Tema 4. Kollosense 3 1-17 Jesus verander almal …Dit verander als…

Kinderdiens Ng Kerk Thabazimbi
22 Mei 2016
Prediker: Abraham Groenewald

Nuwe klere!
• ‘n Straatkind sit op die sypaadjie en kyk hoe die karre verbygaan.
o Sy hare en vel en klere is maar net verskillende skakerings bruin.
o Hy is 16
o Hy weet al te veel van die lewe af, maar nog niks van regtig lewe nie.
o Hy weet ook nie van tafel maniere of hande was nie.
o Hy weet nie van ‘n badkamer nie.
o Hy weet nie die f-woord is vloek nie.
o Hy dink dis maar net sinoniem vir baie.
• Toe kom die Koning verby en stop met sy bloedrooi Ferrari voor die kind.
o Die kind sien dit en probeer met sy vuil hande sy vuil gesig skoonvee.
o Dit werk natuurlik nie
o Die koning besluit om die kind aan te neem,
o En laai hom binne in sy rooi Ferrari en ry deur die strate tot binne in die mure van sy paleis.
o Hy laat die kind bad, sny sy hare en trek hom skoon en netjiese klere aan.
o Hy kondig in sy koninkryk af dat hierdie kind van nou af sy prins is.
o En dat niks dit kan verander nie.
• Hulle gaan sit die aand in die koninklike eetsaal
o Die kos is baie en dit lyk lekker.
o Die kind val weg en vreet soos ‘n vark.
o Nadat hy die water uit die glas geslurp het vee hy sy hande aan die tafeldoek af
o En roep uit f- die kos is lekker.
o Hy gebruik die sinoniem.
• Die Koning staan op en kom sit langs die kind en sê:
o Jy is nou deel van my koningshuis.
o Ek het jou verklaar as my prins en niks gaan dit verander nie.
o Wat jy nou moet leer is
o Om oor jouself te dink as ‘n prins…
o Want ek gaan jou nou al hoe meer verander in ‘n ware prins.
o Jou ou lewe is verby, jou nuwe lewe het begin.
• Ek verander als, maar nou gaan als vir jou verander.
• Die kind kyk op in ‘n vasberade koning se liefdevolle oë in en hy knik.
o Hy weet hy het vêr om te gaan om ‘n volwaardige prins te wees…
o Maar op grond van dit wat die koning gedoen het,
o Weet hy dat hy ook klaar ‘n prins is.
o Terwille van hierdie koning en die eer van die koningshuis,
o Wil hy graag word… dit wat hy nou reeds is.

Jesus verander als
• Wat jy oor jou eie sonde dink
• En wat jy oor godsdiens dink…
• En dit behoort las in jou lewe te verander.

Als verander hoe jy oor kou eie oplossings vir sonde dink
• As jy ontdek dat Jesus groot genoeg is om genoeg te wees vir jou sonde (Kol 1:15-23)
Als verander wat jy oor godsdiens dink
• As jy ontdek dat jy nie in ‘n sisteem hoef te werk nie omdat Jeus klaar gewerk het (Kol 2:6-23)
Dit is wat ons tot nou toe uit Kollossense geleer het.

Party mense sal sê: hierdie is goeie nuus, hierdie evangelie,
Dis die perfekte verskoning vir Christene om maar net verder te lewe soos nie-Christene:
Saamslaap, dronkword, vloek…
• Jesus doen mos als…
o Ons sal selfs paasfees vier en paaseiers eet
o Ons sal selfs kersfees vier en geskenke koop
o Maar my lewe regtig verander? Nee…
Maar as jy begryp dat:
o Jesus se werk ‘n verandering aan jou identiteit gemaak het,
o Soos die straatkind…
o Behoort dit ook te verander hoe jy oor jouself dink
o En behoort als in jou lewe stadig maar seker te verander.
Dis waaroor Kollosense se derde hoofstuk gaan.
Hier word verduidelik:
o Hoe egte Christene oor hulleself behoort te dink
o Dat hulle daarom hulle lewens anders behoort te benader,
o Want God se doel is meer as redding.

Lees Kollosense 3:1-11

Hoe Christene oor hulle self behoort te dink:
• As vers 1 sê:
o Dat ‘n Christen moet strewe na die dinge wat daarbo is waar Christus is
• En vers 2
o Dat Christene hulle gedagtes moet rig op die dinge wat daarbo is,
o Is dit dieselfde as om vir daardie nuwe prins in sy kamer te sê:
 Kyk, besef jy nou als het verander… en daar buite is jou juwe pa wat jou lewe in ‘n nuwe rigting gaan stuur.
 Noudat jy hier is,
Moet jy v1- Soek vir en hard werk aan als wat te make het met prins wees,
Moet jy v2- mooi dink en jou strategie uitwerk om hierdie nuwe dinge deel te maak van jou lewe.
• En dit moet gebeur, sê vers 2,
o In plaas daarvan om nou te sit en top oor die lewe wat jy agter gelos het.
o Daardie straatkind moes heeltyd dink oor steel en lieg vir versorging en liefde,
 Maar dis mos nou nie meer nodig nie.
• Want ,sê vers 3,
o Die vorige ‘jy’ is dood in God se oë
o En die nuwe jy is in Jesus veilig weggebêre in God self
 Al kan jy nie noodwendig môreoggend die verskil in jouself sien as jy in die spieel kyk nie,
 Sê vers 4 dat eendag wanneer Jesus weer kom,
Sal die verskil in jou wel gesien kan word.
• As jy ‘n Christen is, is jy klaar aangeneem en veilig toegevou in God.
o Maar dis nie iets om nou te vergeet nie
o Dis iets om jou kop om te probeer keer
 Sodat jy kan begin uitwerk wat dit in jou lewe verander.
Hoe egte Christene hulle persoonlike lewens moet benader
• As jy jou kop daar rondom begin kry, gaan als verander:
• Vers 5 sê dat daardie straatkind al sy ou maniere van probeer oorleef
o Nou aan die keel moet vat
o En een vir een hulle nekke moet omdraai.
 Wurg tot dit ophou skop en uiteindelik dood is.
• Seksuele onsedelikheid moet dood
• Onreinheid-wat vuil maniere is… moet dood
• Wellus – “lust’ in jou kop, op jou screen en in jou grappies moet dood.
• Slegte begeertes- slegte motiewe… moet dood
• Gierigheid vir wat ander het… moet dood

