2017 Kerssangdiens 27 November

Die NG Kerk Thabazimbi het Sondagaand 26 November die jaarprogram op ’n baie hoë noot afgesluit met ’n uitstekende Kerssangdiens waarby die professionele sang-egpaar, Marina Botha Spies en haar eggenoot, Tinus Spies, saam met plaaslike sangers, die kerkkoor en natuurlik, Thabazimbi se eie meester op die pyporrel, René Thuynsma, gesorg het vir ’n puik uitvoering om die geboorte van Jesus te gedenk.

Na die aanvanklike inleiding het die sangers en koor van die galery af beweeg na die ouderlingsbanke en voor die preekstoel vanwaar die res van die uitvoering plaasgevind het.

Met haar ode aan die moeder van Jesus, Maria, het Marina beïndruk met een van die suiwerste stemme wat sekerlik nog in dié kerk gehoor is, met haar weergawe van die Ave Maria.

Marina en Tinus het dit opgevolg met Pie Jesu, om die koms van Jesus aan te kondig.

Marina is die broerskind van Elbie de Kock en dit was dan ook nie vreemd dat twee susters, Berna en Anéll, die vloer met hul niggie, Marina gedeel het nie.

Die interkerklike koor het hul baie goed van hul taak gekwyt en het ook geleentheid gehad om saam met Tinus te sing.

Die gemeente is ook betrek met samesang en die afsluiting met stille-nag waar koor, sangers en orrel saam gesing het om met seker die bekendste kerslied in die hart, die diens af te sluit.

Na afloop van die diens het gemeentelede en besoekers heerlik gesmul aan heerlike gebakte Kersfees nagereg en lekker koffie.

Foto’s deur Trudie en Annelise op fotoblad

Continue Reading

2017 Belydeninsklas

12 November

Die belydenisklas was van die begin tot die end deel van die erediens, van die kies van die teks Psalm 139, regdeur met die votum, Tien Gebooie en opneem van die kollekte. Baie geluk aan elkeen van julle, mag julle elke dag krag put uit God se Woord en Jesus se liefde om ook ‘n verskil in die wêreld te maak. Denize Appelgryn, Anton Barnard, Christelle Brink, Sonika Claassens, Janré Combrinck, Elsabé du Toit, Henrico Halgryn, Megan Hearn, Dané Koen, Reynard Kühn, Gareth Meyer, Ruben Moolman, Lara Nel, Dóne Potgieter, Suné Robbertse, Lynn-Mari Schoeman, Gerhard Snyman, Shalyn van der Westhuizen, Fabio Vielmetti.

Baie dankie aan Henk En Ilna Schutte vir julle betrokkenheid en die foto’s van die Belydenisklas.2017 Belydenisklas met ds JZ de Jager (heel regs bo)

Continue Reading

2017 – Aliza-Aviela Bediening Sop en Broodjie ete

Alba en pa Alwyn Tina, Dieta en Joey Theresa met Frans Sophie Maritz en Sophie le Grange Soon, Ria en Rachel Robert Pietie en Charles Mona, Tillie, met Marietjie Marie en Rinus Mara, Ronel, Linda, Annelise, Theresa, Annetjie, Yvonne en Ronel Lorainne en Grietha Lizzie, Billy en dr Tinus Lizzie en Billy Joey Steyn Jan Hester en Lukas Chris en Amelia Betsie, Barbie en BabyEte 14 Junie

Aliza-Aviela Bediening het sop en broodjie ete aan die seniorlidmate van ons gemeente gegee. Dit was ‘n baie geslaagde en heerlike oggend vir almal teenwoordig.

Die vrugte is geskenk deur Wessel en Hilda de Clerqc en Louw en Petro Botha. Dit was ‘n bonus geskenk aan al die seniors.

Dr Tinus het die verwelkoming en tafelgebed gedoen.

Die dames is bedank deur Robert McAlpine vir alles wat gedoen word vir die seniors.

Baie dankie, Antionette Brits, Annelise Kotze, Ronel Joubert, Linda van Wyngaard, Ronel Greeff en Theresa Pretorius.

Dankie julle.

Die uitreike aan ons seniors, is vir ons ook die betekenis van Aliza-Aviela, Vreugdevol, want God is my Vader.

 

Continue Reading

2017 Knipmes aand

Deel van die Thaba-Worcester Uitreik.

Wyn en knipmes-aand (vir die manne) Vrydag 5 Mei om 19H00

By Jaco du Toit op Krokodilkraal

Kontakpersoon: Bossie Boshoff 076 646 7859

foto’s is voorsien deur Bok Brits en is op fotoblad te sien

oa is ‘n bakkie die aand opgeveil

 

Continue Reading

2017 – Thaba-Worcester NG Gemeentes

Verpakking van die bestellings van af Worcester is gedoen. Surina du Plooy het die foto’s geneem, gaan kyk op die foto blad daarna

Dagsê,

Ek glo u is teen die tyd bewus van die Thaba-Worcester NG Gemeente Samewerkingsprojek. Indien nie, laat weet my gerus en ek stuur vir u meer agtergrond.

Ek vra asseblief u hulp in die verspreiding van die produkpryslyste in u netwerk. Plaas ook asseblief alle bestellings voor 19 April 2017 om ons toe te laat om die vervoer van produkte koste-effektief te kan reël.

Ons hoop ook om u in persoon by die langtafel-ete (R500 per PAAR) by Trekpad Safaris en/of die Manne Wyn & Knipmes-Aand (R100 per persoon) by Jaco du Toit se Krokodilkraal te sien.

Betaling voor 15 April 2017 bevestig jou bestelling of plek by langtafel-ete & knipmes-aand. Betaling kan op drie maniere geskied:

        1. Kontantbetaling by kerkkantoor, diaken of ouderling
        2. Betaling met Kaartmasjien by kerkkantoor (slegs Ma-Do)
  • Elektroniese Oorplasing – Verwysing ‘TWP + Naam’ en e-pos betalingsadvies & bestelvorm na fin@ngktbz.co.za

 

Elkeen se bydrae laat ons toe om die werk van die Here op vele plekke te laat gebeur.

Baie dankie & Vriendelike Groete

Thaba-Worcester NG Gemeentes

Jacques Blaauw

Baie was bewus van die uitnodiging en het daarop reageer.

Nou is die laaste rondtes aan die gang …

Langtafel ete die 5de

Knipmes aand die 6de

Mag daar seën wees op die fondsinsamelings

Continue Reading