Teks: Kol 2
Tema:Weggelok van al wat saak maak!
Inleidend:
Rooikappie het na die wolf geluister en op dwaalspoor geloop. Eva het na die duiwel geluister wat die waarheid effens verdraai het: “.. het God regtig gesê dat julle van geen boom mag eet nie?”
Duiwel het dit met Jesus ook probeer: “..as U die Seun van God is…”
Hierdie strategie van die vyand om die waarheid te probeer verdraai en Jesus se volgelinge op dwaalspoor te plaas het nog nooit verander nie! Noem dit dwaalleer. As net paar grade kan laat afwyk – kom op heeltemal verkeerde plek uit!
Deel 1: Paulus moes oral keer en waarsku:
Kol 1 die lied oor Jesus: 8 x “alles” Jesus is alles, bo alles, het alles met God versoen…
Molly Bruno: “if you have Jesus you have everything…”
Vroom mense (duiwel) het agter Paulus gegkom en in elke gemeente die jong gelowiges probeer weglok van Jesus en God se genade, deur ander dinge te probeer byvoeg en hul daarop te laat fokus: tale, doop, werke, wette, dae, feeste, bonatuurlike belewenisse, ens
(Gal 1:7) Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.
(2Kor 11:3) Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.(4) Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.
(2Kor. 11:13) Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. (14) En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ‘n engel van die lig.
Toepassing:
Vraag: Is ons volgelinge van Jesus of het ons ook op dwaalspoor beland? Weggelok?
Sola Fide, = slegs geloof..
Solus Christus, = Jesus alleen
Sola Gratia, = slegs genade
Sola Scriptura, = slegs deur die Woord
Soli Deo Gloria, = aan God al die eer!
Deel 2: Wie was hierdie mense wat die jong gemeente in Kolosse wou weglok van Jesus?
Jong lidmate het nie agter dik mure in die berge gaan woon en Jesus probeer volg nie – nee, was blootgestel aan klomp invloede (soos vandag ook): ander tempels [bv.Dionosos drankgod], Joods gemeenskap, askete, filosofie, ens. Hieruit het stemme gekom wat by die genade van God in Jesus ook ander idees en praktyke wou voeg. “wonderlik dat julle Jesus aangeneem het, maar as besny word, Sabbat hou, Joodse feeste, sekere kosse nie eet nie, engele aanbid, tale spreek…” [Hd.15 vergadering in Jerusalem hieroor]
Paulus noem dit so:
Kol.2:4 Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.
Kol. 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
2:16 Moenie dat iemand julle mislei nie ..
16 Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie aof dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
2:18 Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, 19en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie.
Toepassing:
Kan dit nie sterk genoeg stel nie: Satan [soos engel van die lig] kom vandag nog na Jesus-mense en probeer hulle weglok van Sy genade. “Soek jy dieper belewenis van God? Wil jy God regtig behaag? Ek het ekstra openbaring ontvang… sal jou ook inlei – “..gee tiendes, spreek in tale, Sabbat, wet weer onderhou, meditasie..”
Wese van alle dwaalleer: Geloof in Jesus se versoening alleen is nie genoeg nie! Jy as mens sal iets moet doen om by te voeg en volkome te maak..
Deel 3: Ek sal nie die genade verwerp nie!
Dit is moeilik om in ‘n godsdienstige wêreld te leef – alle godsdienste bestaan uit stelsels waar die volgelinge van daardie leer/geloof sekere dinge moet doen om hul gode se guns te verdien!
Jesus volgelinge vra ook : “..wat met ek doen om meer van God se Gees te kan beleef? Om God te behaag? Reg te maak vir al my sonde? ..”
Evangelie is: Dit is Volbring! Jou deel is gedoen. Die offer is gebring! Die skuldbewys is weggeneem!
*geen altaar weer nie, geen sisteem meer nie, Was net skaduwee!
*God sê: Jesus het jou deel ook gedoen – dit is die wonder van genade!
*toe jy nie jou deel kon doen nie, niks gehad het om skuld te betaal nie
*Jesus het dit alles vir jou ook gedoen
Kan baie vroom en nederig klink as ek nou kom en iets wil bydrae, byvoeg, probeer goedmaak, opmaak, versoen – maar is eintlik baie arrogant en ondankbaar! In wese is dit ek wat hierdie drang het om myself meer aanvaarbaar vir God te maak!