Dis mos tipies die dinge wat God haat en gestraf word in mense wat nie Sy kinders is nie (V6).
Dis juis die lewe waarin jy was en waaruit jy gehaal is (v7)
Om dan daarin aan te hou lewe is mos gladnie OK nie.
Hierdie is ‘n groot siekte van Christenskap vandag. Als is mos maar OK.
Maar wag… daar is nog meer…
o Terwyl ons besig is
o Is daar nog dinge wat eenkant toe gegooi moet word
 Soos ou vuil klere wat jy uitgetrek het (storie van pa wat werk)
• Woede – waarmee jy ander probeer intimideer
• Haat- waardeur jy eintelik net jou diep seer probeer toemaak
• Nydig – gemeenheid waarmee jy ander wil seermaak
• Vulgêre vuil woorde- om jou woordeskat krag te gee
• En leuns – waardeur jy dinge in jou guns probeer swaai.

o Dit klink amper soos:
 Binnelander
 Game of Thrones
 Suits
 Alles in een gerol
En dalk besef jy dis die boublokke van jou eie lewe.
As jy nie ‘n Christen is nie,
o Is dit al wat jy het om te probeer oorleef.
o Want jy het niks of niemand anders wat jou versekering kan gee dat jy die lewe gaan oorleef nie.
Maar as jy ‘n Christen is,
o Aangeneem is deur die Koning van die Heelal,
o Is dit die dinge wat hoort by jou lewe
 En waarvan jy moet bekeer.
o Dis die dinge wat jy moet nekomdraai en soos ou klere weg gegooi…
 Nie sodat jy sy kind kan word nie…
 Maar omdat Hy jou in enorme genade Sy kind gemaak het
 Want Hy het ‘n groter doel wat baie meer werd is as jou redding.
God se doel is meer as jou redding
• God se doel is om elke aanneem kind
o Weer al hoe meer soos Hyself te laat lyk, sy Beeld,
o En dat elke aanneemkind Hom weer ken
 Soos hulle bedoel was om Hom te ken
o Om weer prinse en prinsesse in sy paleis te wees,
o En dit sal een groot getuienis wees van God se goedheid
 Soos dat Hy dooie nikswerd mense lewe gee
 Sonder dat hulle dit verdien
 En hulle weer laat groei in ‘n verhouding met Hom.
• God bereik nie sy doel as Hy jou gerd het nie…
o Die doel word bereik as jy weer al hoe meer God se goedheid en glorie in Thabazimbi bekendstel
o Deur self in die harde pad van hierdie lewe werklik te verander
o Omdat jy werklik verstaan dat jy ‘n nuwe identiteit het.(labels)

Vers 11 verduidelik dan hoe God
o Vir hierdie proses en doelwit
o Enige iemand van enige plek af kan gebruik
 Want dit gaan nie oor wie jy is of waar jy vandaan gekom het nie
 Maar oor Jesus
o Self jou, vandag, soos jy is!
Jesus is groot genoeg en is genoeg en het genoeg gedoen om alles en in almal te wees…
Dit verander als in enige iemand se lewe.
Dis waneer ek my gedagtes daarmee besig hou, volmaak en daarna strewe
o Dat ek binne in my ontdek wat die dinge is waarvan ek moet wegdraai.
o Waar ek moet omkeer en bekeer
o En as ek bly onthou dat Hy my in Sy liefde vashoy en dra
 Dat ek al hoe minder op hierdie dinge staatmaak om my vas te hou en te dra.
Bekering is iets wat binne in jou gebeur en met jou hele lewe gebeur.
Bekering is die binne ratte van Christen wees ( volla)
Ratte wat aanhou draai
Weg van jou ou identiteit en lewe na jou nuwe identiteit en jou nuwe lewe…
Met Jesus wat daar is… in almal.
En binne jou… word God weer sigbaar vir mense.

Deur Sy dood en opstanding neem Jesus kinders soos ons aan.
Hy is groot genoeg om genoeg te wees;
En het genoeg gewerk sodat jy nie hoef te werk nie.
Jesus verander als wat jy dink oor jou eie sonde en wat jy oor godsdiens dink… dit behoort jou hele lewe te verander.
Dink anders oor wie jy is,
Lewe anders…
Want God het gered om jou weer as Sy verteenwoordiger is sy wereld te gebruik.
Vir Christene is Jesus alles en dit verander alles.

Continue Reading

Teks: Kol 2 Tema: Weggelok van al wat saak maak!

Teks: Kol 2
Tema:Weggelok van al wat saak maak!
Inleidend:
Rooikappie het na die wolf geluister en op dwaalspoor geloop. Eva het na die duiwel geluister wat die waarheid effens verdraai het: “.. het God regtig gesê dat julle van geen boom mag eet nie?”
Duiwel het dit met Jesus ook probeer: “..as U die Seun van God is…”
Hierdie strategie van die vyand om die waarheid te probeer verdraai en Jesus se volgelinge op dwaalspoor te plaas het nog nooit verander nie! Noem dit dwaalleer. As net paar grade kan laat afwyk – kom op heeltemal verkeerde plek uit!
Deel 1: Paulus moes oral keer en waarsku:
Kol 1 die lied oor Jesus: 8 x “alles” Jesus is alles, bo alles, het alles met God versoen…
Molly Bruno: “if you have Jesus you have everything…”
Vroom mense (duiwel) het agter Paulus gegkom en in elke gemeente die jong gelowiges probeer weglok van Jesus en God se genade, deur ander dinge te probeer byvoeg en hul daarop te laat fokus: tale, doop, werke, wette, dae, feeste, bonatuurlike belewenisse, ens
(Gal 1:7) Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.
(2Kor 11:3) Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.(4) Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.
(2Kor. 11:13) Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. (14) En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ‘n engel van die lig.
Toepassing:
Vraag: Is ons volgelinge van Jesus of het ons ook op dwaalspoor beland? Weggelok?
Sola Fide, = slegs geloof..
Solus Christus, = Jesus alleen
Sola Gratia, = slegs genade
Sola Scriptura, = slegs deur die Woord
Soli Deo Gloria, = aan God al die eer!
Deel 2: Wie was hierdie mense wat die jong gemeente in Kolosse wou weglok van Jesus?
Jong lidmate het nie agter dik mure in die berge gaan woon en Jesus probeer volg nie – nee, was blootgestel aan klomp invloede (soos vandag ook): ander tempels [bv.Dionosos drankgod], Joods gemeenskap, askete, filosofie, ens. Hieruit het stemme gekom wat by die genade van God in Jesus ook ander idees en praktyke wou voeg. “wonderlik dat julle Jesus aangeneem het, maar as besny word, Sabbat hou, Joodse feeste, sekere kosse nie eet nie, engele aanbid, tale spreek…” [Hd.15 vergadering in Jerusalem hieroor]
Paulus noem dit so:
Kol.2:4 Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.
Kol. 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
2:16 Moenie dat iemand julle mislei nie ..
16 Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie aof dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
2:18 Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, 19en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie.
Toepassing:
Kan dit nie sterk genoeg stel nie: Satan [soos engel van die lig] kom vandag nog na Jesus-mense en probeer hulle weglok van Sy genade. “Soek jy dieper belewenis van God? Wil jy God regtig behaag? Ek het ekstra openbaring ontvang… sal jou ook inlei – “..gee tiendes, spreek in tale, Sabbat, wet weer onderhou, meditasie..”
Wese van alle dwaalleer: Geloof in Jesus se versoening alleen is nie genoeg nie! Jy as mens sal iets moet doen om by te voeg en volkome te maak..
Deel 3: Ek sal nie die genade verwerp nie!
Dit is moeilik om in ‘n godsdienstige wêreld te leef – alle godsdienste bestaan uit stelsels waar die volgelinge van daardie leer/geloof sekere dinge moet doen om hul gode se guns te verdien!
Jesus volgelinge vra ook : “..wat met ek doen om meer van God se Gees te kan beleef? Om God te behaag? Reg te maak vir al my sonde? ..”
Evangelie is: Dit is Volbring! Jou deel is gedoen. Die offer is gebring! Die skuldbewys is weggeneem!
*geen altaar weer nie, geen sisteem meer nie, Was net skaduwee!
*God sê: Jesus het jou deel ook gedoen – dit is die wonder van genade!
*toe jy nie jou deel kon doen nie, niks gehad het om skuld te betaal nie
*Jesus het dit alles vir jou ook gedoen
Kan baie vroom en nederig klink as ek nou kom en iets wil bydrae, byvoeg, probeer goedmaak, opmaak, versoen – maar is eintlik baie arrogant en ondankbaar! In wese is dit ek wat hierdie drang het om myself meer aanvaarbaar vir God te maak!
God het genoeg gedoen!
(Gal 4:9) Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees?
(Gal 2:21) Ek verwerp nie die genade van God nie. As ‘n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
21 I do not nullify the grace of God, for if righteousness were through the law, then Christ died for no purpose.
Toepassing:
• Jesus was die finale offer!
• Alle skuld , skaamte en oordeel was op Hom
• Hy het dit vir goed weggeneem
• “dit is volbring!” beteken dat die ou stelsels en sisteme uitgedien was
• Nooit weer ‘n altar waar ek iets moet kom bring nie..
Slot:
Beetle beeld: God het my gered van die smeltoond – besig om my te herstel tot wat ek bedoel was..
As ek daaraan wil toevoeg kan Vw snaaks lyk – bv. met Benz se grill,ens.
Hartseer as mense die gemeente verlaat vir iets groters of beters: veral as dit afdraaipaadjie is wat toevoegings probeer maak aan God se genade : in wese verwerp hulle die Kruis!
Molly Bruno:” If you have Jesus – you have everything!”

