Stories vir Lewe Tema 4
Prediker: ds JZ de Jager
21 Augustus 2016
Mat. 18:21-35 Dis net ‘n skurk wat nie vergewe nie
Ons is besig met die reeks Stories vir die Lewe. En iets wat my opval van hierdie reeks is hoe meer ek met die verhale wat Jesus vertel het besig is, hoe meer besef ek dat al hierdie verhale hulleself elke dag afspeel in ons eie lewens, vandag, hier waar ons bymekaar is.
Die gelykenis wat ons vandag behandel gaan oor vergifnis en die tema waarna ons kyk is – Dis net ‘n skurk wat nie vergewe nie. Dit is harde woorde wat mens baie vinnig laat dink aan jou eie lewe en die manier wat jy vergewe, of nie vergewe nie. En as mens dink aan die manier hoe jy vergewe, of nie vergewe nie dan regverdig jy ook sommer baie vinnig hoekom jy so oor die saak voel.
As ek jou vandag sou vra wat is jou definisie van vergifnis, wat sou jy sê… Of hoe sou jy vergifnis verduidelik aan ‘n 5 jarige kind sodat hulle dit verstaan, hoe sou jy dit doen?
- “Forgiveness is not an occasional act, it is a constant attitude.” -Martin Luther King, Jr.
- “Forgiveness is letting go of the hope that the past can be changed.” Anoniem
Ek lees van ‘n artikel wat in die Cape Argus verskyn het in Februarie 1990:
In die artikel vertel ‘n joernalis van ‘n meneer Nelson Mandela se vrylating uit die Pollsmoor gevangenis na 27 jaar in die tronk. Die joernalis vertel dat hy baie naby aan die paadjie gestaan het, en kon dus al die verrigtinge baie mooi dophou. Toe die deure oopgaan, het hy vir ‘n baie vinnige oomblik ‘n bitter, harde trek om die mond van die wêreld beroemde, 72 jarige gevangene opgemerk. Maar dit was asof daar ‘n vasberade trek in Nelson Mandela se oë verskyn het, wat veroorsaak het dat sy gesig versag het. Met ‘n rustige uitdrukking op sy gesig het Nelson Mandela die duisende mense voor die tronk gebou tegemoet geloop. Dieselfde joernalis sou mnr Mandela op ‘n later stadium ontmoet en op daardie geleentheid het hy hom gevra of sy waarneming daardie dag reg was. Mandela het vir ‘n oomblik voor hom uitgestaar, en sy kop geknik en erken dat hy op daardie stadium nog nie losgekom het van die gevoel van verontregting nie. Toe hy uitstap en al die mense sien, waaronder selfs gevangenis beamptes was, was dit asof daar ‘n stem vir homself gesê het: Nelson, die afgelope 27 jaar was jy ‘n vry man, al is jy in tronkselle aangehou. Moenie toelaat dat jou gevangenemers nou amptelik van jou ‘n vry man maak, terwyl jy van jouself weer hulle gevangene maak deur jou onvergewensgesindheid nie. Nelson Mandela het die wysheid gehad om te besef dat daar geen groter gevangenis is nie as die waarin jy jouself toesluit as jy weier om jou vyand te vergewe, en vasgeketting bly deur boeie van haat.
In gesprekke waarby ek die week betrokke wat waar ons bietjie saam gedink het oor hierdie teks het frases soos “Elke hond kry sy dag…” en “Die wiel draai…” opgekom. Want dit is die wêreld waarbinne ons leef se houding. Ons weet wat is die regte ding om te doen en ons ken al die regte antwoorde, maar om te vergewe ko nie altyd so maklik nie…
Die wêreld wil ons leer dat as ons vergewe dan is ons swak MAAR Jesus wil ons vandag net weer kom leer dat dit net skurke is wat nie vergewe nie.
Kom ons lees saam uit Mat 18:21-35
Die eerste deel van hierdie gedeelte gaan oor Petrus wat vir Jesus kom vra oor vergifnis. Dit wil lyk of Petrus met ‘n bietjie hoogmoed hierdie vraag vir Jesus kom vra het. Die Rabbynse voorskrifte oor vergifnis was drie-maal. Jy moet iemand drie-maal vergewe. Petrus kom dan, en wys eintlik dat hy iets van die Rabbynse voorskrif verstaan, maar dat hy ook bereid is om meer te vergewe, nl sewe maal. Petrus kon sekerlik een van twee gedagtes gehad het…
- As ek sewe keer vergewe dan gee dit my darem ‘n tyd om vriendelik en mooi te wees en alles te doen wat van my verwag word… Dan doen ek my Christelike plig… Maar dit moet mos êrens stop dat ek hom iets kan gaan aan doen…
- Of sy gedagte kon iets wees soos ‘n stewige kwota goedhartigheid… Hy wil vir Jesus uitstaan as iemand besonders…
Ons weet nie wat sy bedoeling was nie, of dit positief of negatief was weet ons nie, maar een ding weet ons: Hy wil hê dat Jesus ‘n perk moet stel aan die Christelike naasteliefde.
Sommer so terloops, ek weet nie van julle nie, maar ek het ook al dieselfde tipe wens gehad… Dat daar net bietjie perke is aan goed wees, en reg optree, en vriendelik wees, en nie liggeraak wees nie, en om nie te hoef te vergewe nie… Partykeer wil mens mos met hierdie gevoel sit hier binne-in ‘n mens??
Petrus wou ‘n merker kry wat sê: tot hier toe moet jy dit doen en dan nie verder nie… Ons sê dit mos ook… Ek is maar net ‘n mens… Ek raak partykeer vinnig kwaad… Ek sê partykeer goed sonder om te dink… Wat ons eintlik sê is ek wil maar net met dieselfde mate die ou/meisie terugkry as waarmee hulle my gekry het. Maar dan kom Jesus uit ‘n ander hoek uit en kom vertel vir ons ‘n gelykenis wat ons eintlik nie wou gehoor het nie…
Vertel weer die gelykenis…
As mens die gesprek tussen Jesus en Petrus in ag neem terwyl mens die gelykenis lees, dan kom mens agter dat Jesus vir Petrus probeer verduidelik wat die aard en doel van vergifnis is, naamlik:
- Vir mense om mekaar te kan vergewe, kan net verstaan word in die konteks van God se vergifnis van mense. Daarom vergewe die koning in hierdie gelykenis die persoon se onvergeeflike skuld. (Die bedrag wat die man aan die koning skuld is moeilik om te verduidelik. ‘n Dagarbeider het ‘n sekere bedrag geld gekry, dit was ‘n Romeinse muntstuk, ‘n Denarius, of denarii. So na ‘n dag het ‘n werker hierdie muntstuk gekry. Hierdie ou het die koning ‘n bedrag geskuld wat ‘n dagarbeider in 150000 jaar sou verdien. Dit is ontsettend baie geld, amper onmoontlik om te bereken, Amper so moeilik soos om te probeer bereken met watter genade God ons vergewe het.
