Stories vir lewe. Tema 3

Tema 3: Moet nooit tou opgooi nie

Prediker: dr Tinus Benadé

Teks: Lk 18:1-9

Inleidend:

Verhaal net in Lukas opgeteken? Plaas meer klem op gebed in sy evangelie en Handelinge ?

Paulus op 2e sendingreis leer ken as hy in Troas aankom. Tot geloof gekom vergesel na Griekeland en Filippi. By Paulus die erns van gebed, die krag van gebed, die noodsaakvan gebed, die volharding in gebed geleer! Tronkdeure gaan oop, Here se hand in Paulus se storie gesien en die vrug op die arbeid – die deursettingsvermoe…

Maak veel meer van gebed ….[tekste]

1.Verhaal van die groot kontras:

Regter het geen ontsag vir God of mense nie [gehoorsaam nie die wet nie] nogtans sal die vrou se aanhoudende gevra / knaende versoek = sy houding verander! Netnou kry ek blou-oog.

Punt wat Jesus maak is dat Sy volgelinge tot God moet nader en Hy sal tot hulle nader!

Vs1 Jesus het vir hulle ’n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word…

Prayer is not one quick session of listing needs and expecting immediate results. Prayer is continuing to talk to God with persistence. Prayer is based on absolute faith in God, so it never gives up, knowing God will answer when and where he chooses. Prayer also knows that God expects us to keep on praying until the answer comes.

Gebed is die asemhaling van die siel! In kontak wees met God – lewenswyse van gedurig met God praat – hetsy in my gedagtes of op my kniee in my binnekamer.

2.Die een tot wie ek bid – is aan my kant!

Gebed is nie inbelsentrum en ou aan die anderkant wil nie/kan nie help nie! God is aan die anderkant van jou gebed. HG tree namens jou in en tolk jou bedoelings!

Rom 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie

Vraag:(vorige tema) Sal vader wat uitstorm en omhels – jou gebede ignoreer? Sal Hy nie eerder jou kortknip en veel meer gee as wat jy dink of droom nie?

Liedboek: [o God wat ryk is aan ontferming weerhou genade nooit van my..maar hou my steeds in U beskerming by U sal ek vir altyd bly..ek loof en prys U deurentyd….]

Groot kontras: as korrupte regter toegee = hoeveel te meer ….

Vs.7 Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!

(Sag.2:8) So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel.

 

Toepassing:

Hoor so dikwels: “ek bid al so lank hieroor, maar voel of God my ignoreer?”

Jesus sê dit is onmoontlik! Gebed kan nooit teen plafon vasslaan nie!

Voorbeeld van tannie wat 23 jaar vir haar man gebid het om met alkohol te breek…

[..was my ouers wat vir my gebid het…]

Slot:

Vrae:

  • hoe moet ons maak as ons geloof getoets word?
  • Wat van mense wat se geloof geknak is?
  • Wat van die storms in die lewe?
  • Wat van ‘n lewensstryd waarmee jy worstel?

God sal jou hoor! Ons moet ons geloof aan Jesus anker! Dit sluit ons lewe en gebedsvolharding in!

Hulle moet in die geloof volhard. Waar die geloof kwyn, kwyn ook die gebed, en andersom.

Gaan ons opgee op God en geloof? Sal vervolging en teenstand beleef – dikwels ‘n stryd om geloof te behou en daarin te groei = gebed is die antwoord en volharding daarin.

Neh 1:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid……

(Rom 12:12) Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Continue Reading

6 Augustus 2016 Formulier vir die bevestiging van Ds JZ de Jager

Ons is hier bymekaar om vir Johannes Zacharias de Jager as leraar van hierdie gemeente te bevestig.

Johannes Zacharias de Jager is deur die kerkraad van NG Gemeente Thabazimbi beroep en sy naam is daarna aan die gemeente voorgehou. Daar is geen wettige beswaar teen sy beroep ingebring nie en hy het bevestig dat hy die beroep aanvaar.

Jesus Christus maak van mense gebruik om deur Sy Woord en Gees Sy kerk bymekaar te bring, te regeer en op te bou. Jesus die Here is die ampsdraer by uitnemendheid omdat Hy gekom het om te dien en om sy lewe te gee vir mense. Hy is ook die Een wat mense roep en dring deur Sy liefde. Die bedienaar van die Woord is dus ‘n gestuurde van Christus aan wie Hy die boodskap van versoening tussen God en mens en mens en medemens toevertrou het.

Ds Jurgens de Jager (pa van JZ) vra nou dat JZ de Jager vorentoe kom om te luister en te sien wat sy amp as leraar behels en wat die Here van hom verwag-

Johnnes Zacharias de Jager, die amp van leraar in ‘n gemeente om vat ‘n wye verskeidenheid van take en opdragte. Die kerkraad wat elkeen ook self deur die Here gekies is, wil jou gawes en talente ten volle benut en het spesifieke take waaraan jy moet voldoen.

  1. Jou belangrikste taak is die verkondiging van die Woord van God: “Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, lering te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek”, sodat die gemeente volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk (2 Tim 3:16-17)

(Die Kanselbybel word deur Leon van Rheede van Oudtshoorn, leier-ouderling van die Kerkraad aan

JZ de Jager oorhandig, wat dit daarna op die kansel gaan sit)

  1. Jou volgende belangrike taak en opdrag is die diens van gebede aan die gemeente: “Bid sonder ophou, want die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking” Vgl Jak 5:16).

(‘n Gebedskers word aangesteek en deur JZ op die nagmaalstafel gesit.)

  1. Jou volgende belangrike taak is dat jy noem leiding neem by die eredienste en samekomste van die gemeente: Help die gemeente om te verstaan dat een dag in die huis van die Here beter is, as ‘n duisend daarbuit (Ps 84:11), en dat die Here God woon waar die lofsange van die gemeente weerklink.

Liedboek 200:2-3 word nou gesing

  1. Die Here het ook sakramente ingestel, dit is heilige tekens waarmee Hy die geloof van die gemeente wil versterk. Daarom word jy afgesonder om die sakramente te bedien

EERSTENS, die doop:

JZ de Jager word na die doopvont toe geneem en water word daarin gegooi. Raak weer opgewonde oor die doop wat Jesus self ingestel het en laat dit ‘n teken wees wat mense se harte warm maak.

Gemeente sing: Liedboek 292:1-2

TWEEDENS, die nagmaal.

JZ word na die nagmaalstafel geneem waar brood gebreek en wvn geskink word. Hierdie simbool het die Here ingestel om ons aanmekaar te bind en om ons te herinner hoe lief ons vir mekaar en vir Jesus moet wees. Bied die nagmaal met entoesiasme en kreatiwiteit aan as herinneringsteken aan ons Here wat vir ons baie lief is.

