2017 – Aliza-Aviela Bediening Sop en Broodjie ete

Alba en pa Alwyn Tina, Dieta en Joey Theresa met Frans Sophie Maritz en Sophie le Grange Soon, Ria en Rachel Robert Pietie en Charles Mona, Tillie, met Marietjie Marie en Rinus Mara, Ronel, Linda, Annelise, Theresa, Annetjie, Yvonne en Ronel Lorainne en Grietha Lizzie, Billy en dr Tinus Lizzie en Billy Joey Steyn Jan Hester en Lukas Chris en Amelia Betsie, Barbie en BabyEte 14 Junie

Aliza-Aviela Bediening het sop en broodjie ete aan die seniorlidmate van ons gemeente gegee. Dit was ‘n baie geslaagde en heerlike oggend vir almal teenwoordig.

Die vrugte is geskenk deur Wessel en Hilda de Clerqc en Louw en Petro Botha. Dit was ‘n bonus geskenk aan al die seniors.

Dr Tinus het die verwelkoming en tafelgebed gedoen.

Die dames is bedank deur Robert McAlpine vir alles wat gedoen word vir die seniors.

Baie dankie, Antionette Brits, Annelise Kotze, Ronel Joubert, Linda van Wyngaard, Ronel Greeff en Theresa Pretorius.

Dankie julle.

Die uitreike aan ons seniors, is vir ons ook die betekenis van Aliza-Aviela, Vreugdevol, want God is my Vader.

 

Continue Reading

2017 Knipmes aand

Deel van die Thaba-Worcester Uitreik.

Wyn en knipmes-aand (vir die manne) Vrydag 5 Mei om 19H00

By Jaco du Toit op Krokodilkraal

Kontakpersoon: Bossie Boshoff 076 646 7859

foto’s is voorsien deur Bok Brits en is op fotoblad te sien

oa is ‘n bakkie die aand opgeveil

 

Continue Reading

2017 – Thaba-Worcester NG Gemeentes

Verpakking van die bestellings van af Worcester is gedoen. Surina du Plooy het die foto’s geneem, gaan kyk op die foto blad daarna

Dagsê,

Ek glo u is teen die tyd bewus van die Thaba-Worcester NG Gemeente Samewerkingsprojek. Indien nie, laat weet my gerus en ek stuur vir u meer agtergrond.

Ek vra asseblief u hulp in die verspreiding van die produkpryslyste in u netwerk. Plaas ook asseblief alle bestellings voor 19 April 2017 om ons toe te laat om die vervoer van produkte koste-effektief te kan reël.

Ons hoop ook om u in persoon by die langtafel-ete (R500 per PAAR) by Trekpad Safaris en/of die Manne Wyn & Knipmes-Aand (R100 per persoon) by Jaco du Toit se Krokodilkraal te sien.

Betaling voor 15 April 2017 bevestig jou bestelling of plek by langtafel-ete & knipmes-aand. Betaling kan op drie maniere geskied:

        1. Kontantbetaling by kerkkantoor, diaken of ouderling
        2. Betaling met Kaartmasjien by kerkkantoor (slegs Ma-Do)
  • Elektroniese Oorplasing – Verwysing ‘TWP + Naam’ en e-pos betalingsadvies & bestelvorm na fin@ngktbz.co.za

 

Elkeen se bydrae laat ons toe om die werk van die Here op vele plekke te laat gebeur.

Baie dankie & Vriendelike Groete

Thaba-Worcester NG Gemeentes

Jacques Blaauw

Baie was bewus van die uitnodiging en het daarop reageer.

Nou is die laaste rondtes aan die gang …

Langtafel ete die 5de

Knipmes aand die 6de

Mag daar seën wees op die fondsinsamelings

Continue Reading