Continue Reading

Kolossense 2b: Die klag en klaer tot niet gemaak

Teks: Kol 2:1-23
Tema: Die klag en klaer tot niet gemaak
Inleidend:
Verhaal van priester wat met vrou wou spot: “vra vir die Here watter sonde het ek oor gebieg?”
Later sou hy haar daaroor vra en die antwoord: “die Heer kon nie onthou nie…”
As dit nie waar was nie – is die verhaal van die kruis en vergifnis ‘n groot leuen! Dit is wat ons vyand graag sou wou dat ons moet glo. Dreig ons en herinner ons altyd aan wie ons was. Dreig ons met die oordeeldag – dat hy sy saak teen ons reg het en ons sal aanklae! DVD met ons verlede speel….doen dit elke dag om ons in ons gewete oor dinge uit die verlede oor aan te kla
Deel 1: Wie Jesus het het alles..
Lied in Kol 1. Oor wie Jesus is = bo alles en almal wat geskep is. Vrede gemaak en versoen
(Kol 1:13) Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.(14) Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
(Kol 1:20) en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
(21) Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
(22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
 LW: Dit is reeds gedoen –ook vir julle wat ver was en vyandiggesind….
 Kol 2: Jesus leef nou in julle! Dit is die groot geheim en die boodskap van die /blye boodskap! Deur julle verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid….
*moenie dat iemand julle mislei nie: besny / dae/ kosse nie…kan nie daarheen teruggaan en weer slawe word van ‘n skuldige gewete nie
(Kol 2:13) Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.
Toepassing:
Paulus se eie verhaal, hoeveel was die verwyt oor die tyd toe hy Jesus beveg het en baie gelowiges uitgesleep en laat dood maak het, soos vir Stefanus…
Meer as enige persoon hierdie woorde verstaan en geglo! Absoluut seker dat vrygespreek is…’n ou Volkswagen beetle wat opgesmelt moes word…word weggeruk voor die kake van die masjien wat platdruk en word splinternuut herbou, ingebring in die vloot van ‘n nuwe eienaar – wat sy beetles koester en uitstal en gebruik!
Satan sal steeds vir jou ook skuldig wil laat voel! Seer dinge uit die verlede oproep om jou te laat twyfel. Veral twyfel of die boete wat betaal is genoeg was…en jy sal probeer om dit aan te vul met dinge wat jy kan doen soos weer wette te onderhou/ sekere kosse nie te eet nie/ sekere dae te onderhou, ens.
Nie nodig nie…
Deel 2: Jesus het klaar gemaak met die aanklag en die aanklaer ook ontmasker!
Verhale van gemaskerde wreedaards wat lewens bedreig. [cowboy stories, terroriste vandag, selfmoordbomdraers…] sherrif wat vang, ontmasker en in die openbaar vertoon – hier is die skuldige, so lyk die lafaard!
Boelie as die meneer hom aan die kraag beetkry!
(gaan lees weer die verhaal van Jesus en Satan se reaksie elke keer as gekonfronteer staan met die Seun van God! Presies geweet met wie hy te doene het en soos boelie gepleit.
Paulus se woorde is baie sterk:
i. Die aanklag bestaan nie meer nie [geen leêr / DVD] (Col 2:14) Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
ii. Dit is volbring? Sy sending was geslaagd, verlossing is gebring, vrede is herstel, versoening is gedoen [engel se woorde aan Maria: Jesus noem..want dit is Hy wat van sonde sal verlos]
iii. Hoor u hoe belangrik? Geen twyfel mag ooit bestaan oor die genoegsaamheid hiervan nie
iv. Mag my nooit weer laat afdreig nie! [as Satan jou aan jou verlede herinner – herinner hom aan sy toekoms – waar hy nou is en waarheen dit alles oppad is!]
v. Leêr is leeg! Geen veroordeling vir hullewat in Christus is nie!
(Col 2:15) Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
Pragtige beeld uit die Romeise wereld: Veggeneraal en sy manne keer terug van slagveld! Kamp buite Rome, wierrook gebrand..groot optog, skares, vyand vertoon en vir die leeus gevoer! [konings van Israel en Juda in Oo tyd weggevoer na Babel en Nineve, naak en blind]
(2 Kor 2:14) Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.(15) Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.(16) Vir dié wat verlore gaan, is dit ‘n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ‘n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat?
 Paulus: dit is wat aan die kruis gebeur het! Eenmaal en vir altyd die effek van die sondeval en die mag van sonde gebreek
 Ons is nie maar slagoffers van ons verlede nie, slawe van vrees vir ‘n vyand wat ons afdreig nie!
 Vrees is die wapen teen ons / laat altyd twyfel oor ons sekerheid, vergifnis en toekoms [soos terreur graag wil doen]
Slot:
Vrygespreek – moet uit daardie vryheid leef! Kan nie teruggaan en self probeer goed maak nie.Genade ontvang – omarm dit!
Dit is waar…Alles in die skepping was aangetas deur die sondeval, vernietigende gevolge
= maar nou alles onder die genade gekom…net Jesus /net genade/ net geloof [Lig skyn warm]
Jy is weggeruk, vrygemaak –jy is nou ‘n kind van God en nie langer ‘n slaaf van sonde en vrees nie!
Niks en niemand kan jou skei van die liefde van God nie!
Jesus roep jou omHom vreesloos te volg