Gemeente sing: Liedboek 526 (2x) Waar daar liefde is

  1. Jou amp omvat ook die toerusting van kinders en ionqmense in die gemeente. Jy moet die gebooie van die Here inskerp kinders en met hulle daaroor praat en hulle lief maak vir die wil van die Here (Deut 6.7).

(Die kinders en jongmense staan op)

  1. Saam met die kerkraad is dit jou verantwoordelikheid om leiding te neem in die gemeente. Doen dit deur in die voetspore van Jesus soos ‘n herder te wees wat versorg en beskerm.

(Die kerkraad staan op)

7 . Jy is ook verantwoordelik vir die VERSORGING van die gemeente. Dit sluit almal in, klein groot, oud en jonk. Jesus het gesê: “Pas my skape op en laat my lammers wei”

(Die hele gemeente staan op)

Die eise wat aan ‘n bedienaar van die Woord gestel word is hoog en daarom word verwag dat hy

‘n Lewende verhouding met die Here Jesus sal hê en vir ons ‘n voorbeeld daarin sal wees.

  • Dat jy onder die Ieiding van die Heilige Gees sal staan sodat jy daagliksvernuwe kan word tot getroue, nederige diens.
  • Dat jy in alles die koninkryk van die Here Jesus eerste sal stel en Jesus enjou medemens sal hoër ag as jou jouself.
  • Jy moet ‘n voorbeeldige eggenoot wees wat in liefde en trou met Karla sal saam leef.
  • As pa van jou huis, moet jy die regte voorbeeld stel as profeet (wat jou kinders leer), priester (wat vir jou huis sal bid) en koning van jou huis sal heers oor die sonde.
  • Jyself moet gedurig geestelik groei en die gemeente deur geloofsgroei inspireer en hulle met jou saamneem en jy saam met hulle.Dit is duidelik dat die amp van bedienaar van die Woord, ‘n besonderse roeping en
  • verantwoordelikheid is en dat God deur die Woordverkondiging vir Homself ‘n koninkryk vir die hemel wil opbou. ln die besef van die groot verantwoordelikheid wat jy aanvaar, moet jy nou op die volgende vrae antwoord:
  • ls jy oortuiq dat God jou self tot hierdie diens geroep het?
  • Antwoord: Ja, met my hele hart
  • Aanvaar jy die Ou en die Nuwe Testament as die enigste, onfeilbare Woord van God en die volkome leer van die verlossing en verwerp jy alle leringe wat daarmee in stryd is?
  • Antwoord: Ja, met my hele hart
  • Beloof jy om jou amp volgens hierdie leer getrou en ook met die nodige vertroulikheid te beoefen?
  • Antwoord: Ja, met my hele hart
  • Beloof jy om jou te onderwerp aan die kerklike opsig en tug?
  • Nou vra ek vir julle as gemeente:
  • Antwoord: Ja, met my hele hart
  • ls julle bereid om ds Johannes Zacharias te ontvanq as dienskneg van die Here Jesus?Gemeente sing: Ons aanvaar jou met die liefde van ons Heer!
  • Antwoord: Ja, met ons hele hart
  • Onderneem julle om die nodige agting en liefde aan JZ de Jager te betoon omdat Hy gestuur is na julle deur die Here Jesus self.
  • Antwoord: Ja met ons hele hart
  • Sal julle met aandag luister wanneer JZ de Jager julle uit die Woord van die Here leer? Skriflesing 1 Tim 1. 1-2Aan Timoteus, my eie kind in die geloof. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met ‘n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink.Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
  • Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur weer moet aanblaas.
  • Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir my ‘n groot vreugde wees.
  • 2 Timoteus 1:3-7
  • Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Verlosser en van Christus Jesus ons Hoop.
  • Preek:
  • Antwoord. Ja met ons hele hart

Hierdie Skrifgedeeltes wat ons nou gelees het is ‘n brief wat Paulus vir sy geestelike kind Timoteus

geskryf het om hom aan te moedig in sy nuwe gemeente. Timoteus is’n jongman wat tussen

geharde manne die geestelike leiding moes gaan doen. Paulus self sit in die tronk in Rome terwyl

hy hierdie jonge Timoteus inspireer om sy roeping nog meer voluit uit te leef..

En sê hy vir hom

dat hy nie moet bang wees nie,

dat hy nie moet skaam wees nie,

dat hy bereid moet wees om lyding te verduur en

dat hy soos ‘n goeie soldaat die opdragte van die Bevelvoerder getrou uitvoer ook dit wat die

Here Jesus op sy hart lê getrou moet uitvoer.

En dan sê hy vir hom, ek herinner jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het soos ‘n vuur weer moet aanblaas.

En dis veral oor die “ek herinner jou daaraan dat jy genadegawes wat God jou gegee het wat jy weer moet aanblaas” waaroor ek vandag met jou wil praat JZ my seun.

Haal die blaasbalk uit en gee dit aan JZ

JZ weetjy wat is dit hierdie?

+ Kan jy onthou wat ons gemaak het voor ons hierdie blaasbalk gehad het?

+ Kan jy onthou waar ons ons die blaasbalk bêre in Witrivier?

+ Kan jy onthou hoe ‘n verskil dit aan ‘n vuur gemaak het as mens die vuur aangeblaas het?

Hoe meer ‘n vuur aanblaas hoe groter is die vreugde! ‘n Lekker groot vuur by die braaivleis of by

‘n kampvuur is darem net iets wat’n mens nie genoeg kan bekyk nie.

+ Blaas die vuur aan van die genadegawes wat die Here vir jou gegee het!