- Om die storie net nog meer boeiend te maak kom mens agter dat hierdie persoon wie se skuld vergewe is nie regtig besef wat gebeur het nie. Nêrens kom mens agter dat hy sy vryheid wil vier, of dat hy bly is dat hy vergewe is nie. Vir hom gaan vergifnis oor somme. Daarom maak hy die absurde belofte dat hy alles sal terug betaal. Hy verstaan nie dat vergifnis niks te make het met wat jy kan terugbetaal nie, maar met die genade dat jy vergewe is.
- Omdat hy nie vergifnis ervaar nie, kan hy dit ook nie deel met die mense om hom nie. Dis waarom hy ook nie die genade van vergifnis kon deel met iemand wat hom iets skuld nie. Dis juis die bedoeling van vers 35 om te sê dat vergifnis met ’n hartsverandering te make het…
- Met hierdie gelykenis wou Jesus juis vir die beterweter en skandemaker Petrus sê: “Ek vergewe jou nie omdat jy dit verdien nie, of omdat jy dink jy kan terugbetaal wat jy skuld nie, maar omdat ek jou liefhet Petrus.” Vergifnis is nie wat jy alles moet doen om jou skuld betaal te kry nie, maar om die genade van my liefde vir jou te kan ervaar en te aanvaar.”
- En as jy dan hierdie vergifnis ervaar het, gaan deel dit dan met die mense om jou, elke dag. Die Duitse teoloog Helmut Thielicke het op ‘n keer gesê: …”God se genade (vergifnis) is soos ʼn aflosstokkie waarmee ek in die aflosspan hardloop, ek kan net in die aflosoorwinning deel as ek die stokkie aangee wanneer ek moet. As ek die stokkie vir myself hou… self alleen daarmee verder hardloop… ja, selfs al kom ek daarmee eerste by die wenpaal aan… sal ek gediskwalifiseer word… want die aflosreël sê jy moet die aflosstokkie aangee na die volgende atleet in jou span.”
Ek wil afsluit met ‘n gebeurtenis wat in SA afgespeel het so ruk terug:
Dis ‘n voorbeeld van versoening wat werk
Dit kom uit ‘n boek van Andrew Harvey “The hope, a guide to sacred activism.”
Hy vertel hierin van hierdie ou swart vrou, toe al byna blind, wat voor die Waarheid-en-versoeningskommissie verskyn het saam met die witman ene mnr. van de Broek, wat daar bely het hoe hy haar man en seun voor haar gemartel en vermoor het. Een van die kommissielede vra toe vir haar: “Hoe dink jy sal ons reg kan laat geskied aan jou wat jou familie op hierdie aaklige manier moes verloor het.” Die ou vrou antwoord toe: “Ek wil drie dinge laat sien gebeur:
- Die eerste is iemand moet my vat na daar waar hulle my man aan die brand gesteek het. Ek wil sy as loop bymekaarmaak en hom ordentlik begrawe.
- Die tweede ding wat ek vra… my man en seun was die enigste familie wat ek gehad het, daarom wil ek mnr. van de Broek as my seun aanneem. Hy moet twee maal ʼn maand vir my by my huis kom kuier sodat ek met hom die liefde kan deel wat daar nog in my oorgebly het.
- Die derde ding wat ek wil vra, is dat iemand my nou moet kom help om na mnr. van de Broek toe te kan loop sodat ek my arms om hom kan sit en hom vashou sodat hy kan weet dat ek hom vergewe het.”
Hulle kom help haar toe na mnr. van de Broek toe. Hy, oorweldig oor wat hy gehoor het, val toe net daar flou neer en almal in daai hofsaal staan toe op en begin sing “Amazing Grace.”
Harvey sê toe ek hierdie storie lees, toe besef ek dat in daai hofsaal iets gebeur het wat mnr. van de Broek nie gedink het ooit met hom sou kon gebeur het nie, oor die “stupidste” fout wat hy in sy lewe kon gemaak het nie. ‘n Ou swart vrou gee hom ‘n stuk onvoorwaardelik liefde wat hy nie kon verdien nie en neem hom as haar eie familie aan.
Vergifnis is nie lekker of maklik nie. Dit kom nie vir ons natuurlik om iemand met genade te hanteer nie. Maar vir ons om waarlik die lewe te leef wat God vir ons beplan het, moet ons besef dat dit net ‘n skurk is wat nie kan vergewe nie.
Ek gaan geleentheid gee vir stilgebed…
Dink bietjie na oor jou eie lewe:
- Het jy al hierdie vergifnis wat God vir jou gegee het aanvaar?
- Is daar nog iemand in jou lewe wat jy nog nie vergewe het vir die onreg wat hulle jou aangedoen het nie?
- Is daar miskien iemand wat jou nog nie vergewe het nie, vir die onreg wat jy aan daardie persoon gedoen het?
Stories vir lewe. Tema 3
Tema 3: Moet nooit tou opgooi nie
Prediker: dr Tinus Benadé
Teks: Lk 18:1-9
Inleidend:
Verhaal net in Lukas opgeteken? Plaas meer klem op gebed in sy evangelie en Handelinge ?
Paulus op 2e sendingreis leer ken as hy in Troas aankom. Tot geloof gekom vergesel na Griekeland en Filippi. By Paulus die erns van gebed, die krag van gebed, die noodsaakvan gebed, die volharding in gebed geleer! Tronkdeure gaan oop, Here se hand in Paulus se storie gesien en die vrug op die arbeid – die deursettingsvermoe…
Maak veel meer van gebed ….[tekste]
1.Verhaal van die groot kontras:
Regter het geen ontsag vir God of mense nie [gehoorsaam nie die wet nie] nogtans sal die vrou se aanhoudende gevra / knaende versoek = sy houding verander! Netnou kry ek blou-oog.
Punt wat Jesus maak is dat Sy volgelinge tot God moet nader en Hy sal tot hulle nader!
Vs1 Jesus het vir hulle ’n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word…
Prayer is not one quick session of listing needs and expecting immediate results. Prayer is continuing to talk to God with persistence. Prayer is based on absolute faith in God, so it never gives up, knowing God will answer when and where he chooses. Prayer also knows that God expects us to keep on praying until the answer comes.