U het my gered sodat ek kan staan en sing!

Continue Reading

Kolossense reeks: Tema 2 : Jesus groot bo almal

Teks: Kol.1:9-23

Inleidend:
Hoe kry ons dit reg om die belangrikste goed in ons lewe – belangrikste te hou?
[Suster in neo-natal ICU: ouers wil heeltyd weet is daar vordering? Groei ons baba?]
Epafras oor sy gemeente in Kolosse ook so gevoel:
* Sal groei in geloof, wysheid en kennis sal toeneem, lewe tot eer van God en vrugte sal dra en sal volhard (9-11)
Boodskap van die brief: Jesus is die Een wat alles bymekaarhou
Wat ons verander en nuutmaak
Deel 1: Niks moet ons weglok van Jesus nie!
 In die tronk nuus gekry dat jong christene met vreemde leringe weggelok word van Jesus en die eenvoudige waarheid oor Hom.
 Ander goed word net so belangrik gemaak as om Hom te aanbid…
 Molly Bruno ons geleer het: “if you have Jesus you have everything!”
 “..deur die Seun het ons die verlossing verkry..” vs 14 Bars lied oor sy lippe… 15-20 mooiste lied oor Jesus! ‘n Gesang van die vroee kerk= wys iets van wat hulle oor Jesus geglo het [mooiste beskrywing in ons Bybel oor die Seun van God]:
 As verlosser
 Maar nou ook as die Skepper van die heelal
 Alles 8x
 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.. (15)
 Heb 1:3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.
 Joh 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak

 Die onsigbare God word in Jesus sigbaar….
 Beide die aardse beeld en die die hemelse beeld..
 Waar Jesus was – was God sigbaar teenwoordig
..hierdie bekende lied verkondig…
*2 duidelike temas : skepping en redding
*Eerste keer : die opperheerskappy van Jesus ook oor die skepping
*soos wat elke area van die skepping deur die sondeval aangetas is – moet elke faset ook onder die genade kom!
*Alhoewel sonde geheers het vir baie lank – sal sonde nie meer totaal heers oor aspek van die skepping nie!
Toepassing:
Glo ek dit ook van Jesus. [30 jr na Jesus se kruis geglo en gesing het?]
Prof wat beweer dat almal wat vandag nog so glo in Jesus is “breindood”?
Glo ek dit? Leef ek dit? “..if I have Jesus I have everything!..” Vir my is Hy alles? Is my lewe ook een wat vertel van ‘n nuutmaker?
Elke mens wat lewe en ooit geleef het moet self keuse oor Jesus van Nasaret maak:
• Was Hy bloot profeet gewees…
• Is Hy God : Verlosser en Skepper?
Deel 2: Weggeruk en oorgeplaas:
(Col 1:21) Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
(22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
(Col 1:13) Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.
Wat bedoel Paulus met “..ook julle..was ver van God..en vyandiggesind..”? [soos hy was!]
Soos Jesus hom voorgekeer het en weggeruk het “transferred..” – hulle ook en vandag ek en jy ook. Hierin lê die kragtigste bewys dat Jesus God is en lewe!
 Verhaal van barbare in woude van Ecuador en moord op sendelinge in 1956
 Verhaal van vrou wat wreed aangerand is in Thabazimbi deur haar man
Onthou: ons voorouers het ook die eerste sendelinge na die Germaanse stamme so vermoor!

Toepassing:
Jesus ruk vandag nog mense wat vyandig is…. weg en plaas hul oor na Sy ryk in die lig! Begin om hulle lewens te restoureer! (22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
Vraag: Is Jesus alles? Glo ek dat Hy alles bymekaarhou?
*Kan Hy ook hierdie man se hart verander wat sy vrou so wreed aangerand het?
*Wie sal gaan? Wie sal bid vir hulle? Geroesde Beetles oorgemaak kan word?
Slot:
Jesus is groot bo almal: die Een wat alles bymekaarhou
Wat ons verander en nuutmaak
Ons kan nie teruggaan na ons lewe van donker en vyandigheid nie… ons moet lewe soos mense wat oorgeplaas is in die Ryk van Jesus = in die lig!
Volgelinge van Jesus is nie breindood nie = het werklik begin lewe [prof nog vyandig en in die donker – kom ons bid ook vir hom]

Continue Reading

2016/04/17 Kolossense reeks Tema 1: ‘n Brief vol gebede

17/04/16
Kolossense reeks
Skriflesing: Kol 1:1-14 en 4:2-4+12
Tema 1: ‘n Brief vol gebede
Inleidend:
Wat laat verhoudings werk/ groei? Hoe kan mense mekaar beter ken en verstaan? Aanhou liefhê? = Kommunikasie [anders word julle vreemdelinge]
• God skep mens as die enigste in die Skepping wat Hom kan ken en in verhouding kan staan, beter kan leer ken!
• God praat met ons op verskeie maniere maar veral uit Sy Woord
• Ons praat met Hom in gebed
• Hoe gaan dit met jou verhouding met God? Waar kyk? = Gebedslewe!
• Weet God wat in jou kop en hart leef? Warm /koud/ lou?
• Nie een van die goed wat ek ook moet doen nie – die heel belangrikste
• Krag en groei kom hier! Vyand weet dit – sal alles doen om jou te besig te maak om te kan bid
Deel 1: Gevangenisbriewe 60-62nC
Paulus se bekering, reise bring hom na Efese, 2jr en hele gebied in Turkye hoor die evangelie. Mense het gegaan en vertel – bekerings en gemeentes gevorm. (Open 2)
Hd 19: 9 Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou.
10 Dit het twee jaar lank so aangehou, sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het.
Lyk sos vallei hoor ook en 3 gemeentes word gevorm. Kolosse ook. [Hierapolis en Laodicea]
61 nC is Paulus in die tronk in Rome. Saam met hom verskeie ander Christene uit Turkye en Griekeland. Werk hou nie op nie! Nou grootliks gebed.
Onesimus die slaaf is ook daar, hy kom tot geloof en wil terug. Epafras vertel van die 3 gemeentes en al die pragtige groei! Die uitstaande kenmerk is die liefde van Jesus wat hande en voete kry.
Besluit om 3 briewe te skryf om hulle te laat weet dat daar ernstig vir hulle gebid word! Bekommerd dat jong Christene weggelok sal word van Jesus – brief om te bemoedig en te beskerm = Belangrike tema: “Wie Jesus het het alles!” Hy is absoluut uniek en Hy maak mense nuut (Volla)
Brief is suiwer goud/ “konsentraat” = bedoel om jong Christene in te lei in die groot geheime van God en nie deur die vyand te laat weglok van Jesus se algenoegsaamheid nie.
Tigikus en Onesimus sou die briewe saam na gemeentes neem