  • JZ, ek wil met jou praat oor ‘n paar van jou genadegawes wat ek dink jy baie moet aanblaas! Ek en jou liewe moeder soos jy haar noem het vroeg in jou lewe gesien dat jy ‘n besonderse mens is, en dit was vir ons’n baie groot voorreg om jou in ons huis te kon beleef.
  • Jou ouma Rita het al toe jy 3 jr oud was gesê dat jy baie spesiale vermoëns het om te kan LUISTER en dat jy ‘n besonderse vermoë het om mense te verstaan en te interpeteer wat in hulle hart is. Dis ‘n besonderse genadegawe om met begrip en aanvoeling te kan luister.dat iemand sal luister met berip en fyn aanvoeling.
  • :Blaas daardie genadegawe aan want jou nuwe gemeente en gemeenskap het ‘n behoefte
  • ‘n Ander GENADEGAWE wat jy vam kleinsaf uitgewys het is die gawe van verstommende WYSHEID. Wysheid is mos die vermoë om baie gelukkig te wees onder die moeilikste omstandighede en ook om ander mense te help om onder vasgevaldheid daaruit te kom.Here jou lei.’
  • : Blaas hierdie gawe aan en soek geleenthede waar jy die gemeente kan lei soos wat die
  • Jy het ook die GENADEGAWE van VREDEMAKER gekry. Van vroeg in jou lewe was jy al die VREDEMAKER as jou twee sussies aan die stry raak. Hulle het weerskante van jou gesit aan tafel en sonder dat ons jou geleer het, het jy op ‘n baie kreatiewe manier enige konflikte ontlont soveel so dat jy altyd die aandag van die klein prentjie na die prentjie verskuif het.
  • : Blaas hierdie gawe aan en help mense en die samelwing om in vrede met mekaar te leef.
  • Nog ‘n GENADEGAWE wat jy het is om DIENSBAAR te wees om die moeilikste take met blydskap en en lekker gemoedelikheid speel-speel te verrig. Hierdie gawe van jou maak dat skottelgoedwas of ‘n bok afslag of mure verf groot pret word. Diensbaarheid met vreugde en liefde is een van die mooiste gawes wat jy het wat groot waarde toevoeg waar jy ook al kom.
  • : Blaas hierdie gawe aan deur ‘n voorbeeld te wees van vrolike, vrywillig diensbaarheid
  • Nog ‘n GENADEGAWE wat die Here jou gegee het is die van LERING. Dis lekker om te sien hoe jy die groot prentjie waarneem en ook die detail daarmee in verband bring en om dit met nederigheid mense help om mooi en nuwe dinge te ontdek van die lewe.dissipels sal maak. Neem vrymoedigheid om baie te leer by die Here sodat jy in hierdie tyd
  • JZ de Jager, neem nou verantwoordelikheid vir hierdie gemeente wat die Here Jesus self aan jou toevertrou het. Dan sal jy, wanneer die Here met sy wederkoms verskyn, die heelikheid as onverganklike kroon verkry.
  • relefant sal bly en mense sal leer wat die Here op jou hart lê.
  • : Blaas hierdie gawe van LERING aan deur dissipelsmaking sodat jou dissipels weer ander
  • Alle gelegitimeerdes kom nou na vore en JZ de Jager kniel vir die handoplegging, dii Marco le Grange – Koedoeskop; Jannie du Plessis – Northam; Joggie Kotzé – Dwaalboom en Makoppa; Adriaam Appelgryn – APK en Paul Grobler.Mag God, wat jou tot hierdie diens geroep het, jou deur sy Heilige Gees verlig.God. Die Here is agter jou om die aanvalle van die Bose afte weerDie Here is onder jou om jou te dra as jy val,Die Here is binne-in jou om jou te lei en te inspireër, van nou af, in jou bediening vanAMENKarla kom ook na vore Here God, ons sit graag ons arms simbolies om hulle. Ons vorm almal saam die liggaam van Jesus as gemeente en wil saam met JZ U dien met die gawes wat U vir elkeen van ons gegee het. Help ons om hulle lief te hê en laat hulle altyd verseker wees van ons lojaliteit en ons gebede vir hulle. Ons verbind ons om voluit saam met hulle te werk in U gemeente, om hulle te respekteer en vir hulle ruimte te maak sodat hulle onbesorg kan leef en werk tot U eer. Ons bid nou dat die Heilige Gees  laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op”Gee ons vandag ons daaglikse brood;
  • Ds Jurgens de Jager,
  • “en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; “en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose
  • die aarde geskied,net soos in die hemel.
  • Ons Vader wat in die hemel is,
  • Almal bid hardop saam die ONS VADER gebed en daarna word dit gesing.
  • ons sal inspireër om saam met hom U Naam te verheerlik in alles.
  • Hemelse Vader, U wat die hart van ons almal ken, U het vir JZ de Jager geroep, toegerus en gewillig gemaak om diens in hierdie gemeente te aanvaar. Ons bid dat U hom opreg en getrou sal maak in die uitvoering van sy amp. Gee vir hulle as egpaar arbeidsvreugde. Dankie ook dat Karla ook geroep en gewillig gemaak is om JZ te ondersteun in sy besonderse amp.
  • Die leiers van die gemeente gaan na vore en vorm ‘n kring om JZ en Karla terwyl ‘n gebed gedoen word.
  • elke dag en tot in ewgiheid.
  • Die Here is bokant jou om jou te seën.
  • Die Here is langs jou om jou in Sy arms toe te vou
  • Die Here is voor jou om vir jou die pad gelyk te maak.
  • Mag Hy jou so inspireër dat jy ‘n geseënde arbeider sal wees in die koninkryk van
Continue Reading

Tema 1: Stories vir lewe

Prediker: dr Tinus Benadé 31 Julie 2016

Teks: Mt.13:1-9 en 18-23

Inleidend:

Verhaal van kleinseun by oupa se sterfbed: stories gee lewe. Oupa sterf en seun begin lewe…[ontdek geluk/wysheid/vryheid in Jesus!]

Jesus se 32 gelykenisse in die Bybel= nie gewone stories nie

Dieper betekenis gehad

Slegs hulle wat glo die bedoeling en betekenis sal verstaan

[tydlose waarhede en wysheid kom leer = vensters op God se koninkryk]

Groot waarhede verpak in stories uit die daaglikse lewe van die mense wat Hom gevolg het… 90% van wie kleinboere was – graan, vee, vrugte en groente geboer het (in baie droë klimaat)

In die skare was 2 groepe teenwoordig:

*hulle wat Jesus as redder gesien en aangeneem het..

*hulle wat Hom nie as Messias wou erken nie..

Twee reaksies: volhoubaar en nie-volhoubaar

Deel 1: Jesus se bedoeling met die bekendste gelykenis:

Almal bekend met die situasie: saai met sak en saad val op verskillende plekke en die reaksie is uiteenlopend. Jesus sê: 4 tipes grond is hoe mense op Hom reageer. As mooi daarna kyk kom dit weer neer op 2 reaksies / 2 groepe / 2 paaie…

a.Jesus se woorde veroorsaak verdeling tussen die wat hoor:

Jesus se volgelinge (alle tye) ontvang die Woord, verstaan dit, gehoorsaam dit en voer dit uit

Ander hoor ook maar luister nie..

Verharde hart

Oppervlakkigheid

Gevestigde belange en bekommernis daaroor

  1. Die punt wat die gelykenis maak is dat die oogmerk vrugdra is. [doel van alles is dat daar oes en kos sal wees en lewe vir die boer en sy gesin…]

3 tipes grond geen oes nie – tog reaksie! Jesus bedoel dat die skynbare reaksie nog nie ‘n oes waarborg nie m.a.w. die mees entoesiastiese reaksie op die Evangelie waarborg nog nie dissipelskap nie..

Dit is slegs die toets van tyd, volharding in moeilike omstandighede, wegdraai van oppervlakkige geluk en sekuriteit wat rykdom bied

Net as vrugte in my lewe sigbaar raak = dat my belydenis van geloof in Jesus waar word /eg is!

Wat is belangrikste? Belydenis van geloof in Jesus / volharding in geloof….