God het genoeg gedoen!
(Gal 4:9) Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees?
(Gal 2:21) Ek verwerp nie die genade van God nie. As ‘n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
21 I do not nullify the grace of God, for if righteousness were through the law, then Christ died for no purpose.
Toepassing:
• Jesus was die finale offer!
• Alle skuld , skaamte en oordeel was op Hom
• Hy het dit vir goed weggeneem
• “dit is volbring!” beteken dat die ou stelsels en sisteme uitgedien was
• Nooit weer ‘n altar waar ek iets moet kom bring nie..
Slot:
Beetle beeld: God het my gered van die smeltoond – besig om my te herstel tot wat ek bedoel was..
As ek daaraan wil toevoeg kan Vw snaaks lyk – bv. met Benz se grill,ens.
Hartseer as mense die gemeente verlaat vir iets groters of beters: veral as dit afdraaipaadjie is wat toevoegings probeer maak aan God se genade : in wese verwerp hulle die Kruis!
Molly Bruno:” If you have Jesus – you have everything!”
Pinksterreeks
Sondag
08:00 Kategese
09:00 Pinksterdiens en Kleuterkerk
18:00 Kinderpinkster
18:00 Pinksterdiens
19:00 Verversings in die kerksaal (Blok 3 se wyke)
Maandag 09 Mei
18:00 Kinderpinkster
18:00 Pinksterdiens
19:00 Verversings in die kerksaal (Blok 4 se wyke)
Dinsdag 10 Mei
18:00 Kinderpinkster
18:00 Pinksterdiens
19:00 Verversings in die kerksaal (Blok 5 se wyke)
Woensdag 11 Mei
18:00 Kinderpinkster
18:00 Pinksterdiens
19:00 Verversings in die kerksaal (Blok 6 se wyke)
Kwena tent
Luk 10:2
“Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan tot die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes”.
Liewe KWENA Ondersteuner
Dit is met groot waardering dat ons u bedank vir u gebede en maandelikse bydraes. Ons arbeiders is voorwaar min, maar deur u ondersteuning, is die KWENA span hard aan die werk om die mense na ons Hemelse Vader te lei.
Thembi, Samuel en Puso, ons drie evangeliste, was reeds in die tweede week van Januarie op hulle pos en die werk van die Here het, met KWENA ywer en toegewydheid, voort gegaan.
KWENA het sedert die begin van die jaar, die volgende plekke besoek:
Januarie: Thabazimbi: Regorogile en Ipeleng
Februarie: Koedoeskop
Maart: Thabazimbi
April: Mmantserre en Pylkop
Mei: Mmorogong
Junie: Ramokokastad
Julie: Sandfontein
Bid asb
• dat die Jesus films wat versprei word, verandering bring in die harte van
mense en gemeenskappe wat dit ontvang;
• vir ons evangeliste gedurende die wintermaande, omdat die omstandighede nie
maklik is nie en die tent maar koud raak in hierdie tyd;
• vir die voortbestaan van die KWENA evangelisasie aksie;
• vir die familie van die evangeliste wat alleen tuis agtegelaat word;
• vir die mense wat vir die eerste keer of opnuut, hulle harte vir die Here gee.
Joh 17:20 Ek bid nie net vir hierdie mense nie. Ek bid ook vir die ander mense wat in My sal glo omdat hierdie mense vir hulle sal vertel van My.
KWENA Seën u met hierdie bede:
Die Here is VOOR u om die weg gelyk te maak,
Die Here is LANGS u om u in sy arms toe te vou,
Die Here is AGTER u om die aanvalle van die Bose af te slaan,
Die Here is ONDER u om u te dra as jy mag val,
Die Here is RONDOM u om u te beskerm,
Die Here is BOKANT u om u te seën,
Die Here is BINNE u om u te lei met sy Heilige Gees,
So seën die Drie-enige God u van nou af tot in ewigheid.