Deel 2: Deurweek in gebed:
Opvallend is die klem op gebed. Paulus (soos Jesus) ken die krag daarvan om in God se teenwoordigheid te mag wees. Praat van bid sonder ophou. “..vs.3 bring ons voor God ons Vader in herinnering…”
Ook die geval aan die einde van die brief: “4:2 …vohard in die gebed, bid ook vir ons … en dat die evangelie verder mag gaan…”4:12.. Epafras bid ernstig vir julle.. dat julle staande mag bly..”
Hoe belangrik hierdie brief en kosbaar vir hulle! Gelees en gebere – ons het dit steeds vandag!
Geen Bybel gehad nie! Hierdie lering en Paulus en Epafras se gebede het staande laat bly en Woord kon verder versprei.
Toepassing:
Merkwaardig dat oral in die wereld vandag waar manne /vroue steeds dieWoord uitdra en gebed is die belangrikste deel van hul werk. Elke sendeling by wie ons gemeente betrokke is, is ‘n bidder! Kan nie leef of werk sonder gebed nie [sekuriteite ontbreek..] vb Johan Bloemhof se bussie in Frankryk.
Wonderlik om naby sendelinge te mag leef, niks gebeur sonder gebed nie. HG werk daar waar gebid word. Staan in voorste linie teen vyand wat alles doen om gebed te keer.
(Eph 6:10) Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.(Eph 6:11) Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.(Eph 6:12) Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug…….
(Eph 6:18) Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.(Eph 6:19) Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.(Eph 6:20) Ter wille van hierdie evangelie is ek ‘n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.
Dit moet ook waar wees van elke gelowige! Niks sal ook in my lewe gebeur voordat ek nie medestryder in die geloof geword het nie = waar word die geveg gewen/ verloor? Op my kniee voor God.
Deel 3: Eie belewenis:
Kursus bygewoon in Moreletapark vir leraars. Wonderlike bemoediging.
Belangrikste les geleer was die belang van gebed: daar was bidders vir alles, ook ‘n bidder wat my vooraf gekontak het en gebid het vir my! Tydens die kursus mense wat daar is en bid! Elke aand het bidders gekom en saam met elkeen gebid .
Besef gemeente kan nie groei, Heilige Gees sal nie werk, bekerings sal nie plaas vind as gemeente nie bid nie. Besluit geneem om terug te kom en in my eie lewe baie meer te fokus op gebed. Alles in gemeente anders te begin doen en baie meer te bid!
Evalueer: Lewende gemeente, groei, liefde, gawes, maar is ons ‘n biddende gemeente? Nee! Gebedskamer nou pakstoor geword. Lys op tafel wat bidders gevra het, net paar name op – het nie kultuur van gebed nie. Eredienste, groepe, vergaderings alles moet verander en baie meer klem op gebed.
Slot:
Opgewonde om te sien dat Heilige Gees tans die hele kerk in die wêreld oproep tot erns oor gebed. Vb. Warroom film
Gaan anders begin doen: Baie meer klem lê op gebed. Opleiding gee, geleenthede skep. Gaan vandag begin: na elke erediens sal daar iemand wees om saam met jou te bid in die moederskamer. Gebedskild oprig van bidders wat vir leraars en gemeente bid.
Vraag: Kommunikeer jy maar net omdat jy moet in jou huwelik? Nee, jy wil vertel en jy wil hoor!
Gebed is nie swaar werk, doen maar net om dat verwag word nie = grootste drang en vreugde! Hart van my verhouding met God!

Continue Reading

20/03/2016 Dooppreek Woorde wat elke kind behoort te hoor. dr Tinus Benadé

Preek doop
Teks: Mt.3:13-17
Tema: Woorde wat elke kind behoort te hoor

Inleidend:
Dink aan rugbyveld. Lynstaan naby doellyn. Kaptein skreeu bevel – baie ander stemme: skare/afrigters/reserwes/ens.
In die oomblik net een stem wat saak maak: Kaptein wat skreeu waar die bal gegooi gaan word.
*Duisende woorde kom na kinders elke dag van hul lewe: woorde wat seermaak, media TV Radio, internet, onderwysers, afrigters, ens.
*Van al hierdie woorde is jou woorde as ouer die belangrikste, jy het die spesiale posisie!

Wil vanoggend fokus op sekere belangrike woorde/boodskappe wat kinders by jou moet hoor wat hulle baie sal help om eendag die mens te kan wees wat God bedoel het..

(Mt.3:17 ) as Jesus gedoop word was daar dalk baie mense teenwoordig wat elk eie woord gehad het om te sê, maar as daar stem uit die hemel kom van Sy Vader, dan is dit woorde wat geweldig baie beteken het vir Jesus, al was hy 30 jaar oud. Geweldige bevestiging en aanmoediging.

4 boodskappe /woorde om kinders te help om die mense te wees wat God hul bedoel het….

1.Ek glo in jou…
Wilma Rudolph se verhaal. Drs en almal as kind vir haar gesê dat sy nie sou kon loop nie, maar haar mamma het heeltyd vir haar gesê dat sy sal loop en sy het haar moeder geglo. Tsv polio het sy eerste vrou geword wat in 1960 3 goue medaljes by olimpiese spele gewen het
*As kind weet dat sy/haar ouer in hul glo, ontwikkel selfvertroue [kind wil weet wat dink my pa/ma van my]
*Vraag: Het ek dit wat nodig is om dit te maak as ‘n man of vrou in die lewe? As ouers nie antwoord nie sal bly soek na antwoorde soms by verkeerde mense.
* Selfs persone wat ouer is het ouers se woorde van vertroue nodig [man wat besigheid verlaat het om bediening toe te gaan]

2.Ek is jammer vergewe my!
Mamma laat om dogter te haal. Geen reaksie tot sy sê: “ek is jammer, sal jy my asb vergewe?”
[hier is my ouer en sy vra my vergifnis?!]
i.Al manier waarop kinders leer is deur na te aap/doen. Sal nie die vermoë ontwikkel om foute te erken, bely en vergifnis te vra as nie by ouers sien nie. Mt 7 “..doen aan ander…/vergewe ander soos jy vergewe wil word..”
ii.Berou oor foute en regmaak met persoon, net as gedemonstreer het! Ons maak ook foute – moenie verskonings aanbied nie of maak asof dit jou reg was om so op te tree nie.
Wenke:
*Betyds
*Kort (byvoegings sal weer ontaard in verskonings)
Sal jou kind geweldig help om eendag eerlik voor God met hul eie sonde en teleurstellings te staan en weet hoe om berou te hê en vergifnis te vra.