Deel 2: Belangrike dinge om raak te sien

a.Die een vreemde punt wat Jesus maak is die ongelooflike potensiaal van die saad: 100/60/30 voudig? Koringboere hier sal weet dit is onrealistiese verwagting?

Bedoeling is dat hulle wat die Woord glo se lewe tot groot vrug in die wêreld sou lei… net soos in die geval met 2 ander gelykenisse nl. Mostertsaad en suurdeeg

Jy wat hier sit is die bewys van die waarheid hiervan… 11 dissipels het die woorde van Jesus na die wereld geneem en vandag ken jy ook Sy Naam en saai jy ook! Saam met biljoene. Plofbare krag in die Woord!

b.Die genade wat hiermee gepaardgaan

Geen boer saai met die doel dat die saad op alle tipes grond val nie [soos die volgende gelykenis van die onkruid en die koring ook beklemtoon is die genade van Hom wat saai]

Ook vanoggend kom die woorde na mense – op verskillende plekke (bitter en hard, emosioneel, besig, oop..)

(Mat 5:45) sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

Ons is die saaiers in ons dorp/familie/werksplek/skool/omgewing….moet nie oordeel en mense uitkanseleer nie!

Die Woord kan vandag nog 100 voudige oes lewer as ons gehoorsaam saai….

Toepassing:

Jesus kom met bekendste van Sy verhale en wil iets groter en dieper vir my leer:

Dit gaan nie soseer oor wat die Woord vir my beteken nie, maar die effek op my en wat ek dan vir ander kan beteken! (vergelyk die prente uit die Kinderbybel)

Goeie grond is oop ore wat lei na ‘n oop hart en oop hande!

Goeie grond dui op ware hoorders = diegene wat die Woord diep in hulle lewens laat wortel skiet

Die ware navolgers van Jesus wat Sy woorde hoor en dit lewenslank doen

Slot:

Verhaal van dame wat orrelis was en aan alkohol verslaaf. Woord soveel keer gehoor… hoe pateties? Wat van my? Ek sukkel net so om enige vrug te dra.. hoor ook en val elke keer terug in ou patrone!

2016: jy het vandag weer die saad ontvang – saad met ongelooflike groeikrag

Wat het vanoggend met jou gebeur? [is die blote feit dat ek hier sit aanduiding dat ek goeie grond is?]

Besef net al 4 is hier:

*so kwaad vir die Here is…

*Wow nou gaan alles in my lewe verander..

*sal teen Dinsdag te besig wees met oorlewing om te onthou…

*Ore en oë en harte en hande sal oopgaan en ander met Jesusliefde sal dien!

Continue Reading

Rampe demp nie Thabazimbi se deernis nie

Artikel soos verskyn in die Kerkbode van 06 Mei 2016, soos weergegee deur ds Ernst Muller

Die versengende droogte verrinneweer die landbou. Die munisipaliteit het in duie gestort en is onder administrasie geplaas. En die groot ysterertsmyn, waar-aan die dorp sy ontstaan en naam te danke het, het toegemaak. Maar die gelowiges van Thabazimbi se deernis vir die hele wêreld is nie deur dié rampe gedemp nie. In die plaaslike NG Gemeente, byvoorbeeld, is daar oor dekades heen, ‘n diepgewortel-de kultuur v nederige en kundige diensbaarheid gevestig, wat dié teenslae oorleef

Daar is min aksies wat uit hul eie geledere ontstaan het, maar groot gewil-ligheid om talle hulpaksies, wat uit ander kerke, organisasies en individue se inisia-tief gebore is, na hul behoeftes te ondersteun.

Thabazimbi NG Gemeente se harte reik ver, onder meer na Evangeliewer-kers in Frankryk, Masedonië en ander Europese lande, aan wie lidmate gereeld diensbesoeke bring waartydens hulle dié dienaars bemoedig en op praktiese ma-niere met hulle bedienings help. Die Gemeente verleen ook morele en materiële hulp aan werkers in die Ooste: in Pakistan, Thailand en Japan.

In Suider-Afrika beweeg daar gereeld diens-safari’s na gemeentes en wer-kers in buurlande: Seronga in die Botswana-Delta, die Topnaars van Kuisebvallei in Namibië, en die Lozi-gemeentes in Caprivi (waar die Gemeente se leraarspaar ‘n kwarteeu gelede as sendelinge gedien het) “Die doel is om nooit ons eie ding te gaan doen nie” sê die uitreikmense, “maar om op versoek, en onder die leiding van die plaaslike werkers en leiers eenvoudig te help met waarmee ons kan” Dít sluit dikwels harde fisieke arbeid in.

Ander gemeentes en kerkgroepe, diensorganisasies en staatsinstellings in Limpopo vind in Thabazimbi NG Gemeente ‘n lojale en standhoudende vennoot. Toe Dwaalboom Gemeente se Evangeliesasiespan by Marico-draai ‘n nuwe tent benodig, het hulle méér ontvang in die gestalte van persoonlike besoeke en hulpverlening.

Om en in die dorp is lidmate onder meer by Abraham Kriel Kinderhuis, by skole, kleuterskole, plakkerskampe, die hospitaal en die gevangenis betrokke – altyd in noue samewerking met ander rolspelers. Wie aan Thabazimbi-Gemeente se deur klop, sal nie sommer ‘n koue skouer vind nie.

‘Ons werk met mense’ “Mense sê soms vir my: ‘ Hier is geld vir jou pro-jek, maar ek wil foto’s hê’ vertel Trudy Vorster, wat onder meer die voedselhulp aan minderbevoorregtes organiseer. “my antwoord is altyd: “ons werk met ménse, nie met dinge nie, ons sal niks doen wat die behoeftiges se menswaardigheid aantas nie” Sy voeg by “Ons gee aan mense die beste kwaliteit kos en middele, met dié boodskap: ‘Die Here sorg beter vir ons as wat ons vir ons self kan sorg’ “ Die net-werk van welwillendheid waarvan die NG Gemeente, Thabazimbi, deel is, lei tot we-dersydse ondersteuning – in één treffende geval – genoeg vleis om maande lank in minderbevoorregtes te behoeftes te kon voorsien.

In dié verarmde myndorp is daar intussen ‘n Bybelskool gestig. Lidmate bedien inwoners van huis tot huis met die Evangelie, ongeag hul kultuur of kerkverband. Dié bereidheid om grense oor te steek is ‘n refrein wat hom telkens herhaal. Dit is ook besonder waar vir die Gemeente se toegespitste uitreike na die bejaardes van die ganse dorp en gemeenskap, wat vir hulle na aan die hart lê.

“Dit gaan natuurlik nie net oor kerklike projekte nie” sê Dr Tinus Benadé, die gemeente se leraar (en deeltydse boer) “maar oor die daaglikse verskil wat gelowiges maak, dáár waar hulle beweeg, en daar waar hulle harte lê.