Gebed is die asemhaling van die siel! In kontak wees met God – lewenswyse van gedurig met God praat – hetsy in my gedagtes of op my kniee in my binnekamer.
2.Die een tot wie ek bid – is aan my kant!
Gebed is nie inbelsentrum en ou aan die anderkant wil nie/kan nie help nie! God is aan die anderkant van jou gebed. HG tree namens jou in en tolk jou bedoelings!
Rom 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie
Vraag:(vorige tema) Sal vader wat uitstorm en omhels – jou gebede ignoreer? Sal Hy nie eerder jou kortknip en veel meer gee as wat jy dink of droom nie?
Liedboek: [o God wat ryk is aan ontferming weerhou genade nooit van my..maar hou my steeds in U beskerming by U sal ek vir altyd bly..ek loof en prys U deurentyd….]
Groot kontras: as korrupte regter toegee = hoeveel te meer ….
Vs.7 Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!
(Sag.2:8) So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel.
Toepassing:
Hoor so dikwels: “ek bid al so lank hieroor, maar voel of God my ignoreer?”
Jesus sê dit is onmoontlik! Gebed kan nooit teen plafon vasslaan nie!
Voorbeeld van tannie wat 23 jaar vir haar man gebid het om met alkohol te breek…
[..was my ouers wat vir my gebid het…]
Slot:
Vrae:
- hoe moet ons maak as ons geloof getoets word?
- Wat van mense wat se geloof geknak is?
- Wat van die storms in die lewe?
- Wat van ‘n lewensstryd waarmee jy worstel?
God sal jou hoor! Ons moet ons geloof aan Jesus anker! Dit sluit ons lewe en gebedsvolharding in!
Hulle moet in die geloof volhard. Waar die geloof kwyn, kwyn ook die gebed, en andersom.
Gaan ons opgee op God en geloof? Sal vervolging en teenstand beleef – dikwels ‘n stryd om geloof te behou en daarin te groei = gebed is die antwoord en volharding daarin.
Neh 1:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid……
(Rom 12:12) Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.
Tema 1: Stories vir lewe
Prediker: dr Tinus Benadé 31 Julie 2016
Teks: Mt.13:1-9 en 18-23
Inleidend:
Verhaal van kleinseun by oupa se sterfbed: stories gee lewe. Oupa sterf en seun begin lewe…[ontdek geluk/wysheid/vryheid in Jesus!]
Jesus se 32 gelykenisse in die Bybel= nie gewone stories nie
Dieper betekenis gehad
Slegs hulle wat glo die bedoeling en betekenis sal verstaan
[tydlose waarhede en wysheid kom leer = vensters op God se koninkryk]
Groot waarhede verpak in stories uit die daaglikse lewe van die mense wat Hom gevolg het… 90% van wie kleinboere was – graan, vee, vrugte en groente geboer het (in baie droë klimaat)
In die skare was 2 groepe teenwoordig:
*hulle wat Jesus as redder gesien en aangeneem het..
*hulle wat Hom nie as Messias wou erken nie..
Twee reaksies: volhoubaar en nie-volhoubaar
Deel 1: Jesus se bedoeling met die bekendste gelykenis:
Almal bekend met die situasie: saai met sak en saad val op verskillende plekke en die reaksie is uiteenlopend. Jesus sê: 4 tipes grond is hoe mense op Hom reageer. As mooi daarna kyk kom dit weer neer op 2 reaksies / 2 groepe / 2 paaie…
a.Jesus se woorde veroorsaak verdeling tussen die wat hoor:
Jesus se volgelinge (alle tye) ontvang die Woord, verstaan dit, gehoorsaam dit en voer dit uit
Ander hoor ook maar luister nie..
Verharde hart
Oppervlakkigheid
Gevestigde belange en bekommernis daaroor
- Die punt wat die gelykenis maak is dat die oogmerk vrugdra is. [doel van alles is dat daar oes en kos sal wees en lewe vir die boer en sy gesin…]
3 tipes grond geen oes nie – tog reaksie! Jesus bedoel dat die skynbare reaksie nog nie ‘n oes waarborg nie m.a.w. die mees entoesiastiese reaksie op die Evangelie waarborg nog nie dissipelskap nie..
Dit is slegs die toets van tyd, volharding in moeilike omstandighede, wegdraai van oppervlakkige geluk en sekuriteit wat rykdom bied
Net as vrugte in my lewe sigbaar raak = dat my belydenis van geloof in Jesus waar word /eg is!
Wat is belangrikste? Belydenis van geloof in Jesus / volharding in geloof….
Deel 2: Belangrike dinge om raak te sien
a.Die een vreemde punt wat Jesus maak is die ongelooflike potensiaal van die saad: 100/60/30 voudig? Koringboere hier sal weet dit is onrealistiese verwagting?
Bedoeling is dat hulle wat die Woord glo se lewe tot groot vrug in die wêreld sou lei… net soos in die geval met 2 ander gelykenisse nl. Mostertsaad en suurdeeg
Jy wat hier sit is die bewys van die waarheid hiervan… 11 dissipels het die woorde van Jesus na die wereld geneem en vandag ken jy ook Sy Naam en saai jy ook! Saam met biljoene. Plofbare krag in die Woord!
b.Die genade wat hiermee gepaardgaan
Geen boer saai met die doel dat die saad op alle tipes grond val nie [soos die volgende gelykenis van die onkruid en die koring ook beklemtoon is die genade van Hom wat saai]
Ook vanoggend kom die woorde na mense – op verskillende plekke (bitter en hard, emosioneel, besig, oop..)
(Mat 5:45) sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.
Ons is die saaiers in ons dorp/familie/werksplek/skool/omgewing….moet nie oordeel en mense uitkanseleer nie!
Die Woord kan vandag nog 100 voudige oes lewer as ons gehoorsaam saai….
Toepassing:
Jesus kom met bekendste van Sy verhale en wil iets groter en dieper vir my leer:
Dit gaan nie soseer oor wat die Woord vir my beteken nie, maar die effek op my en wat ek dan vir ander kan beteken! (vergelyk die prente uit die Kinderbybel)
Goeie grond is oop ore wat lei na ‘n oop hart en oop hande!
Goeie grond dui op ware hoorders = diegene wat die Woord diep in hulle lewens laat wortel skiet
Die ware navolgers van Jesus wat Sy woorde hoor en dit lewenslank doen
Slot:
Verhaal van dame wat orrelis was en aan alkohol verslaaf. Woord soveel keer gehoor… hoe pateties? Wat van my? Ek sukkel net so om enige vrug te dra.. hoor ook en val elke keer terug in ou patrone!