Indien u by enige uitreik aksie betrokke wil raak of `n besoek wil aflê aan die KWENA tent, stuur gerus `n epos na kwena@n-t.co.za en ons skakel u dadelik terug.
Groete in Jesus
KWENA Forum
Webtuiste: www.kwena.org
Facebook: Kwena witnessing forum
E-pos: kwena@n-t.co.za 2
Hemelvaartdiens
Helplift
Sameroeper Carel Olivier 082 553 6574
Thabang
Sameroeper: Attie Bean 082 940 3761
Getuienisaksie
Ds. Johan en Rita Bloemhof
Werk in Parys Frankryk vir CEF (Child Evangelism Fellowship)
Werk al meer as 25 jaar in Frankryk
Fokus op die Evangelie vir Franssprekende kinders – waarvan sommige uit Moslemlande afkomstig is.
Maak gebruik van kinderklubs, spesiale vakansieklubs, ens waarheen kinders genooi word, met die Woord bedien word en dan met die boodskap hul ouers kan bereik.
Hul reel die afgelope 10 jaar korttermyn sendingspanne veral uit Suid-Afrika om klein kerkies in afgeleë gebiede te help met spesiale uitreikke.
Bid vir:
1. Krag en gesondheid om met die werk voort te kan gaan.
2. Hul skoondogter, Elise is gediagnoseer met MS (veelvuldige sklerose). Bid asb vir haar gesondheid.
3. Bid saam vir al die uitreikwerk wat na kinders gedoen sal word in 2016. Veral ook op die internet.
4. Bid vir die sendingspan wat vanuit Potchefstroom gelei word deur ds.Sanré Benadé, wat in Junie in die Franse hawestad Marseilles sal uitreik.
2. Ds. Andre en Hannien le Roux:
Werk in die ooste van België by Zutendal.
Is betrokke by klein gemeente wat geesdriftig uitreik na onbekeerde massas in België.
Doen groot moeite om dissipels te maak van jong gelowiges wat aangesluit het by die kerk.
Andre is ook betrokke by die teologiese studente se geestelike vorming aan die Universiteit van Leeuven.
Bid asb vir:
1. Geestelike krag en deursettingsvermoë in ‘n geestlike donker land.
2. Vir finansiële voorsiening vir hierdie werk tmv ‘n erg verswakte geldeenheid.
3. Nuwe en oop deure om die onbereiktes met die goeie nuus te kan bereik.
3.Jakes en Annelie Naude
Werk tans vir OM in Pretoria.
Jakes werk aan klein sake-projekte vir OM in Noord-Zambië, waaruit arm christene selfversorgende boere kan word.
Annelie is steeds betrokke by die kerke wat vervolg word in die Midde-Ooste. Sy hou kerke op hoogte van die nood van gelowiges in veral Lahore Pakistan.
Bid asb vir:
1. Annelie wat tans ‘n baie vol program het – ook waar sy haar studies in pastoraat wil voltooi.
2. Jakes wat sy ervaring van “sending deur besigheid” aanwend in diens van kleiner landbouprojekte in arm Afrika-lande
3. Bid vir geleenthede om veral die vroue in Pakistan, wat baie onderdruk word, se nood onder die kerke in vry lande se aandag te bring.
4. Freddie en Lesley de Waal
Werk in die Okavango-delta in Botswana
Fokus veral op kerkplanting onder die plaaslike bevolking en opleiding van inheemse werkers om die verkondiging van die Evangelie verder te neem.
Hul het baie nuwe geleenthede om in Angola te werk, maar die regering van die land wil nie tans nuwe sendelinge in hul land toelaat nie.
Bid asb vir:
Hul daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
Geleenthede om in Angola die opleiding waarmee hul reeds begin het, te kan gaan voortsit.
Inheemse leiers om die werk onder hul eie mense voort te kan sit.
5. Ds. Kobus en Cora Viljoen
Werk in die Skiereiland van die WesKaap vir CEF(Child Evangelism Fellowship)
Fokus op die toerusting van leiers wat kinderklubs kan aanbied vir duisende kinders op die Kaapse vlakte wat verwaarloos word en aan bendegeweld en dwelms blootgestel is.
