2016/04/17 Kolossense reeks Tema 1: ‘n Brief vol gebede

17/04/16
Kolossense reeks
Skriflesing: Kol 1:1-14 en 4:2-4+12
Tema 1: ‘n Brief vol gebede
Inleidend:
Wat laat verhoudings werk/ groei? Hoe kan mense mekaar beter ken en verstaan? Aanhou liefhê? = Kommunikasie [anders word julle vreemdelinge]
• God skep mens as die enigste in die Skepping wat Hom kan ken en in verhouding kan staan, beter kan leer ken!
• God praat met ons op verskeie maniere maar veral uit Sy Woord
• Ons praat met Hom in gebed
• Hoe gaan dit met jou verhouding met God? Waar kyk? = Gebedslewe!
• Weet God wat in jou kop en hart leef? Warm /koud/ lou?
• Nie een van die goed wat ek ook moet doen nie – die heel belangrikste
• Krag en groei kom hier! Vyand weet dit – sal alles doen om jou te besig te maak om te kan bid
Deel 1: Gevangenisbriewe 60-62nC
Paulus se bekering, reise bring hom na Efese, 2jr en hele gebied in Turkye hoor die evangelie. Mense het gegaan en vertel – bekerings en gemeentes gevorm. (Open 2)
Hd 19: 9 Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou.
10 Dit het twee jaar lank so aangehou, sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het.
Lyk sos vallei hoor ook en 3 gemeentes word gevorm. Kolosse ook. [Hierapolis en Laodicea]
61 nC is Paulus in die tronk in Rome. Saam met hom verskeie ander Christene uit Turkye en Griekeland. Werk hou nie op nie! Nou grootliks gebed.
Onesimus die slaaf is ook daar, hy kom tot geloof en wil terug. Epafras vertel van die 3 gemeentes en al die pragtige groei! Die uitstaande kenmerk is die liefde van Jesus wat hande en voete kry.
Besluit om 3 briewe te skryf om hulle te laat weet dat daar ernstig vir hulle gebid word! Bekommerd dat jong Christene weggelok sal word van Jesus – brief om te bemoedig en te beskerm = Belangrike tema: “Wie Jesus het het alles!” Hy is absoluut uniek en Hy maak mense nuut (Volla)
Brief is suiwer goud/ “konsentraat” = bedoel om jong Christene in te lei in die groot geheime van God en nie deur die vyand te laat weglok van Jesus se algenoegsaamheid nie.
Tigikus en Onesimus sou die briewe saam na gemeentes neem

Deel 2: Deurweek in gebed:
Opvallend is die klem op gebed. Paulus (soos Jesus) ken die krag daarvan om in God se teenwoordigheid te mag wees. Praat van bid sonder ophou. “..vs.3 bring ons voor God ons Vader in herinnering…”
Ook die geval aan die einde van die brief: “4:2 …vohard in die gebed, bid ook vir ons … en dat die evangelie verder mag gaan…”4:12.. Epafras bid ernstig vir julle.. dat julle staande mag bly..”
Hoe belangrik hierdie brief en kosbaar vir hulle! Gelees en gebere – ons het dit steeds vandag!
Geen Bybel gehad nie! Hierdie lering en Paulus en Epafras se gebede het staande laat bly en Woord kon verder versprei.
Toepassing:
Merkwaardig dat oral in die wereld vandag waar manne /vroue steeds dieWoord uitdra en gebed is die belangrikste deel van hul werk. Elke sendeling by wie ons gemeente betrokke is, is ‘n bidder! Kan nie leef of werk sonder gebed nie [sekuriteite ontbreek..] vb Johan Bloemhof se bussie in Frankryk.
Wonderlik om naby sendelinge te mag leef, niks gebeur sonder gebed nie. HG werk daar waar gebid word. Staan in voorste linie teen vyand wat alles doen om gebed te keer.
(Eph 6:10) Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.(Eph 6:11) Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.(Eph 6:12) Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug…….
(Eph 6:18) Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.(Eph 6:19) Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.(Eph 6:20) Ter wille van hierdie evangelie is ek ‘n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.
Dit moet ook waar wees van elke gelowige! Niks sal ook in my lewe gebeur voordat ek nie medestryder in die geloof geword het nie = waar word die geveg gewen/ verloor? Op my kniee voor God.
Deel 3: Eie belewenis:
Kursus bygewoon in Moreletapark vir leraars. Wonderlike bemoediging.
Belangrikste les geleer was die belang van gebed: daar was bidders vir alles, ook ‘n bidder wat my vooraf gekontak het en gebid het vir my! Tydens die kursus mense wat daar is en bid! Elke aand het bidders gekom en saam met elkeen gebid .
Besef gemeente kan nie groei, Heilige Gees sal nie werk, bekerings sal nie plaas vind as gemeente nie bid nie. Besluit geneem om terug te kom en in my eie lewe baie meer te fokus op gebed. Alles in gemeente anders te begin doen en baie meer te bid!
Evalueer: Lewende gemeente, groei, liefde, gawes, maar is ons ‘n biddende gemeente? Nee! Gebedskamer nou pakstoor geword. Lys op tafel wat bidders gevra het, net paar name op – het nie kultuur van gebed nie. Eredienste, groepe, vergaderings alles moet verander en baie meer klem op gebed.
Slot:
Opgewonde om te sien dat Heilige Gees tans die hele kerk in die wêreld oproep tot erns oor gebed. Vb. Warroom film
Gaan anders begin doen: Baie meer klem lê op gebed. Opleiding gee, geleenthede skep. Gaan vandag begin: na elke erediens sal daar iemand wees om saam met jou te bid in die moederskamer. Gebedskild oprig van bidders wat vir leraars en gemeente bid.
Vraag: Kommunikeer jy maar net omdat jy moet in jou huwelik? Nee, jy wil vertel en jy wil hoor!
Gebed is nie swaar werk, doen maar net om dat verwag word nie = grootste drang en vreugde! Hart van my verhouding met God!

Kyk ook na