2016: jy het vandag weer die saad ontvang – saad met ongelooflike groeikrag
Wat het vanoggend met jou gebeur? [is die blote feit dat ek hier sit aanduiding dat ek goeie grond is?]
Besef net al 4 is hier:
*so kwaad vir die Here is…
*Wow nou gaan alles in my lewe verander..
*sal teen Dinsdag te besig wees met oorlewing om te onthou…
*Ore en oë en harte en hande sal oopgaan en ander met Jesusliefde sal dien!
17 Julie 2016 Tema: Lig op die onderwerp
Skriflesing: Lk.11:34-36
(Luk 11:34) Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig.
(Luk 11:35) Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.
(Luk 11:36) As jou hele liggaam verlig is en nie ‘n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer ‘n lamp jou met sy skynsel verlig.”
Inleidend:
Buurvrou se wasgoed dof en vaal, eintlike probleem was huis se vuil vensters!
1.Agtergrond:
Lk 11:30 ev gebruik Jesus 3 illustrasies om mense se reaksie aan te toon op Sy lewe en boodskap:
2 uit geskiedenis nl. Jona en Salomo, 3e illustrasie kom uit alledaagse lewe: lampie wat op staander geplaas word om meeste lig te kan verskaf.
So was Jesus se bediening in die openbaar vir almal om te sien en te kon hoor.
Vs.34 Mense se reaksie op Jesus was soos die van ‘n oog op die weerkaatsing van lig: as die oog goed/oop/ontvanklik is – sal dit die wonder van Jesus se lewe raaksien en inlaat om hele wese te kom verlig. Maw sal dit snap en sal vreugde in persoon se lewe bring. [net soos die saad wat in die goeie grond geval het, kon ontkiem en ‘n groot oes oplewer]
Hulle wat Jesus se woorde verstaan en ingeneem het, se hele lewe is daardeur verander – daar het kennis, vrede en kalmte gekom.
Soos wat die lig by skoon vensters kan instroom en die hele vertrek kan verlig en verwarm.
Vs.35 waarsku dat foutiewe oog soos vuil vensters kan verhinder dat ek ook die effek van Jesus se liefde in my lewe kan ervaar.
Dinge soos: ongeloof/ongehoorsaamheid/vooroordeel/materialisme, ens kan maak dat ek die weerkaatsing van die lig nie kan sien of inneem nie.
Jesus sê dus: om ontvanklik te wees vir Sy boodskap is soos wanneer ‘n goeie oog voorwerpe kan onderskei wat die lig weerkaats. In donker kan mens niks onderskei nie, sien nie.
Toepassing:
Jesus gebruik nog ‘n keer die beeld van lig en die oog wat daardie lig na binne kan laat: sluit aan by Ps.119:105 en 130
(Psa 119:105) U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
(Psa 119:130) Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
Belangrik dat die lig nie net buite moet skyn nie, maar in ons lewens moet invloei om sy goeie werk te kan doen. Die inkom van die Woord in my lewe bring lig!
Die oog en in watter mate jou oog die lig inlaat dui hier op jou openheid vir die Woord van God en die werking daarvan in jou lewe.
2.Effek van die Woord op ons lewens?
(Eph 1:17) bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
(Eph 1:18) Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
Die vraag oor wat die afgelope jaar se reekse se temas vir my as persoon/ons as groep/ as gemeente beteken het, het hiermee te doen:
*as my oog oop en helder was – sou die waarheid van die Woord na binne gevloei het en my lewe verlig het
*as my oog dof /vensters vuil was v/d sonde in my lewe sou ek niks raakgesien of ingeneem het nie
Verskeie keer lidmate gehoor wat sê : “dis asof daar vir my ‘n nuwe lig in hierdie afgelope jaar opgegaan het. Skielik ‘n nuwe verstaan gekom het.
- Waarvan? Van God se bedoeling met my lewe en sy verwagting van my as lidmaat van Sy kerk en gemeente [myself beter leer verstaan]
- Omdat ek myself tot ander in ‘n groep verbind het, het ek ander ook beter leer ken
- Ek verstaan nou dat ons saam beter is en beter kan uitreik
- Beter kan dien / aanbid ens.
- Alles tot Sy eer beter kan doen.
Slot:
Nuwe reeks vir derde kwartaal is: “Stories vir lewe” Ons gaan 6 van Jesus se gelykenisse bestudeer…
Vraag is : “wat gaan die effek wees op my lewe? Gaan die lig na binne stroom en my hele lewe verlig?
Gaan ek in die toekoms probeer om ‘n beter spanspeler te wees?
Gaan ek ander toelaat om naby my te kom?
Gaan ek my Godgegewe passie laat ontwikkel tot ‘n bediening?
[ek kyk nou anders na die lewe… ek kyk met nuwe oë..]
Deur Sy Woord het die HG ons vensters kom was – sodat ons weer met nuwe oë na God / medelidmaat/ self kon kyk.
Tema 6: Kol 4:1-18 ‘n Gemeente vol gebede
Teks: Kol 4:1-18
Tema: ‘n Gemeente vol gebede
Inleidend:
Kolossense ‘n brief vol gebede: Begin met gebede vir die jong gemeente [..ons bid vir julle..]
Sluit weer met gebede: nou vir mekaar [..volhard in gebed / bid vir ons..]
*probleem sedert Jesus se dissipels al ..” Wat moet ek bid? / Hoor God my? Sal Hy my antwoord?”
1.God verhoor gebed en word verheerlik!
God wil ons seen: niks verheerlik Hom meer as die afhanklike gebed van Sy kinders nie! Hy verhoor ons gebede en gee ons vreugde – sodat Hy eer sal ontvang!
Bybel stel ons voor aan
- Jesus in gebed
- Paulus in gebed
- Openbaring …aanbidding gaan voort [gebede is wierook in bakke]
John Piper: “..prayer is the translation into a thousand different words of a single sentence : “…apart from Me (Jesus) you can do nothing..” [Joh.15:5]…”
Niks verheerlik God meer as ‘n mens wat aan die einde van hom/haarself gekom het en na Hom uitroep om hulp nie….
(Mat 5:3) “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Psalm 141:2 Mag my gebed voor U wees soos ’n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos ’n graanoffer in die aand.
(Psa 50:15) Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
3 sake:
Bid in jou situasie
God sal jou help
Hy sal die eer ontvang….