Ons het byvoorbeeld kundige lidmate wat, tenspyte van gespanne verhoudings en soms geniepsige reaksies, bystand aan die stadsraad aanbied. Ander is weer ernstig betrokke in die politieke lewe, ander by skole, by maatskaplike dien-ste en by landbou-belange. Gemeentelede bemoedig mekaar en herinner mekaar dat dit nie oor “ons gerief en gevoelens” gaan nie, maar oor die koninkryk, wat  ter wille van alle mense én toekomstige geslagte op elke vlak van die gemeenskap moet deurbreek.

‘ ‘n Nuwe Thabazimbi ‘

Wat hou die toekoms in? Wat word van ‘n strategies geleë dorp (130 km van al die groter buurdorpe af, en omring deur kleiner gemeenskappe) wat sy kernbedryf verloor? Mens dink onwillekeurig aan Heartlines se rolprent Hopeville, die storie van ‘n geduldige visionêr wat alle rolspelers kan inspireer om nuwe moontlikhede raak te sien.

“Die Here het reeds so iemand voorsien” getuig dr Tinus later. ‘n Sakeman, ‘n diep gelowige, het begin om nuwe lewe in die plaaslike sakekamer te blaas en moedig leiers en inwoners aan om gróót en kreatief te droom: oor ‘n nuwe Thaba-zimbi wat vir die volgende 63 jaar en meer gereed is. “Ons praat hom moed in en versterk sy hande” “Die Here het soveel kosbare gawes aan ons Gemeente gegee: diepgaande kennis van Sy Woord, saam met die gawes van onderrig: méér mate-riële middele en infrastruktuur as wat ons besef, en soveel waardevolle mensema-teriaal. Ons glo dat dit ons roeping is om hierdie gawes ruimhartig met ander te deel” bely dr Tinus Benadé met passie. Thabazimbi inspireer ‘n mens met haar rug-graat van staal én hart van goud.

 

 

Continue Reading

“Stories vir lewe”

ds DoyerStories vir LeweOns gaan 6 van Jesus se gelykenisse bestudeer…

Ds Gerrie  Doyer het vanoggend in kort vir ons kom vertel waaroor die reeks gaan. Die volledige diens is ook op audio te sien

Kwartaaltema: Stories vir Léwe

Teks: Matteus 13

Stories word verdeel in:
Goedvoelstrories (aangrypende): 
Amerikaners bombardeer ‘n gebied in Viëtnam en onwetend sluitdit ‘n weeshuis in. Een van die die dogters moes dringend ‘n bloedoortapping kry en met behulp van ‘n tolk word daar na iemand gesoek en al een wat kan help is haar jonger broer. Hy is baie ontsteld en weier. Na ‘n ruk se onderhandelinge stem hy in en die dokters wou weet waarom die vreeslike onsteltenis. Die seun was onder die indruk dat hy al sy bloed moes skenk en sterf om sy suster te red.

Gelykenisse:
Jesus leer ons deur gelykenisse “Stories vir Lewe”

Vermaaklike stories:
Boer kom tot bekering en alles op plaas moet Christelik raak. Soek na ‘n Christelike perd. Kry een te koop wat reg is. Hardloop op “Halleluja” en stop op “Amen”. Boer gaan haal perd en saal hom op toe hulle tuis kom. Perd ken nie plaas nie en op “Halleluja” trek hy weg op volspoed. Boer vergeet “Amen” vir stop en die afgrond kom nader. Hy onthou betyd en skree “Amen”. Perd stop dood. Boer roep “Halleluja” uit pure verligting.

Die fliek “Beautiful Mind” gaan oor John Nash se lewe. John bereken alles, niks word aan toeval oorgelaat en hy ontwikkel skisofrenie, sien illusies en dit vererger en hy verloor alles, behalwe sy vrou wat hom bystaan.
Sy help hom terug na normaliteit en toe besef hy dat alles hoef nie bereken te word nie, dat liefde alles oorwin. Hy word so gesond dat hy die Nobelprys wen vir iets, en sy hele toespraak gaan toe nie oor wat hy gedoen/gesê het nie, maar, oor die betekenis van liefde en dat jou verstand nie alles is nie, lefde wel.

Bybel is vol stories vir lewe.van die Skepping af, verby Adam en Eva. Noag oor redding. Trek na Egipte, die uitog, konings, profete en beloftes.
Die Meesterstorie verteller is 2000 jaar gelede gebore. Alles wat Jesus mense geleer het was in die gelykenisse. Mat 13:52 Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos ‘n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”

Krag van gelykenisse:
1. Stories oortuig: sonder om te argumenteer moet jy van die mees oortuigende storie gebruik; jou eie, jou lewensstorie.
2. Maak verbeelding wakker – stimuleer: hoor die gelykenisse en sien die gebeure in jou kop. Laat Jesus se verhale jou verbeelding weer oploop kry.
3. Dra waardes en waarhede oor op ‘n indirekte manier. Dink aan die verlore seun – die storie draai jou kop oor Godsbegrip.
4. Maak waarhede en waardes oop, definisies maak toe. Jy kan nie God defineer nie. Voorbeeld: jy kan die definisie van water gee.
5. Stories hak vas in jou gedagtes, veral as die prediker iets gebruik om die doel van die preek te illustreer.
6. Stories vra vir beslissings; Jesus se gelykennisevra beslissings. Dit vra vrae in gesprekke. Mat 13:11 Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

Continue Reading

17 Julie 2016 Tema: Lig op die onderwerp

 

Skriflesing: Lk.11:34-36

(Luk 11:34)  Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig.

(Luk 11:35)  Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.

(Luk 11:36)  As jou hele liggaam verlig is en nie ‘n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer ‘n lamp jou met sy skynsel verlig.”

Inleidend:

Buurvrou se wasgoed dof en vaal, eintlike probleem was huis se vuil vensters!

1.Agtergrond:

Lk 11:30 ev gebruik Jesus 3 illustrasies om mense se reaksie aan te toon op Sy lewe en boodskap:

2 uit geskiedenis nl. Jona en Salomo, 3e illustrasie kom uit alledaagse lewe: lampie wat op staander geplaas word om meeste lig te kan verskaf.

So was Jesus se bediening in die openbaar vir almal om te sien en te kon hoor.

Vs.34 Mense se reaksie op Jesus was soos die van ‘n oog op die weerkaatsing van lig: as die oog goed/oop/ontvanklik is – sal dit die wonder van Jesus se lewe raaksien en inlaat om hele wese te kom verlig. Maw sal dit snap en sal vreugde in persoon se lewe bring. [net soos die saad wat in die goeie grond geval het, kon ontkiem en ‘n groot oes oplewer]

Hulle wat Jesus se woorde verstaan en ingeneem het, se hele lewe is daardeur verander – daar het kennis, vrede en kalmte gekom.

Soos wat die lig by skoon vensters kan instroom en die hele vertrek kan verlig en verwarm.