3.Nee!
“..hoekom het pa/ma nie net nee gesê nie..?”
Ouer het beter uitkykpunt is groter
*meer wysheid
*ervaring
*beter perspektief = om kinders te help om keuses te maak. Mag nie vaag wees nie maar duidelik!

Om nee te sê kan kinders geweldig baie help:
*betekenis is duidelik
*boodskap is waardevol
*kinders het nodig om dit te hoor =dit sal kind help om in situasies “nee” te kan sê vir versoekings/vriende/dwelms ens.
Onthou:
• Sal grense altyd toets [benodig iemand wat genoeg omgee om grense te trek]
• Neem aksie en wees beslis [navorsing bewys ouers sê 9x voor optree]
• Moenie reaksie vrees nie/ dat kind nie van jou sal hou nie [kategese/ oupas en oumas]
• Wees konsekwent [verras as in publiek nie luister nie as nooit by huis opgetree word nie]
Sê net nee omdat jy jou kind liefhet en wil beveilig. Leer hom/haar gehoorsaamheid en sal dit eendag regkry om God se Woord ook gehoorsaam te wees. “geen appels reël verbreek, vandag nog die gevolge daarvan]

4.Ek is lief vir jou..
Tye het verander, sluit elke telefoon gesprek af met “lief vir jou..”
Hoekom sê ouers dit? Want hulle wil dit terughoor!
*Baie belangrik dat kinders dit moet hoor, maar die antwoord wat ek moet terugkry is nie ek is lief vir pappa/mamma ook nie… maar eerder “ek glo dit pappa!”
*(hoor mooi! Jy is die ouer – dit is nie jou kind se verantwoordelikheid om jou geliefd te laat voel nie!)
Uitdaging as weer vir jou kind sê, kyk na sy/haar reaksie! As hulle jou nie in die oë kyk nie, glo hulle jou nie regtig nie
As jy dit sê en die ogies helder op dan glo hulle jou!
• My kind moet gereeld hoor dat ek hom/haar liefhet,”… maak nie saak wat jy doen nie/ maak nie saak waar jy gaan nie, ek sal altyd lief wees vir jou..”

Continue Reading

Jesus sê Wat?!! Tema 8. Prediker dr Tinus Benadé

Tema 8: Moenie oordeel nie
Teks: Mt.7:1-5
Joh.8:1-11
Inleidend:
Fransiscus van Asissi: Vader Angelo aangestel oor ‘n klooster. 3 rowers daag daar op soek na kos. Angelo berispe hulle en jaag hulle weg. Fransiscus daag op met sakkie brood en wyn wat iemand aan hom geskenk het – hoor storie en is ontsteld. Sondaars kom nie tot bekering met harde woorde nie – eerder as deernis beleef! Stuur Angelo om hulle te soek en kos vir hulle te gee. 3 rowers kom terug, neem Jesus aan en word deel van die klooster vir die res van hul lewe!
Huise van glas: sondaar kan net met liefde reageer op foute en sonde van ander! [..ons almal woon in huise van glas..]
Jesus se bergpreek wys die pad aan vir Sy volgelinge in ‘n nuwe bedeling…
Kerk van Jesus se dag het die plot verloor: Wet geken , maar die liefde verloor – hart van God en Sy bedoelings gemis! Hard en liefdeloos, krities en veroordelend geword – Jesus ook so behandel!
Deel 1: Jesus leer ons om nie te oordeel nie!
Mt 7 waarsku Jesus (soos met vergifnis) dat Sy kinders nooit op liefdelose manier na die sonde en foute van ander mag kyk nie. (moet die splinter raaksien en uithaal – maar nie met blindheid vir eie foute nie) dan sou dit waardeloos wees – God sal ons dan op dieselfde wyse behandel!
Mense wat God se vergifnis ken – vergewe maklik
Mense wat vrygespreek is – spreek maklik vry
Baie moeilike woorde! Tipies van mens om foute van ander op ander manier te wil beoordeel as my eie. Minder genade te betoon as wat ek ontvang het!
Baie mense wat vir hierdie rede die kerk verlaat en niks te doen wil hê nie- seergekry omdat christene maklik veroordelend kan wees en sonde en foute kan uitwys en wegstoot en kritiseer.
Deel 2: Jesus wys ons hoe om nie te oordeel nie…
Joh 8 baie mooi demonstrasie van wat Jesus bedoel het met hierdie woorde…
Vrou gebring – met doel om Jesus vas te trek.
Kyk hoe korrup: Waar is die man? Wet is duidelik? Tog nie meer so toegepas nie?
Jesus se probleem: as haar laat stenig –sal Hy streep trek deur Sy eie woorde (Mt.7)
As laat gaan –trek streep deur die wet
Jesus moet ‘n keuse maak tussen die waarheid (wet) en die liefde (genade)
Antwoord: Reg so: “ maar laat die een sonder sonde die eerste klip gooi! (..sy het splinter in haar oog….laat die een met ‘n helder oog)”
Gevolg: loop een een weg! Niemand het skoon gewete nie – daarom mag nie oordeel nie!
Jesus kyk op en vra vir die vrou of een klip gegooi het?
(Joh 8:10) Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
(11) “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
Jesus wys hoe genade werk: Liefde betoon /deernis en vergifnis
Waarheid ook vasgehou… gaan en sondig nie meer nie!
Deel 3: Paulus help ons hiermee
*(Rom 2:1) Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ‘n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ‘n ander ‘n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge.
(2) Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel.
(3) Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?= [Sleutel]
(4) God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie
*(Gal 6:1) Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.
2 dinge: sonde en foute van ander sien: genade betoon = gees van sagmoedigheid reghelp =liefde en waarheid
Sleutel: pasop kan self ook maklik val!
Slot:
Fout wat ons verlostes (soos vader Angelo) maak: kerk kan maklik vinger wys / neersien / beter ag
Probleem: sukkel om te onderskei tussen die sondaar en die sonde = gevolg : stoot mense weg!
Ons sukkel om albei vas te hou! Voorbeeld van “Selfde geslag huwelike “kwessie:
Hoe hou ons albei vas? Waarheid beklemtoon sonder liefde = veroordelend
Liefde beklemtoon sonder die waarheid = alles is aanvaarbaar!
Jesus gee sleutel tot gemeente wees…. persone aantrek na die genade en deernis wat betoon word!
Pas nie by vrygespreektes om te oordeel nie!
As ek die genade eenkeer geproe het – kan nooit weer genadeloos optree nie!