Slot:
2 voorbeelde van praktiese gebed:
- Babadogter gedoop: almal wat van haar geboorte weer sal altyd onthou hoe daar gebid is vir lewe vir hierdie baie siek kindjie
- Vandag groet ons ‘n broer wat 40 jaar in die myn gewerk het: 27 jaar gelede het hy die Here ontmoet en man van God en bidder geword… rekords in produksie / geen fatale ongeluk in sy afdeling gehad nie / werkers by huis besoek en boosheid uit hul huis gebid / Moslem hoof laat vergaderings met gebed open…
- Wat sal my by nuwe ervaring van Jesus se teenwoordigheid in my lewe bring? Nie mense / programme nie.. net gebed!
Tema 5: Dit gaan oor verhoudings:
Teks: Kol 3: 17,22+23
Inleidend:
Reeks met 5 temas:
- Brief stampvol gebede
- Jesus groot bo almal
- Weggelok van alles wat saakmaak
- Nuwe klere
- Verhoudings
Sleutelvers:
Kol2:6+7 “..leef in verbondenheid met Jesus….”
Verhaal van oom Chris Fourie wat dorpie op eiland se waterprobleem aanspreek en Imam kom tot bekering!
(‘n Vreemdeling wat op eie onkostes ‘n waterpomp vervang om die lewe vir die inwoners te verbeter en hulle die ou in wonders en Moslemleiers doen niks aan die omstandighede.)
Paulus se brief leer dat God alles in hemel en op aarde met Homself versoen het – deur Jesus! Beteken dat verhouding met Hom herstel is = maar ook ons verhouding met mekaar.
As Jesus my lewe kom nuutmaak – maak ook al die verhoudings waarin ek staan nuut!
Kruis van Jesus het alles /vir altyd / dramaties kom verander! Wereld sal nooit weer die selfde godverlateplek wees nie! Oral waar die lig deurgebreek het het alles verander ! Ook samelewings! Weer in Mauritius ook gesien!
Oral waar sendelinge Jesus verkondig het, het mense se lewens en omstandighede verander….(het dit gesien ook in verhaal van die inboorlinge in Amasone wat sendelinge vermoor het…)
- Mag word nie meer misbruik nie:
Jesus se woorde in Mt. 20:25-28 word weer in behandeling geneem:
- Ons weet nou dat Jesus die belangrikste in ons lewe is! Vraag is hoe? Wat beteken dit nou prakties in elke dag se lewe, verhoudings en probleme? [ brief raak prakties – oog op situasie van Onesimus en Filemon]
- Paulus wil duidelik maak dat Jesus wat mense nuutmaak en oormaak = ook hul verhoudings nuutmaak – huwelik, gesin, familie
- Sonde in die ou mens [selfsug] bring noodwendig magsmisbruik mee – Rome die beste voorbeeld van magsmisbruik, korrupsie, wreedheid en mishandeling…
- Paulus kom beklemtoon weer Mt 20 [enige gesag: in kerk, familie, samelewing = geleentheid vir diens –geleentheid om soos Jesus te leef
- Jesus se volgelinge behandel niemand onregverdig, onmenslik, afbrekend nie.. maak nooit misbruik van iemand nie!
- Lewensmaats, ouers en selfs werkgewers tree nie so op nie!Toepassing:HG moet ons help om reg te maak! Bely en reg te stel!
- Jesus moet my kom leer om enige gesagsposissie waarin ek staan (huis/werk/skool) te beskou as ‘n geleentheid om ‘n dienaar van ander mense te wees = meer soos Jesus te wees!
- Het ek al as lewensmaat/ ouer/ toesighouer / werkgewer.. ongenaakbaar en onregverdige besluite geneem? Self laat geld? Ander mense ontmoedig en verbitter laat voel?
2.Wie sien my raak? [..doen alles soos vir Jesus..]
Christene ook in ons dag – los die Bybel en boodskap by die huis as werk toe gaan! Tree baie liefdeloos en selfsugtig op = dien ‘n ander god in die werksplek nl. Geld
Hierdie brief het as motivering die storie van Onesimus wat weggeloop het. Nou is hy en sy eienaar volgelinge van Jesus! Wat nou gedoen? Gaan ons maar aan soos voorheen? NEE = nou saam in die gemeente, saam aan die nagmaalstafel.
*Jesus hef die onderskeide op: gee waarde aan alle mense = vroue,kinders, slawe en vreemdelinge
*my werksplek is nie bloot waar salaris/ byvoordele /selfvervulling ter sprake is nie ….
*ek is uitgekies, gerestoureer vir ander rede: om nou die beste mens te wees in die posissie waar God my in daardie stadium van my lewe geplaas het!
*moet toelaat dat Hy my nou daar sal gebruik om die sout en die lig te wees [Beetle bring eer aan die eienaar wat gerestoureer het!]
*gaan daaroor in my lewe altyd my heel beste te doen sodat mense rondom my iets van die liefde /energie/ mag van God kan sien [3:17 + 22-23]
*Christus is die Here in wie se diens ek eintlik is! Hy is die Een wat ek gelukkig wil maak!
Slot:
Geroeste Beetle is gered van die “scrapyard” en pragtig gerestoureer. Deel van versameling geword waarop eienaar baie trots is!
Ek dien God nooit in afsondering nie = word deel die familie / liggaam!
Hier geld heeltemal ander reels! Die liefde van Jesus bepaal alles!
Tema 4. Kollosense 3 1-17 Jesus verander almal …Dit verander als…
Kinderdiens Ng Kerk Thabazimbi
22 Mei 2016
Prediker: Abraham Groenewald
Nuwe klere!
• ‘n Straatkind sit op die sypaadjie en kyk hoe die karre verbygaan.
o Sy hare en vel en klere is maar net verskillende skakerings bruin.
o Hy is 16
o Hy weet al te veel van die lewe af, maar nog niks van regtig lewe nie.
o Hy weet ook nie van tafel maniere of hande was nie.
o Hy weet nie van ‘n badkamer nie.
o Hy weet nie die f-woord is vloek nie.
o Hy dink dis maar net sinoniem vir baie.
• Toe kom die Koning verby en stop met sy bloedrooi Ferrari voor die kind.
o Die kind sien dit en probeer met sy vuil hande sy vuil gesig skoonvee.
o Dit werk natuurlik nie
o Die koning besluit om die kind aan te neem,
o En laai hom binne in sy rooi Ferrari en ry deur die strate tot binne in die mure van sy paleis.
o Hy laat die kind bad, sny sy hare en trek hom skoon en netjiese klere aan.
o Hy kondig in sy koninkryk af dat hierdie kind van nou af sy prins is.
o En dat niks dit kan verander nie.