Vs.35 waarsku dat foutiewe oog soos vuil vensters kan verhinder dat ek ook die effek van Jesus se liefde in my lewe kan ervaar.

Dinge soos: ongeloof/ongehoorsaamheid/vooroordeel/materialisme, ens kan maak dat ek die weerkaatsing van die lig nie kan sien of inneem nie.

Jesus sê dus: om ontvanklik te wees vir Sy boodskap is soos wanneer ‘n goeie oog voorwerpe kan onderskei wat die lig weerkaats. In donker kan mens niks onderskei nie, sien nie.

Toepassing:

Jesus gebruik nog ‘n keer die beeld van lig en die oog wat daardie lig na binne kan laat: sluit aan by Ps.119:105 en 130

(Psa 119:105)  U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

(Psa 119:130)  Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

Belangrik dat die lig nie net buite moet skyn nie, maar in ons lewens moet invloei om sy goeie werk te kan doen. Die inkom van die Woord in my lewe bring lig!

Die oog en in watter mate jou oog die lig inlaat dui hier op jou openheid vir die Woord van God en die werking daarvan in jou lewe.

2.Effek van die Woord op ons lewens?

(Eph 1:17)  bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.

(Eph 1:18)  Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,

Die vraag oor wat die afgelope jaar se reekse se temas vir my as persoon/ons as groep/ as gemeente beteken het, het hiermee te doen:

*as my oog oop en helder was – sou die waarheid van die Woord na binne gevloei het en my lewe verlig het

*as my oog dof /vensters vuil was v/d sonde in my lewe sou ek niks raakgesien of ingeneem het nie

Verskeie keer lidmate gehoor wat sê : “dis asof daar vir my ‘n nuwe lig in hierdie afgelope jaar opgegaan het. Skielik ‘n nuwe verstaan gekom het.

  • Waarvan? Van God se bedoeling met my lewe en sy verwagting van my as lidmaat van Sy kerk en gemeente [myself beter leer verstaan]
  • Omdat ek myself tot ander in ‘n groep verbind het, het ek ander ook beter leer ken
  • Ek verstaan nou dat ons saam beter is en beter kan uitreik
  • Beter kan dien / aanbid ens.
  • Alles tot Sy eer beter kan doen.

Slot:

Nuwe reeks vir derde kwartaal is: “Stories vir lewe” Ons gaan 6 van Jesus se gelykenisse bestudeer…

Vraag is : “wat gaan die effek wees op my lewe? Gaan die lig na binne stroom en my hele lewe verlig?

Gaan ek in die toekoms probeer om ‘n beter spanspeler te wees?

Gaan ek ander toelaat om naby my te kom?

Gaan ek my Godgegewe passie laat ontwikkel tot ‘n bediening?

[ek kyk nou anders na die lewe… ek kyk met nuwe oë..]

Deur Sy Woord het die HG ons vensters kom was – sodat ons weer met nuwe oë na God / medelidmaat/ self kon kyk.

Continue Reading

Tema 6: Kol 4:1-18 ‘n Gemeente vol gebede

Teks: Kol 4:1-18

Tema: ‘n Gemeente vol gebede

Inleidend:

Kolossense ‘n brief vol gebede: Begin met gebede vir die jong gemeente [..ons bid vir julle..]

Sluit weer met gebede: nou vir mekaar [..volhard in gebed / bid vir ons..]

*probleem sedert Jesus se dissipels al ..” Wat moet ek bid? / Hoor God my? Sal Hy my antwoord?”

1.God verhoor gebed en word verheerlik!

God wil ons seen: niks verheerlik Hom meer as die afhanklike gebed van Sy kinders nie! Hy verhoor ons gebede en gee ons vreugde – sodat Hy eer sal ontvang!

Bybel stel ons voor aan

  • Jesus in gebed
  • Paulus in gebed
  • Openbaring …aanbidding gaan voort [gebede is wierook in bakke]

John Piper: “..prayer is the translation into a thousand different words of a single sentence : “…apart from Me (Jesus) you can do nothing..” [Joh.15:5]…”

Niks verheerlik God meer as ‘n mens wat aan die einde van hom/haarself gekom het en na Hom uitroep om hulp nie….

(Mat 5:3) “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Psalm 141:2 Mag my gebed voor U wees soos ’n wierookoffer,  die uitstrek van my hande  soos ’n graanoffer in die aand.

(Psa 50:15) Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

3 sake:

Bid in jou situasie

God sal jou help

Hy sal die eer ontvang….

Slot:

2 voorbeelde van praktiese gebed:

  • Babadogter gedoop: almal wat van haar geboorte weer sal altyd onthou hoe daar gebid is vir lewe vir hierdie baie siek kindjie
  • Vandag groet ons ‘n broer wat 40 jaar in die myn gewerk het: 27 jaar gelede het hy die Here ontmoet en man van God en bidder geword… rekords in produksie / geen fatale ongeluk in sy afdeling gehad nie / werkers by huis besoek en boosheid uit hul huis gebid / Moslem hoof laat vergaderings met gebed open…
  • Wat sal my by nuwe ervaring van Jesus se teenwoordigheid in my lewe bring? Nie mense / programme nie.. net gebed!
Continue Reading

Tema 5: Dit gaan oor verhoudings:

Teks: Kol 3: 17,22+23

Inleidend:

Reeks met 5 temas:

  • Brief stampvol gebede
  • Jesus groot bo almal
  • Weggelok van alles wat saakmaak
  • Nuwe klere
  • Verhoudings

Sleutelvers:

Kol2:6+7 “..leef in verbondenheid met Jesus….”

Verhaal van oom Chris Fourie wat dorpie op eiland se waterprobleem aanspreek en Imam kom tot bekering!

(‘n Vreemdeling wat op eie onkostes ‘n waterpomp vervang om die lewe vir die inwoners te verbeter en hulle die ou in wonders en Moslemleiers doen niks aan die omstandighede.)

Paulus se brief leer dat God alles in hemel en op aarde met Homself versoen het – deur Jesus! Beteken dat verhouding met Hom herstel is = maar ook ons verhouding met mekaar.

As Jesus my lewe kom nuutmaak – maak ook al die verhoudings waarin ek staan nuut!

Kruis van Jesus het alles /vir altyd / dramaties kom verander! Wereld sal nooit weer die selfde godverlateplek wees nie! Oral waar die lig deurgebreek het het alles verander ! Ook samelewings! Weer in Mauritius ook gesien!