Continue Reading

Jesus sê Wat?!! Afsluiting. Prediker: dr Tinus Benadé

Skriflesing: Mat.7:13+14
Is ons kerk wat mense na ons aantrek? Stoot ons manier van doen mense weg?
Wat het Jesus geleer? Wat het Hy gedemonstreer? Hoe het gelowiges voor my dit reggekry om Hom te volg?
[dikwels soos pa wat kinders se onskuld vat en hulle leer dat geloof hoort nie orals nie! Hoekom dan glo? Dak is daar hemel en hel /polis uitneem (soos ongeskiktheid/rampe/ongelukke)]
Die wêreld sê: Wees uitdagend, wees sterk, vol selfvertroue.
Jesus sê: Leef afhanklik-nederig voor God. [ontdek afhanklikheid]
Die wêreld sê: Moenie jouself enigsins verbind nie. Leef vry!
Jesus sê: Leef absoluut toegewy aan My en my saak.
Die wêreld sê: Beproef alle sondes. Moet net nie uitgevang word nie.
Jesus sê: Breek radikaal met die sonde in jou lewe.
Die wêreld sê: Jy is nommer een. Leef net vir jouself en jou eie belange.
Jesus sê: Kruisig jou selfsug. Kom volg My.
Die wêreld sê: Volg die weg van die minste weerstand.
Jesus sê: Jy gaan swaarkry as jy My wil volg!
Die wêreld sê: Haat elkeen wat jou teenstaan.
Jesus sê: Wees lief vir elkeen – ook hulle van wie jy nie hou nie!
Die wêreld sê: Wees bitter teenoor mense wat die lewe vir jou bitter maak.
Jesus sê: Wees genadig teenoor mense wat jou seergemaak het.
Die wêreld sê: Wees skerp en reguit oor ander se foute. Skinder daaroor.
Jesus sê: Moenie ander veroordeel nie!

Die wêreld sê: Loop die lekker paadjie; daar’s nie regtig ’n hemel nie.
Jesus sê: Die paadjie hemel toe is baie nou en die wat ingaan is min.
Hoekom groei ek nie?
Probeer met ander reels werk in die geestelike werklikheid. Sukses behaal met dit wat ek in wereld sukses behaal het.
Gevolg: Net soveel godsdiens in my lewe dat ek altyd misrabel en skuldig voel!
Kan Jesus nie volg op my terme nie! Moet Sy hart verstaan en toelaat dat Hy deur die Gees my hart kom verander.
Moet eers die bodem tref om die rots te ontdek en daarop te bou!
40 dae het iets belangriks vir ons geleer:
 Goed met kwaad te beantwoord is boos
 Goed met goed te beatwoord is menslik
 Kwaad met goed te beantwoord is goddelik! (soos kinders van ons Vader)
Slot:
Here wys vir my U hart en U wil – maak my daarvan deel!
Erns maak met my sondige natuur en vyand se ongenaakbaarheid
Slotjie: waaraan was ek tot dusver verbind? Ek het keuse:
 “Kan besluit neem en losmaak daarvan!” [Fil 3. Maak my los van wat agter is en span my in…]
 Voortgaan soos altyd en gefrustreerde volgeling bly wat pad bly byster raak

Continue Reading

Jesus sê wat?!! Tema 6 Prediker dr Tinus Benadé

Tema 6: Die sleutel tot die liefde vir die vyand..
Skriflesing: Mt 5:42-48, 7:24-29 en 8:1-13
Inleidend:
Hierdie boodskap vir slagoffers van geweld nie hoor nie! Daar is maar net mense wat ek nooit sal kan liefhe nie.
Agtergrond:
Bergrede was Jesus se bekendmaak van ‘n nuwe wereld = koninkryk van God
Jesus se mense sou anders lewe, lyk, klink….
Praat ook oor verhouding met vyande: julle moet anders wees! Tollenaars en sondaar het ook die lief wat goed doen aan hulle !
Jesus sluit die bergrede af met (7:24-29) huis bou beeld.
 Woorde hoor en doen! Nie bloot hoor, kop knik, aan maat stamp – maar doen = wyse
 Mense verstom oor Hom! Messias? Opwindende bergtopervaring gehad!
 Stap vol opwinding terug na Kapernaum – ontmoet melaatse man
 “as U wil kan U…” Ek wil ..
 Mense beindruk = Jesus doen wat gepreek het – Hy gee genoeg om, gee aandag aan swak en siek man = ongelooflik
Deel 1: Konfrontasie met die vyand…
As by Kapernaum kom – Romeinse offisier
• Verpersoonlik die vyand van almal in die skare! Die mense wat onderdruk, lyding en swaarkry veroorsaak..
• Hy het offisier geword omdat hy bevele uitvoer en wreed genoeg is..
• 60vC Pompei ry met sy perd op die tempeltereein in – slag die priesters, gaan die tempel en die allerheiligste binne. Jodeverloor hul onafhanklikheid – swaarkry begin
• Herodus die Grote word oor hulle aangestel – 2 vrouens en 3 seuns doodgemaak – Slagting in Bethlehem , ens
• Pontius Pilatus word goeweneur – kruisigings begin, mense word vermoor, rabbis gejag ens
• Almal in die skare haat die romeine met ‘n passie!
Ironie: Offisier vra van Jesus ‘n guns! Almal kom tot stilstand!
 Slaaf? Eie gemak op die spel? Persoon wat vryheid verloor het, gekoop is, weggeruk is?
 Ly en Verduur baie pyn ? Regtig? Jy is die persoon wat ons laat ly en pyn verduur!
Kern van Jesus boodskap:
Jesus het gekom om die wereld bekend te stel aan ‘n hele nuwe manier van dink en lewe!
Lewenswyse en gedragskode wat lynreg teenoor alles stann wat mense geglo en in die gesig van alle redelikheid
 Hy het sopas die grootste preek ooit gepreek: almal het gehoor wat Hy gese het or optrede teenoor vyande: “.. as goeddoen aan die wat aan julle goed doen, wat is julle beter? As romein behandel soos hulle julle behandel… wat is julle beter? Selfs sondaars doen dit so.
 Jesus roep tot iets heeltemal nuuts : Vyande liefhe! Dan word jy ‘n kind van die Vader
 Jesus hoe word ek ‘n kind van God / staan ek in regte verhouding met God? = vyande liefhe!
 “wees lief vir jou vyande en doen goed aan die wat jou seergemaak het…”
Emosie glad nie bedink nie!
Jesus het sopas hierdie dinge geleer en hier staan die offisier voor Hom. Hy maak aanspraak op Jesus se hulp! Wat doen Jesus? Hy weet alles wat Hy gese hetis nou op die spel –
 As Hy help gaan volgelinge verloor
 As Hy nie help nie dan is Hy vals en oneerlik teenoor dit wat Hy hulle geleer het?
Wat doen Jesus? “Roep ‘n medic! Vra ‘n vriend! Kontak Ceasar? (volste reg gehad om weg te draai)
Jesus besef hier gaan dit nou oor die hart van Sy bediening en waarvoor Hy gekom het!
Rede vir Sy koms was niks ander as hiervoor nie! Hy moet nou doen wat Hy van Sy volgelinge verwag? Dit is die toets of werklik van God kom! Sal Hy offisier behandel soos ons verwag ..of nie?
Jesus maak die slaaf gesond! Selfs verstom oor die vyand se vertroue en geloof in Hom…
Toepassing:
Ek en jy bied weerstand. Ons die die een wat benadeel is? Sal my pyn gebruik om ander party terug te laat pyn ervaar! Sien myself nooit as die aggressor nie!
Ek sou anders opgetree het! Jesus verstaan dit… maar dan is jy nog baie ver daarvan om kind van God te wees!
Iewers eers ontdek dat die offissier eintlik ek is wat guns van God vra, wat soveel pyn veroorsaak en ander seermaak = dat ek iets sal doen wat ek hoop die Vader in die hemel vir my sal doen…
Slot:
Jesus het juis hiervoor gekom! Wat Sy lewe kom demonstreer het! Hy gee Sy lewe (nie gevat by Hom nie) kies om dit te gee twv persone wat dit nooit sal verdien nie!
Romeinse goeweneur se : “kruisig Hom!”
Romeinse offisier kyk dat Hy gekruisig word – en Jesus sterf vrywillig vir hierdie offisier, die een by die kruis…
In daardie oomblik as Hy dit doen = neem Hy al my verskonings weg waarom ek dit nie sou kon regkry om my vyande lief te he nie…
Ek sal alteen teenstribbel, wil nie vyande, mense wat seermaak, misbruik, verneder liefhe nie!!
Sal altyd voel: “jy is die laaste persoon wat dit van my kan verwag! Jy verdien dit nie….
Totdat: ek die offisier in die spieel sien..en weet dit is eintlik ek wat voor Jesus staan en guns vra. God wat my niks skuld nie behalwe die straf op my sonde.
Jesus het die wereld vir altyd kom vernder en dit gaan voort. Elke plek en situasie waar Sy volgelinge dit regkry om anders te reageer as die gewone menslike optrede. Daar word die kruis weer weerspieel, as doen(nie bloot weet) sal beloning groot wees en kind word van die Hemelse Vader!
Prakties maak: Andre en Hannien se versoek? Wat doen jy?
(Rom 12:17) Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.
(Rom 12:18) As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
(Rom 12:19) Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.
(Rom 12:20) “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”
(Rom 12:21) Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
(1Pe 2:21) Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.
(1Pe 2:22) “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie.”
(1Pe 2:23) Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.
(1Pe 2:24) Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Continue Reading