• Hulle gaan sit die aand in die koninklike eetsaal
o Die kos is baie en dit lyk lekker.
o Die kind val weg en vreet soos ‘n vark.
o Nadat hy die water uit die glas geslurp het vee hy sy hande aan die tafeldoek af
o En roep uit f- die kos is lekker.
o Hy gebruik die sinoniem.
• Die Koning staan op en kom sit langs die kind en sê:
o Jy is nou deel van my koningshuis.
o Ek het jou verklaar as my prins en niks gaan dit verander nie.
o Wat jy nou moet leer is
o Om oor jouself te dink as ‘n prins…
o Want ek gaan jou nou al hoe meer verander in ‘n ware prins.
o Jou ou lewe is verby, jou nuwe lewe het begin.
• Ek verander als, maar nou gaan als vir jou verander.
• Die kind kyk op in ‘n vasberade koning se liefdevolle oë in en hy knik.
o Hy weet hy het vêr om te gaan om ‘n volwaardige prins te wees…
o Maar op grond van dit wat die koning gedoen het,
o Weet hy dat hy ook klaar ‘n prins is.
o Terwille van hierdie koning en die eer van die koningshuis,
o Wil hy graag word… dit wat hy nou reeds is.
Jesus verander als
• Wat jy oor jou eie sonde dink
• En wat jy oor godsdiens dink…
• En dit behoort las in jou lewe te verander.
Als verander hoe jy oor kou eie oplossings vir sonde dink
• As jy ontdek dat Jesus groot genoeg is om genoeg te wees vir jou sonde (Kol 1:15-23)
Als verander wat jy oor godsdiens dink
• As jy ontdek dat jy nie in ‘n sisteem hoef te werk nie omdat Jeus klaar gewerk het (Kol 2:6-23)
Dit is wat ons tot nou toe uit Kollossense geleer het.
Party mense sal sê: hierdie is goeie nuus, hierdie evangelie,
Dis die perfekte verskoning vir Christene om maar net verder te lewe soos nie-Christene:
Saamslaap, dronkword, vloek…
• Jesus doen mos als…
o Ons sal selfs paasfees vier en paaseiers eet
o Ons sal selfs kersfees vier en geskenke koop
o Maar my lewe regtig verander? Nee…
Maar as jy begryp dat:
o Jesus se werk ‘n verandering aan jou identiteit gemaak het,
o Soos die straatkind…
o Behoort dit ook te verander hoe jy oor jouself dink
o En behoort als in jou lewe stadig maar seker te verander.
Dis waaroor Kollosense se derde hoofstuk gaan.
Hier word verduidelik:
o Hoe egte Christene oor hulleself behoort te dink
o Dat hulle daarom hulle lewens anders behoort te benader,
o Want God se doel is meer as redding.
Lees Kollosense 3:1-11
Hoe Christene oor hulle self behoort te dink:
• As vers 1 sê:
o Dat ‘n Christen moet strewe na die dinge wat daarbo is waar Christus is
• En vers 2
o Dat Christene hulle gedagtes moet rig op die dinge wat daarbo is,
o Is dit dieselfde as om vir daardie nuwe prins in sy kamer te sê:
Kyk, besef jy nou als het verander… en daar buite is jou juwe pa wat jou lewe in ‘n nuwe rigting gaan stuur.
Noudat jy hier is,
Moet jy v1- Soek vir en hard werk aan als wat te make het met prins wees,
Moet jy v2- mooi dink en jou strategie uitwerk om hierdie nuwe dinge deel te maak van jou lewe.
• En dit moet gebeur, sê vers 2,
o In plaas daarvan om nou te sit en top oor die lewe wat jy agter gelos het.
o Daardie straatkind moes heeltyd dink oor steel en lieg vir versorging en liefde,
Maar dis mos nou nie meer nodig nie.
• Want ,sê vers 3,
o Die vorige ‘jy’ is dood in God se oë
o En die nuwe jy is in Jesus veilig weggebêre in God self
Al kan jy nie noodwendig môreoggend die verskil in jouself sien as jy in die spieel kyk nie,
Sê vers 4 dat eendag wanneer Jesus weer kom,
Sal die verskil in jou wel gesien kan word.
• As jy ‘n Christen is, is jy klaar aangeneem en veilig toegevou in God.
o Maar dis nie iets om nou te vergeet nie
o Dis iets om jou kop om te probeer keer
Sodat jy kan begin uitwerk wat dit in jou lewe verander.
Hoe egte Christene hulle persoonlike lewens moet benader
• As jy jou kop daar rondom begin kry, gaan als verander:
• Vers 5 sê dat daardie straatkind al sy ou maniere van probeer oorleef
o Nou aan die keel moet vat
o En een vir een hulle nekke moet omdraai.
Wurg tot dit ophou skop en uiteindelik dood is.
• Seksuele onsedelikheid moet dood
• Onreinheid-wat vuil maniere is… moet dood
• Wellus – “lust’ in jou kop, op jou screen en in jou grappies moet dood.
• Slegte begeertes- slegte motiewe… moet dood
• Gierigheid vir wat ander het… moet dood
Dis mos tipies die dinge wat God haat en gestraf word in mense wat nie Sy kinders is nie (V6).
Dis juis die lewe waarin jy was en waaruit jy gehaal is (v7)
Om dan daarin aan te hou lewe is mos gladnie OK nie.
Hierdie is ‘n groot siekte van Christenskap vandag. Als is mos maar OK.
Maar wag… daar is nog meer…
o Terwyl ons besig is
o Is daar nog dinge wat eenkant toe gegooi moet word
Soos ou vuil klere wat jy uitgetrek het (storie van pa wat werk)
• Woede – waarmee jy ander probeer intimideer
• Haat- waardeur jy eintelik net jou diep seer probeer toemaak
• Nydig – gemeenheid waarmee jy ander wil seermaak
• Vulgêre vuil woorde- om jou woordeskat krag te gee
• En leuns – waardeur jy dinge in jou guns probeer swaai.
o Dit klink amper soos:
Binnelander
Game of Thrones
Suits
Alles in een gerol
En dalk besef jy dis die boublokke van jou eie lewe.
As jy nie ‘n Christen is nie,
o Is dit al wat jy het om te probeer oorleef.
o Want jy het niks of niemand anders wat jou versekering kan gee dat jy die lewe gaan oorleef nie.
