk met nuwe oë..]

Deur Sy Woord het die HG ons vensters kom was – sodat ons weer met nuwe oë na God / medelidmaat/ self kon kyk.

Continue Reading

Tema 6: Kol 4:1-18 ‘n Gemeente vol gebede

Teks: Kol 4:1-18

Tema: ‘n Gemeente vol gebede

Inleidend:

Kolossense ‘n brief vol gebede: Begin met gebede vir die jong gemeente [..ons bid vir julle..]

Sluit weer met gebede: nou vir mekaar [..volhard in gebed / bid vir ons..]

*probleem sedert Jesus se dissipels al ..” Wat moet ek bid? / Hoor God my? Sal Hy my antwoord?”

1.God verhoor gebed en word verheerlik!

God wil ons seen: niks verheerlik Hom meer as die afhanklike gebed van Sy kinders nie! Hy verhoor ons gebede en gee ons vreugde – sodat Hy eer sal ontvang!

Bybel stel ons voor aan

  • Jesus in gebed
  • Paulus in gebed
  • Openbaring …aanbidding gaan voort [gebede is wierook in bakke]

John Piper: “..prayer is the translation into a thousand different words of a single sentence : “…apart from Me (Jesus) you can do nothing..” [Joh.15:5]…”

Niks verheerlik God meer as ‘n mens wat aan die einde van hom/haarself gekom het en na Hom uitroep om hulp nie….

(Mat 5:3) “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Psalm 141:2 Mag my gebed voor U wees soos ’n wierookoffer,  die uitstrek van my hande  soos ’n graanoffer in die aand.

(Psa 50:15) Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

3 sake:

Bid in jou situasie

God sal jou help

Hy sal die eer ontvang….

Slot:

2 voorbeelde van praktiese gebed:

  • Babadogter gedoop: almal wat van haar geboorte weer sal altyd onthou hoe daar gebid is vir lewe vir hierdie baie siek kindjie
  • Vandag groet ons ‘n broer wat 40 jaar in die myn gewerk het: 27 jaar gelede het hy die Here ontmoet en man van God en bidder geword… rekords in produksie / geen fatale ongeluk in sy afdeling gehad nie / werkers by huis besoek en boosheid uit hul huis gebid / Moslem hoof laat vergaderings met gebed open…
  • Wat sal my by nuwe ervaring van Jesus se teenwoordigheid in my lewe bring? Nie mense / programme nie.. net gebed!
Continue Reading