Jesus sê wat?!! Prediker dr Tinus Benadé

Week 4: Die sleutel tot selfverloëning
As iemand agter My aan wil kom moet hy homself verloën,
sy kruis opneem en My volg.
Die wêreld sê: Jy is nommer een. Leef net vir jouself en jou eie belange.
Jesus sê: Kruisig jou selfsug. Kom volg My.
Skriflesing: Matteus 16:13-28. (Lees ook Lukas 9:23 – “elke dag”)
Onderwerp: KRUISIG JOUSELF
Inleidend:
Laas week gehoor dat ek radikaal met sondemoet werk. Hoe radikaal?
Jesus antwoord: Wortel en tak uitroei = kruis opneem/ selfverloen [Siembamba]
Rembrandt se skildery van Abraham en Isak se offer – ek word gevra om soos Isak te wees.
1.Wat is kruis opneem?
Jesus het Sy lyding aangekondig (vs.21) As julle verder agter my aan wil kom – moet jy jouself verloen en kruis opneem?
Weer ‘n prentjiespreek – almal het gesien hoe terdood veroordeeldes kruis moes dra na plek van teregstelling. Vrees in die oë / gespot van die skare/ geweet die dood wag net hiervoor en dit gaan baie wreed wees….
Ons het nog nooit so iets gesien nie… enige publieke teregstelling nie (galg of elektriese stoel nie)
*ons praat soms van elke huis het sy kruis, bedoelende pa wat drink, ma wat geld verkwis, moeilike skoonma….sal nie my kruis ruil met iemand anders nie
Kruis opneem = sterf aan myself en Jesus word die belangrikste persoon in my lewe!
Gaan oor prioriteite en nuwe lojaliteit + alles opoffer twv daarvan
Moderne beeld:
Jong rugbyspeler kom by afrigter van Superrugbyspan:
Hoor van klomp dinge wat hy sal moet verander om deel te word van die span. As deel wil wees sal sy prioriteite moet verander – gaan nie meer oor wat vir hom belangrik is nie, maar wat is die beste belang van die span?
“Verlede agter laat / gaan nie oor geld maak nie / breek met ou vriende en ander slegte gewoontes = nuwe lewenstyl en eetplan/ vroeg opstaan en ure in gym en op veld oefen/ sal dikwels pyn en teleurstelling ken / familie belange kom nou tweede / elke spanpraatjie bywoon / baie opofferings maak sal deel word van span se suksessse en dalk later Springbok word.
Is jy bereid? Teken hier….”
(bereid om te doen wil deel wees! Nuwe lewe, nuwe lojaliteite en ander prioriteite – wil daardie trui oor die kop trek op die speelveld kom, skare in sy ore hoor, beker omhoog hou)
Toepassing:
Jesus se vraag : wat is jy bereid om prys te gee en My te kan volg?
Prioriteite sal vir altyd moet verander: sal nooit van selfsug vrykom anders as om te kruisig nie
[selfsug is die basis van alle sondige denke en optrede!] = sleutel wat ons hier ontvang
Fout: Goedkoop maak. Volg Jesus! Nie “fan” word nie maar volgelinge = werklik liefhet en doen wat Hy verwag en ontvang wat Hy gee
2.Paulus help ons hiermee:
1.Kruisig die neiging tot sonde doen…(Rom 6:6) Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.(7) Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde..
2.Kruisig die eie wil..(Gal 2:20) en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
3.Kruisig die ou natuur…(Gal 5:24) Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.
4.Kruisig die aantrekking van die wêreld…(Gal 6:14) Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld.
Slot:
Wêreld sê : jy is die belangrikste! Leef vir jouself! Stewe na jou belange
Jesus gee sleutel: kruisig jou selfsug en kom volg my

Continue Reading