Kobus is tans verantwoordelik vir die verspreiding van die lektuur wat in die suidelike halfrond deur CEF werkers en klubs gebruik word.
Leer kinders en rus hul toe om self ook “sendelinge” na hul gesinne en families te word.
Is betrokke by verskeie projekte wat die nood van kinders in die streek probeer verlig.
Bid asb vir:
1. Hul daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
2. Al hul medewerkers wat elke dag besig is om kinders in moeilike omstandighede by te staan en te leer van die liefde van Jesus vir hulle.
3. Bid spesiaal vir duisende kinders wat verslaaf geraak het aan die dwelm “tik”. Bid dat die liefde van christene hul sal help om hieruit los te breek en weer ‘n nuwe toekoms te kan vind.
4. In die hawe van Luanda in Angola is ‘n houer vol “gratis lektuur” wat vir CEF bedoel is, maar die hawe-owerhede wil $8000 betaal word voor die houer die hawe mag verlaat! Bid asb dat Ons Here sal ingryp en die lektuur hul bestemmings sal kan bereik.
6. Drienie Lombaard:
Werk in Borgerhout in die stad Antwerpen in België.
Fokus hoofsaaklik op die bediening van die Evangelie aan vroue in haar woonbuurt – wat meestal afkomstig is uit Moslemlande.
Werk ook mee aan verskeie projekte om die Bybel in België bekend te stel bv. Deur ekspo’s. Hierdie ekspo’s word dan deur skole besoek en sien baie kinders vir die eerste keer hoe die Bybel lyk.
Bid vir:
1. Haar gesondheid, veiligheid en finansiële behoeftes.
2. Oop deure en harte in ‘n oorwegende Moslem woonbuurt.
3. Nuwe kontakte om ‘n pad mee te kan loop ten einde van hulle volgelinge van Jesus te kan maak.
7. Dawid en Sue Verwey:
Werk vir Japansending in die platteland van Japan. Hierdie sending het oor jare geweldig gegroei en hul seun en sy Japanese vroutjie werk ook saam met hulle.
Hulle bedien verskeie kerkies met literatuur. Korttermyn uitreike word jaarliks aangepak.
Hulp word verleen oral waar daar in Japan nood of krisisse is.
Bid vir:
Hul daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
Nuwe geleenthede om Japanese met die evangelie te bereik.
Seën op die werk van almal wat saam met hulle betrokke is by die werk in Japan.
8. Pierre en Tracey Arnaud du Rant
Woon met hul kinders Paul en Tiffany in Clarensac, naby Nimes in suide van Frankryk.
Pierre is tentmaker-leraar en werk voltyds as verpleër in psigiatriese saal van ‘n groot hospitaal in Nimes.
Tracey het toestemming gekry om dagmoeder te wees vir 3 kinders en bedien die evangelie aan almal wat haar pad kruis.
Hulle is tans besig om in hul dorpie ‘n gemeente op die been te probeer bring – met baie probleme en uitdagings wat daarmee gepaard gaan.
Bid vir:
1. Hul droom om ‘n huiskerk in hul dorpie op die been te kan bring.
2. Tracey se dagsorg en kinderbediening.
3. Groot verwerping en hartseer wat hulle beleef van familie wat nie gelowiges is nie.
9. Ds. Piet Matebula
Afgetrede leraar van ‘n gemeente in Malumulele, naby Punda Maria.
Hierdie klein gemeente bestaan hoofsaaklik uit vroue en kinders en het groot uitdagings om die liefde van Jesus vir mense voor te leef – in ‘n gemeenskap wat vir jare deur onrus geteister word.
1.Sy daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
2.Nuwe geleenthede om die mense van Malumulele met die evangelie te bereik.
3.Geestelike groei binne die gemeente.
10. Danie en Esther van Niekerk
Woon met hul 3 kinders in Skopje in Masedonië.
Hul roeping is om die gypsy-mense van daardie land met die blye boodskap van Jesus te kan bereik.
Is tans besig om die kultuur en taal aan te leer. Die vlugteling-krisis uit Sirië het groot nuwe uitdaging op hul pad geplaas en neem baie van hul tyd en energie tans op.
Hulle probeer klein sake-onderneming op die been kry ten einde wettig in die land te kan bly.