Maar as jy ‘n Christen is,
o Aangeneem is deur die Koning van die Heelal,
o Is dit die dinge wat hoort by jou lewe
En waarvan jy moet bekeer.
o Dis die dinge wat jy moet nekomdraai en soos ou klere weg gegooi…
Nie sodat jy sy kind kan word nie…
Maar omdat Hy jou in enorme genade Sy kind gemaak het
Want Hy het ‘n groter doel wat baie meer werd is as jou redding.
God se doel is meer as jou redding
• God se doel is om elke aanneem kind
o Weer al hoe meer soos Hyself te laat lyk, sy Beeld,
o En dat elke aanneemkind Hom weer ken
Soos hulle bedoel was om Hom te ken
o Om weer prinse en prinsesse in sy paleis te wees,
o En dit sal een groot getuienis wees van God se goedheid
Soos dat Hy dooie nikswerd mense lewe gee
Sonder dat hulle dit verdien
En hulle weer laat groei in ‘n verhouding met Hom.
• God bereik nie sy doel as Hy jou gerd het nie…
o Die doel word bereik as jy weer al hoe meer God se goedheid en glorie in Thabazimbi bekendstel
o Deur self in die harde pad van hierdie lewe werklik te verander
o Omdat jy werklik verstaan dat jy ‘n nuwe identiteit het.(labels)
Vers 11 verduidelik dan hoe God
o Vir hierdie proses en doelwit
o Enige iemand van enige plek af kan gebruik
Want dit gaan nie oor wie jy is of waar jy vandaan gekom het nie
Maar oor Jesus
o Self jou, vandag, soos jy is!
Jesus is groot genoeg en is genoeg en het genoeg gedoen om alles en in almal te wees…
Dit verander als in enige iemand se lewe.
Dis waneer ek my gedagtes daarmee besig hou, volmaak en daarna strewe
o Dat ek binne in my ontdek wat die dinge is waarvan ek moet wegdraai.
o Waar ek moet omkeer en bekeer
o En as ek bly onthou dat Hy my in Sy liefde vashoy en dra
Dat ek al hoe minder op hierdie dinge staatmaak om my vas te hou en te dra.
Bekering is iets wat binne in jou gebeur en met jou hele lewe gebeur.
Bekering is die binne ratte van Christen wees ( volla)
Ratte wat aanhou draai
Weg van jou ou identiteit en lewe na jou nuwe identiteit en jou nuwe lewe…
Met Jesus wat daar is… in almal.
En binne jou… word God weer sigbaar vir mense.
Deur Sy dood en opstanding neem Jesus kinders soos ons aan.
Hy is groot genoeg om genoeg te wees;
En het genoeg gewerk sodat jy nie hoef te werk nie.
Jesus verander als wat jy dink oor jou eie sonde en wat jy oor godsdiens dink… dit behoort jou hele lewe te verander.
Dink anders oor wie jy is,
Lewe anders…
Want God het gered om jou weer as Sy verteenwoordiger is sy wereld te gebruik.
Vir Christene is Jesus alles en dit verander alles.
Teks: Kol 2 Tema: Weggelok van al wat saak maak!
Teks: Kol 2
Tema:Weggelok van al wat saak maak!
Inleidend:
Rooikappie het na die wolf geluister en op dwaalspoor geloop. Eva het na die duiwel geluister wat die waarheid effens verdraai het: “.. het God regtig gesê dat julle van geen boom mag eet nie?”
Duiwel het dit met Jesus ook probeer: “..as U die Seun van God is…”
Hierdie strategie van die vyand om die waarheid te probeer verdraai en Jesus se volgelinge op dwaalspoor te plaas het nog nooit verander nie! Noem dit dwaalleer. As net paar grade kan laat afwyk – kom op heeltemal verkeerde plek uit!
Deel 1: Paulus moes oral keer en waarsku:
Kol 1 die lied oor Jesus: 8 x “alles” Jesus is alles, bo alles, het alles met God versoen…
Molly Bruno: “if you have Jesus you have everything…”
Vroom mense (duiwel) het agter Paulus gegkom en in elke gemeente die jong gelowiges probeer weglok van Jesus en God se genade, deur ander dinge te probeer byvoeg en hul daarop te laat fokus: tale, doop, werke, wette, dae, feeste, bonatuurlike belewenisse, ens
(Gal 1:7) Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.
(2Kor 11:3) Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.(4) Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.
(2Kor. 11:13) Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. (14) En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ‘n engel van die lig.
Toepassing:
Vraag: Is ons volgelinge van Jesus of het ons ook op dwaalspoor beland? Weggelok?
Sola Fide, = slegs geloof..
Solus Christus, = Jesus alleen
Sola Gratia, = slegs genade
Sola Scriptura, = slegs deur die Woord
Soli Deo Gloria, = aan God al die eer!
Deel 2: Wie was hierdie mense wat die jong gemeente in Kolosse wou weglok van Jesus?
Jong lidmate het nie agter dik mure in die berge gaan woon en Jesus probeer volg nie – nee, was blootgestel aan klomp invloede (soos vandag ook): ander tempels [bv.Dionosos drankgod], Joods gemeenskap, askete, filosofie, ens. Hieruit het stemme gekom wat by die genade van God in Jesus ook ander idees en praktyke wou voeg. “wonderlik dat julle Jesus aangeneem het, maar as besny word, Sabbat hou, Joodse feeste, sekere kosse nie eet nie, engele aanbid, tale spreek…” [Hd.15 vergadering in Jerusalem hieroor]
Paulus noem dit so:
Kol.2:4 Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.
Kol. 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
2:16 Moenie dat iemand julle mislei nie ..
16 Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie aof dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
2:18 Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, 19en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie.
Toepassing:
Kan dit nie sterk genoeg stel nie: Satan [soos engel van die lig] kom vandag nog na Jesus-mense en probeer hulle weglok van Sy genade. “Soek jy dieper belewenis van God? Wil jy God regtig behaag? Ek het ekstra openbaring ontvang… sal jou ook inlei – “..gee tiendes, spreek in tale, Sabbat, wet weer onderhou, meditasie..”
Wese van alle dwaalleer: Geloof in Jesus se versoening alleen is nie genoeg nie! Jy as mens sal iets moet doen om by te voeg en volkome te maak..
Deel 3: Ek sal nie die genade verwerp nie!
Dit is moeilik om in ‘n godsdienstige wêreld te leef – alle godsdienste bestaan uit stelsels waar die volgelinge van daardie leer/geloof sekere dinge moet doen om hul gode se guns te verdien!
Jesus volgelinge vra ook : “..wat met ek doen om meer van God se Gees te kan beleef? Om God te behaag? Reg te maak vir al my sonde? ..”