Oral waar sendelinge Jesus verkondig het, het mense se lewens en omstandighede verander….(het dit gesien ook in verhaal van die inboorlinge in Amasone wat sendelinge vermoor het…)

  1. Mag word nie meer misbruik nie:

Jesus se woorde in Mt. 20:25-28 word weer in behandeling geneem:

  • Ons weet nou dat Jesus die belangrikste in ons lewe is! Vraag is hoe? Wat beteken dit nou prakties in elke dag se lewe, verhoudings en probleme? [ brief raak prakties – oog op situasie van Onesimus en Filemon]
  • Paulus wil duidelik maak dat Jesus wat mense nuutmaak en oormaak = ook hul verhoudings nuutmaak – huwelik, gesin, familie
  • Sonde in die ou mens [selfsug] bring noodwendig magsmisbruik mee – Rome die beste voorbeeld van magsmisbruik, korrupsie, wreedheid en mishandeling…
  • Paulus kom beklemtoon weer Mt 20 [enige gesag: in kerk, familie, samelewing = geleentheid vir diens –geleentheid om soos Jesus te leef
  • Jesus se volgelinge behandel niemand onregverdig, onmenslik, afbrekend nie.. maak nooit misbruik van iemand nie!
  • Lewensmaats, ouers en selfs werkgewers tree nie so op nie!Toepassing:HG moet ons help om reg te maak! Bely en reg te stel!
  • Jesus moet my kom leer om enige gesagsposissie waarin ek staan (huis/werk/skool) te beskou as ‘n geleentheid om ‘n dienaar van ander mense te wees = meer soos Jesus te wees!
  • Het ek al as lewensmaat/ ouer/ toesighouer / werkgewer.. ongenaakbaar en onregverdige besluite geneem? Self laat geld? Ander mense ontmoedig en verbitter laat voel?

2.Wie sien my raak? [..doen alles soos vir Jesus..]

Christene ook in ons dag – los die Bybel en boodskap by die huis as werk toe gaan! Tree baie liefdeloos en selfsugtig op = dien ‘n ander god in die werksplek nl. Geld

Hierdie brief het as motivering die storie van Onesimus wat weggeloop het. Nou is hy en sy eienaar volgelinge van Jesus! Wat nou gedoen? Gaan ons maar aan soos voorheen? NEE = nou saam in die gemeente, saam aan die nagmaalstafel.

*Jesus hef die onderskeide op: gee waarde aan alle mense = vroue,kinders, slawe en vreemdelinge

*my werksplek is nie bloot waar salaris/ byvoordele /selfvervulling ter sprake is nie ….

*ek is uitgekies, gerestoureer vir ander rede: om nou die beste mens te wees in die posissie waar God my in daardie stadium van my lewe geplaas het!

*moet toelaat dat Hy my nou daar sal gebruik om die sout en die lig te wees [Beetle bring eer aan die eienaar wat gerestoureer het!]

*gaan daaroor in my lewe altyd my heel beste te doen sodat mense rondom my iets van die liefde /energie/ mag van God kan sien [3:17 + 22-23]

*Christus is die Here in wie se diens ek eintlik is! Hy is die Een wat ek gelukkig wil maak!

Slot:

Geroeste Beetle is gered van die “scrapyard” en pragtig gerestoureer. Deel van versameling geword waarop eienaar baie trots is!

Ek dien God nooit in afsondering nie = word deel die familie / liggaam!

Hier geld heeltemal ander reels! Die liefde van Jesus bepaal alles!

Continue Reading

Tema 4. Kollosense 3 1-17 Jesus verander almal …Dit verander als…

Kinderdiens Ng Kerk Thabazimbi
22 Mei 2016
Prediker: Abraham Groenewald

Nuwe klere!
• ‘n Straatkind sit op die sypaadjie en kyk hoe die karre verbygaan.
o Sy hare en vel en klere is maar net verskillende skakerings bruin.
o Hy is 16
o Hy weet al te veel van die lewe af, maar nog niks van regtig lewe nie.
o Hy weet ook nie van tafel maniere of hande was nie.
o Hy weet nie van ‘n badkamer nie.
o Hy weet nie die f-woord is vloek nie.
o Hy dink dis maar net sinoniem vir baie.
• Toe kom die Koning verby en stop met sy bloedrooi Ferrari voor die kind.
o Die kind sien dit en probeer met sy vuil hande sy vuil gesig skoonvee.
o Dit werk natuurlik nie
o Die koning besluit om die kind aan te neem,
o En laai hom binne in sy rooi Ferrari en ry deur die strate tot binne in die mure van sy paleis.
o Hy laat die kind bad, sny sy hare en trek hom skoon en netjiese klere aan.
o Hy kondig in sy koninkryk af dat hierdie kind van nou af sy prins is.
o En dat niks dit kan verander nie.
• Hulle gaan sit die aand in die koninklike eetsaal
o Die kos is baie en dit lyk lekker.
o Die kind val weg en vreet soos ‘n vark.
o Nadat hy die water uit die glas geslurp het vee hy sy hande aan die tafeldoek af
o En roep uit f- die kos is lekker.
o Hy gebruik die sinoniem.
• Die Koning staan op en kom sit langs die kind en sê:
o Jy is nou deel van my koningshuis.
o Ek het jou verklaar as my prins en niks gaan dit verander nie.
o Wat jy nou moet leer is
o Om oor jouself te dink as ‘n prins…
o Want ek gaan jou nou al hoe meer verander in ‘n ware prins.
o Jou ou lewe is verby, jou nuwe lewe het begin.
• Ek verander als, maar nou gaan als vir jou verander.
• Die kind kyk op in ‘n vasberade koning se liefdevolle oë in en hy knik.
o Hy weet hy het vêr om te gaan om ‘n volwaardige prins te wees…
o Maar op grond van dit wat die koning gedoen het,
o Weet hy dat hy ook klaar ‘n prins is.
o Terwille van hierdie koning en die eer van die koningshuis,
o Wil hy graag word… dit wat hy nou reeds is.

Jesus verander als
• Wat jy oor jou eie sonde dink
• En wat jy oor godsdiens dink…
• En dit behoort las in jou lewe te verander.

Als verander hoe jy oor kou eie oplossings vir sonde dink
• As jy ontdek dat Jesus groot genoeg is om genoeg te wees vir jou sonde (Kol 1:15-23)
Als verander wat jy oor godsdiens dink
• As jy ontdek dat jy nie in ‘n sisteem hoef te werk nie omdat Jeus klaar gewerk het (Kol 2:6-23)
Dit is wat ons tot nou toe uit Kollossense geleer het.

Party mense sal sê: hierdie is goeie nuus, hierdie evangelie,
Dis die perfekte verskoning vir Christene om maar net verder te lewe soos nie-Christene:
Saamslaap, dronkword, vloek…
• Jesus doen mos als…
o Ons sal selfs paasfees vier en paaseiers eet
o Ons sal selfs kersfees vier en geskenke koop
o Maar my lewe regtig verander? Nee…
Maar as jy begryp dat:
o Jesus se werk ‘n verandering aan jou identiteit gemaak het,
o Soos die straatkind…
o Behoort dit ook te verander hoe jy oor jouself dink
o En behoort als in jou lewe stadig maar seker te verander.
Dis waaroor Kollosense se derde hoofstuk gaan.
Hier word verduidelik:
o Hoe egte Christene oor hulleself behoort te dink
o Dat hulle daarom hulle lewens anders behoort te benader,
o Want God se doel is meer as redding.