Bid vir:
Hul daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
Heraansoek vir verblyfpermitte.
Die uitdagings om hul kinders tuis te onderrig.
Oop deure en geleenthede na die mense rondom hulle.
Hul pogings om ‘n gestremde baba te kan aanneem.
11. Eunice Makgamate
Werk in Mogwase en Smashblock met kinders in kinderklubs.
Doen opleiding met nuwe vrywilligers wat belangstel om kinderklubs aan te bied.
Ondersteun ook die bediening van haar man wat voltydse leraar is in die plakkersdorp Smashblock.
Bid vir:
Haar daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
Geleenthede om kinders en tieners met die Woord te bedien.
Helpers wat by haar kan aansluit in hierdie groot werk.
12. Klasie en Ida van Heerden:
Woon in Chiang Mai in Thailand.
Stel sendingspanne en gebedspanne bekend aan die land en sy mense. Leer besoekers van die nood van mense vasgevang in Boedisme.
Ondersteun 2 plaaslike kerkies in hul bediening van die evangelie van Jesus.
Is betrokke by pjojekte waar kinders Engels geleer word.
Bid vir:
1. Hul gesondheid en finansiële versorging.
2. Meer gebedspanne wat in Thailand sal kom bid vir die werking van die Heilige Gees.
3. Bid saam vir die land met sy massas mense wat Jesus nie ken nie. Tans is daar ook ‘n geweldige droogte in die land en min rys kan verbou word.
13. Dirk Nel
Afgetrede persoon uit ons dorp en gemeenskap. Doen korttermyn werk saam met OM.
Reik uit na verskillende geslote lande in die wêreld. Onlangs ‘n uitgebreide uitreik na Zambië onderneem.
Fokus daarop om ter plaatse te bid vir oop deure vir die evangelie in lande waar die Woord verbied word.
Bid vir:
Sy daaglikse behoeftes, gesondheid en veiligheid.
Nuwe geleenthede om na geslote lande te gaan en gebedswerk daar te gaan doen.
Oop harte en hande vanuit sy eie gemeente en ons gemeenskap wat sy werk sal ondersteun.
Kolossense 2b: Die klag en klaer tot niet gemaak
Teks: Kol 2:1-23
Tema: Die klag en klaer tot niet gemaak
Inleidend:
Verhaal van priester wat met vrou wou spot: “vra vir die Here watter sonde het ek oor gebieg?”
Later sou hy haar daaroor vra en die antwoord: “die Heer kon nie onthou nie…”
As dit nie waar was nie – is die verhaal van die kruis en vergifnis ‘n groot leuen! Dit is wat ons vyand graag sou wou dat ons moet glo. Dreig ons en herinner ons altyd aan wie ons was. Dreig ons met die oordeeldag – dat hy sy saak teen ons reg het en ons sal aanklae! DVD met ons verlede speel….doen dit elke dag om ons in ons gewete oor dinge uit die verlede oor aan te kla
Deel 1: Wie Jesus het het alles..
Lied in Kol 1. Oor wie Jesus is = bo alles en almal wat geskep is. Vrede gemaak en versoen
(Kol 1:13) Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.(14) Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
(Kol 1:20) en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
(21) Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
(22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
LW: Dit is reeds gedoen –ook vir julle wat ver was en vyandiggesind….
Kol 2: Jesus leef nou in julle! Dit is die groot geheim en die boodskap van die /blye boodskap! Deur julle verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid….
*moenie dat iemand julle mislei nie: besny / dae/ kosse nie…kan nie daarheen teruggaan en weer slawe word van ‘n skuldige gewete nie
(Kol 2:13) Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.
Toepassing:
Paulus se eie verhaal, hoeveel was die verwyt oor die tyd toe hy Jesus beveg het en baie gelowiges uitgesleep en laat dood maak het, soos vir Stefanus…
Meer as enige persoon hierdie woorde verstaan en geglo! Absoluut seker dat vrygespreek is…’n ou Volkswagen beetle wat opgesmelt moes word…word weggeruk voor die kake van die masjien wat platdruk en word splinternuut herbou, ingebring in die vloot van ‘n nuwe eienaar – wat sy beetles koester en uitstal en gebruik!
Satan sal steeds vir jou ook skuldig wil laat voel! Seer dinge uit die verlede oproep om jou te laat twyfel. Veral twyfel of die boete wat betaal is genoeg was…en jy sal probeer om dit aan te vul met dinge wat jy kan doen soos weer wette te onderhou/ sekere kosse nie te eet nie/ sekere dae te onderhou, ens.
Nie nodig nie…
Deel 2: Jesus het klaar gemaak met die aanklag en die aanklaer ook ontmasker!
Verhale van gemaskerde wreedaards wat lewens bedreig. [cowboy stories, terroriste vandag, selfmoordbomdraers…] sherrif wat vang, ontmasker en in die openbaar vertoon – hier is die skuldige, so lyk die lafaard!
Boelie as die meneer hom aan die kraag beetkry!
(gaan lees weer die verhaal van Jesus en Satan se reaksie elke keer as gekonfronteer staan met die Seun van God! Presies geweet met wie hy te doene het en soos boelie gepleit.
Paulus se woorde is baie sterk:
i. Die aanklag bestaan nie meer nie [geen leêr / DVD] (Col 2:14) Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
ii. Dit is volbring? Sy sending was geslaagd, verlossing is gebring, vrede is herstel, versoening is gedoen [engel se woorde aan Maria: Jesus noem..want dit is Hy wat van sonde sal verlos]
iii. Hoor u hoe belangrik? Geen twyfel mag ooit bestaan oor die genoegsaamheid hiervan nie
iv. Mag my nooit weer laat afdreig nie! [as Satan jou aan jou verlede herinner – herinner hom aan sy toekoms – waar hy nou is en waarheen dit alles oppad is!]
v. Leêr is leeg! Geen veroordeling vir hullewat in Christus is nie!
(Col 2:15) Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
Pragtige beeld uit die Romeise wereld: Veggeneraal en sy manne keer terug van slagveld! Kamp buite Rome, wierrook gebrand..groot optog, skares, vyand vertoon en vir die leeus gevoer! [konings van Israel en Juda in Oo tyd weggevoer na Babel en Nineve, naak en blind]
(2 Kor 2:14) Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.(15) Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.(16) Vir dié wat verlore gaan, is dit ‘n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ‘n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat?
Paulus: dit is wat aan die kruis gebeur het! Eenmaal en vir altyd die effek van die sondeval en die mag van sonde gebreek
Ons is nie maar slagoffers van ons verlede nie, slawe van vrees vir ‘n vyand wat ons afdreig nie!
Vrees is die wapen teen ons / laat altyd twyfel oor ons sekerheid, vergifnis en toekoms [soos terreur graag wil doen]
Slot:
Vrygespreek – moet uit daardie vryheid leef! Kan nie teruggaan en self probeer goed maak nie.Genade ontvang – omarm dit!
Dit is waar…Alles in die skepping was aangetas deur die sondeval, vernietigende gevolge
= maar nou alles onder die genade gekom…net Jesus /net genade/ net geloof [Lig skyn warm]
Jy is weggeruk, vrygemaak –jy is nou ‘n kind van God en nie langer ‘n slaaf van sonde en vrees nie!
Niks en niemand kan jou skei van die liefde van God nie!
Jesus roep jou omHom vreesloos te volg
U het my gered sodat ek kan staan en sing!
Abraham Kriel Kinderhuis.
Sameroeper: Lynette Lottering 082 450 3297
Lynette is die Voog en Versorger by die Matoppie Huis. Ons sorg tans vir 12 “fighters” wat wissel van 8-15 jaar. Ons is afhanklik van skenkings, om sodoende om te sien na hulle. Kos, klere, enige skenkings. Ons Koop ook kwartaalliks kruideniers wat insluit ontbyt en ligte aandete en dan smere vir broodjies ens. Ons help ook met fondse vir kinders wat op toere moet gaan, Ons help ook met die intstandhouding van die huis bv as daar geverf moet word ens. Ons mag glad nie meer fotos van hulle gebruik, volgens wet. Lekker dag!