Lees Kollosense 3:1-11

Hoe Christene oor hulle self behoort te dink:
• As vers 1 sê:
o Dat ‘n Christen moet strewe na die dinge wat daarbo is waar Christus is
• En vers 2
o Dat Christene hulle gedagtes moet rig op die dinge wat daarbo is,
o Is dit dieselfde as om vir daardie nuwe prins in sy kamer te sê:
 Kyk, besef jy nou als het verander… en daar buite is jou juwe pa wat jou lewe in ‘n nuwe rigting gaan stuur.
 Noudat jy hier is,
Moet jy v1- Soek vir en hard werk aan als wat te make het met prins wees,
Moet jy v2- mooi dink en jou strategie uitwerk om hierdie nuwe dinge deel te maak van jou lewe.
• En dit moet gebeur, sê vers 2,
o In plaas daarvan om nou te sit en top oor die lewe wat jy agter gelos het.
o Daardie straatkind moes heeltyd dink oor steel en lieg vir versorging en liefde,
 Maar dis mos nou nie meer nodig nie.
• Want ,sê vers 3,
o Die vorige ‘jy’ is dood in God se oë
o En die nuwe jy is in Jesus veilig weggebêre in God self
 Al kan jy nie noodwendig môreoggend die verskil in jouself sien as jy in die spieel kyk nie,
 Sê vers 4 dat eendag wanneer Jesus weer kom,
Sal die verskil in jou wel gesien kan word.
• As jy ‘n Christen is, is jy klaar aangeneem en veilig toegevou in God.
o Maar dis nie iets om nou te vergeet nie
o Dis iets om jou kop om te probeer keer
 Sodat jy kan begin uitwerk wat dit in jou lewe verander.
Hoe egte Christene hulle persoonlike lewens moet benader
• As jy jou kop daar rondom begin kry, gaan als verander:
• Vers 5 sê dat daardie straatkind al sy ou maniere van probeer oorleef
o Nou aan die keel moet vat
o En een vir een hulle nekke moet omdraai.
 Wurg tot dit ophou skop en uiteindelik dood is.
• Seksuele onsedelikheid moet dood
• Onreinheid-wat vuil maniere is… moet dood
• Wellus – “lust’ in jou kop, op jou screen en in jou grappies moet dood.
• Slegte begeertes- slegte motiewe… moet dood
• Gierigheid vir wat ander het… moet dood

Dis mos tipies die dinge wat God haat en gestraf word in mense wat nie Sy kinders is nie (V6).
Dis juis die lewe waarin jy was en waaruit jy gehaal is (v7)
Om dan daarin aan te hou lewe is mos gladnie OK nie.
Hierdie is ‘n groot siekte van Christenskap vandag. Als is mos maar OK.
Maar wag… daar is nog meer…
o Terwyl ons besig is
o Is daar nog dinge wat eenkant toe gegooi moet word
 Soos ou vuil klere wat jy uitgetrek het (storie van pa wat werk)
• Woede – waarmee jy ander probeer intimideer
• Haat- waardeur jy eintelik net jou diep seer probeer toemaak
• Nydig – gemeenheid waarmee jy ander wil seermaak
• Vulgêre vuil woorde- om jou woordeskat krag te gee
• En leuns – waardeur jy dinge in jou guns probeer swaai.

o Dit klink amper soos:
 Binnelander
 Game of Thrones
 Suits
 Alles in een gerol
En dalk besef jy dis die boublokke van jou eie lewe.
As jy nie ‘n Christen is nie,
o Is dit al wat jy het om te probeer oorleef.
o Want jy het niks of niemand anders wat jou versekering kan gee dat jy die lewe gaan oorleef nie.
Maar as jy ‘n Christen is,
o Aangeneem is deur die Koning van die Heelal,
o Is dit die dinge wat hoort by jou lewe
 En waarvan jy moet bekeer.
o Dis die dinge wat jy moet nekomdraai en soos ou klere weg gegooi…
 Nie sodat jy sy kind kan word nie…
 Maar omdat Hy jou in enorme genade Sy kind gemaak het
 Want Hy het ‘n groter doel wat baie meer werd is as jou redding.
God se doel is meer as jou redding
• God se doel is om elke aanneem kind
o Weer al hoe meer soos Hyself te laat lyk, sy Beeld,
o En dat elke aanneemkind Hom weer ken
 Soos hulle bedoel was om Hom te ken
o Om weer prinse en prinsesse in sy paleis te wees,
o En dit sal een groot getuienis wees van God se goedheid
 Soos dat Hy dooie nikswerd mense lewe gee
 Sonder dat hulle dit verdien
 En hulle weer laat groei in ‘n verhouding met Hom.
• God bereik nie sy doel as Hy jou gerd het nie…
o Die doel word bereik as jy weer al hoe meer God se goedheid en glorie in Thabazimbi bekendstel
o Deur self in die harde pad van hierdie lewe werklik te verander
o Omdat jy werklik verstaan dat jy ‘n nuwe identiteit het.(labels)

Vers 11 verduidelik dan hoe God
o Vir hierdie proses en doelwit
o Enige iemand van enige plek af kan gebruik
 Want dit gaan nie oor wie jy is of waar jy vandaan gekom het nie
 Maar oor Jesus
o Self jou, vandag, soos jy is!
Jesus is groot genoeg en is genoeg en het genoeg gedoen om alles en in almal te wees…
Dit verander als in enige iemand se lewe.
Dis waneer ek my gedagtes daarmee besig hou, volmaak en daarna strewe
o Dat ek binne in my ontdek wat die dinge is waarvan ek moet wegdraai.
o Waar ek moet omkeer en bekeer
o En as ek bly onthou dat Hy my in Sy liefde vashoy en dra
 Dat ek al hoe minder op hierdie dinge staatmaak om my vas te hou en te dra.
Bekering is iets wat binne in jou gebeur en met jou hele lewe gebeur.
Bekering is die binne ratte van Christen wees ( volla)
Ratte wat aanhou draai
Weg van jou ou identiteit en lewe na jou nuwe identiteit en jou nuwe lewe…
Met Jesus wat daar is… in almal.
En binne jou… word God weer sigbaar vir mense.

Deur Sy dood en opstanding neem Jesus kinders soos ons aan.
Hy is groot genoeg om genoeg te wees;
En het genoeg gewerk sodat jy nie hoef te werk nie.
Jesus verander als wat jy dink oor jou eie sonde en wat jy oor godsdiens dink… dit behoort jou hele lewe te verander.
Dink anders oor wie jy is,
Lewe anders…
Want God het gered om jou weer as Sy verteenwoordiger is sy wereld te gebruik.
Vir Christene is Jesus alles en dit verander alles.

Continue Reading