Kolossense reeks: Tema 2 : Jesus groot bo almal
Teks: Kol.1:9-23
Inleidend:
Hoe kry ons dit reg om die belangrikste goed in ons lewe – belangrikste te hou?
[Suster in neo-natal ICU: ouers wil heeltyd weet is daar vordering? Groei ons baba?]
Epafras oor sy gemeente in Kolosse ook so gevoel:
* Sal groei in geloof, wysheid en kennis sal toeneem, lewe tot eer van God en vrugte sal dra en sal volhard (9-11)
Boodskap van die brief: Jesus is die Een wat alles bymekaarhou
Wat ons verander en nuutmaak
Deel 1: Niks moet ons weglok van Jesus nie!
In die tronk nuus gekry dat jong christene met vreemde leringe weggelok word van Jesus en die eenvoudige waarheid oor Hom.
Ander goed word net so belangrik gemaak as om Hom te aanbid…
Molly Bruno ons geleer het: “if you have Jesus you have everything!”
“..deur die Seun het ons die verlossing verkry..” vs 14 Bars lied oor sy lippe… 15-20 mooiste lied oor Jesus! ‘n Gesang van die vroee kerk= wys iets van wat hulle oor Jesus geglo het [mooiste beskrywing in ons Bybel oor die Seun van God]:
As verlosser
Maar nou ook as die Skepper van die heelal
Alles 8x
Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.. (15)
Heb 1:3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.
Joh 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak
Die onsigbare God word in Jesus sigbaar….
Beide die aardse beeld en die die hemelse beeld..
Waar Jesus was – was God sigbaar teenwoordig
..hierdie bekende lied verkondig…
*2 duidelike temas : skepping en redding
*Eerste keer : die opperheerskappy van Jesus ook oor die skepping
*soos wat elke area van die skepping deur die sondeval aangetas is – moet elke faset ook onder die genade kom!
*Alhoewel sonde geheers het vir baie lank – sal sonde nie meer totaal heers oor aspek van die skepping nie!
Toepassing:
Glo ek dit ook van Jesus. [30 jr na Jesus se kruis geglo en gesing het?]
Prof wat beweer dat almal wat vandag nog so glo in Jesus is “breindood”?
Glo ek dit? Leef ek dit? “..if I have Jesus I have everything!..” Vir my is Hy alles? Is my lewe ook een wat vertel van ‘n nuutmaker?
Elke mens wat lewe en ooit geleef het moet self keuse oor Jesus van Nasaret maak:
• Was Hy bloot profeet gewees…
• Is Hy God : Verlosser en Skepper?
Deel 2: Weggeruk en oorgeplaas:
(Col 1:21) Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
(22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
(Col 1:13) Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.
Wat bedoel Paulus met “..ook julle..was ver van God..en vyandiggesind..”? [soos hy was!]
Soos Jesus hom voorgekeer het en weggeruk het “transferred..” – hulle ook en vandag ek en jy ook. Hierin lê die kragtigste bewys dat Jesus God is en lewe!
Verhaal van barbare in woude van Ecuador en moord op sendelinge in 1956
Verhaal van vrou wat wreed aangerand is in Thabazimbi deur haar man
Onthou: ons voorouers het ook die eerste sendelinge na die Germaanse stamme so vermoor!
Toepassing:
Jesus ruk vandag nog mense wat vyandig is…. weg en plaas hul oor na Sy ryk in die lig! Begin om hulle lewens te restoureer! (22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
Vraag: Is Jesus alles? Glo ek dat Hy alles bymekaarhou?
*Kan Hy ook hierdie man se hart verander wat sy vrou so wreed aangerand het?
*Wie sal gaan? Wie sal bid vir hulle? Geroesde Beetles oorgemaak kan word?
Slot:
Jesus is groot bo almal: die Een wat alles bymekaarhou
Wat ons verander en nuutmaak
Ons kan nie teruggaan na ons lewe van donker en vyandigheid nie… ons moet lewe soos mense wat oorgeplaas is in die Ryk van Jesus = in die lig!
Volgelinge van Jesus is nie breindood nie = het werklik begin lewe [prof nog vyandig en in die donker – kom ons bid ook vir hom]