Evangelie is: Dit is Volbring! Jou deel is gedoen. Die offer is gebring! Die skuldbewys is weggeneem!
*geen altaar weer nie, geen sisteem meer nie, Was net skaduwee!
*God sê: Jesus het jou deel ook gedoen – dit is die wonder van genade!
*toe jy nie jou deel kon doen nie, niks gehad het om skuld te betaal nie
*Jesus het dit alles vir jou ook gedoen
Kan baie vroom en nederig klink as ek nou kom en iets wil bydrae, byvoeg, probeer goedmaak, opmaak, versoen – maar is eintlik baie arrogant en ondankbaar! In wese is dit ek wat hierdie drang het om myself meer aanvaarbaar vir God te maak!
God het genoeg gedoen!
(Gal 4:9) Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees?
(Gal 2:21) Ek verwerp nie die genade van God nie. As ‘n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
21 I do not nullify the grace of God, for if righteousness were through the law, then Christ died for no purpose.
Toepassing:
• Jesus was die finale offer!
• Alle skuld , skaamte en oordeel was op Hom
• Hy het dit vir goed weggeneem
• “dit is volbring!” beteken dat die ou stelsels en sisteme uitgedien was
• Nooit weer ‘n altar waar ek iets moet kom bring nie..
Slot:
Beetle beeld: God het my gered van die smeltoond – besig om my te herstel tot wat ek bedoel was..
As ek daaraan wil toevoeg kan Vw snaaks lyk – bv. met Benz se grill,ens.
Hartseer as mense die gemeente verlaat vir iets groters of beters: veral as dit afdraaipaadjie is wat toevoegings probeer maak aan God se genade : in wese verwerp hulle die Kruis!
Molly Bruno:” If you have Jesus – you have everything!”
Kolossense 2b: Die klag en klaer tot niet gemaak
Teks: Kol 2:1-23
Tema: Die klag en klaer tot niet gemaak
Inleidend:
Verhaal van priester wat met vrou wou spot: “vra vir die Here watter sonde het ek oor gebieg?”
Later sou hy haar daaroor vra en die antwoord: “die Heer kon nie onthou nie…”
As dit nie waar was nie – is die verhaal van die kruis en vergifnis ‘n groot leuen! Dit is wat ons vyand graag sou wou dat ons moet glo. Dreig ons en herinner ons altyd aan wie ons was. Dreig ons met die oordeeldag – dat hy sy saak teen ons reg het en ons sal aanklae! DVD met ons verlede speel….doen dit elke dag om ons in ons gewete oor dinge uit die verlede oor aan te kla
Deel 1: Wie Jesus het het alles..
Lied in Kol 1. Oor wie Jesus is = bo alles en almal wat geskep is. Vrede gemaak en versoen
(Kol 1:13) Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.(14) Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
(Kol 1:20) en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
(21) Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
(22) Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.
LW: Dit is reeds gedoen –ook vir julle wat ver was en vyandiggesind….
Kol 2: Jesus leef nou in julle! Dit is die groot geheim en die boodskap van die /blye boodskap! Deur julle verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid….
*moenie dat iemand julle mislei nie: besny / dae/ kosse nie…kan nie daarheen teruggaan en weer slawe word van ‘n skuldige gewete nie
(Kol 2:13) Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.
Toepassing:
Paulus se eie verhaal, hoeveel was die verwyt oor die tyd toe hy Jesus beveg het en baie gelowiges uitgesleep en laat dood maak het, soos vir Stefanus…
Meer as enige persoon hierdie woorde verstaan en geglo! Absoluut seker dat vrygespreek is…’n ou Volkswagen beetle wat opgesmelt moes word…word weggeruk voor die kake van die masjien wat platdruk en word splinternuut herbou, ingebring in die vloot van ‘n nuwe eienaar – wat sy beetles koester en uitstal en gebruik!
Satan sal steeds vir jou ook skuldig wil laat voel! Seer dinge uit die verlede oproep om jou te laat twyfel. Veral twyfel of die boete wat betaal is genoeg was…en jy sal probeer om dit aan te vul met dinge wat jy kan doen soos weer wette te onderhou/ sekere kosse nie te eet nie/ sekere dae te onderhou, ens.
Nie nodig nie…
Deel 2: Jesus het klaar gemaak met die aanklag en die aanklaer ook ontmasker!
Verhale van gemaskerde wreedaards wat lewens bedreig. [cowboy stories, terroriste vandag, selfmoordbomdraers…] sherrif wat vang, ontmasker en in die openbaar vertoon – hier is die skuldige, so lyk die lafaard!
Boelie as die meneer hom aan die kraag beetkry!
(gaan lees weer die verhaal van Jesus en Satan se reaksie elke keer as gekonfronteer staan met die Seun van God! Presies geweet met wie hy te doene het en soos boelie gepleit.
Paulus se woorde is baie sterk:
i. Die aanklag bestaan nie meer nie [geen leêr / DVD] (Col 2:14) Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
ii. Dit is volbring? Sy sending was geslaagd, verlossing is gebring, vrede is herstel, versoening is gedoen [engel se woorde aan Maria: Jesus noem..want dit is Hy wat van sonde sal verlos]
iii. Hoor u hoe belangrik? Geen twyfel mag ooit bestaan oor die genoegsaamheid hiervan nie
iv. Mag my nooit weer laat afdreig nie! [as Satan jou aan jou verlede herinner – herinner hom aan sy toekoms – waar hy nou is en waarheen dit alles oppad is!]
v. Leêr is leeg! Geen veroordeling vir hullewat in Christus is nie!
(Col 2:15) Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
Pragtige beeld uit die Romeise wereld: Veggeneraal en sy manne keer terug van slagveld! Kamp buite Rome, wierrook gebrand..groot optog, skares, vyand vertoon en vir die leeus gevoer! [konings van Israel en Juda in Oo tyd weggevoer na Babel en Nineve, naak en blind]
(2 Kor 2:14) Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.(15) Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.(16) Vir dié wat verlore gaan, is dit ‘n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ‘n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat?
Paulus: dit is wat aan die kruis gebeur het! Eenmaal en vir altyd die effek van die sondeval en die mag van sonde gebreek
Ons is nie maar slagoffers van ons verlede nie, slawe van vrees vir ‘n vyand wat ons afdreig nie!
Vrees is die wapen teen ons / laat altyd twyfel oor ons sekerheid, vergifnis en toekoms [soos terreur graag wil doen]
Slot:
Vrygespreek – moet uit daardie vryheid leef! Kan nie teruggaan en self probeer goed maak nie.Genade ontvang – omarm dit!
Dit is waar…Alles in die skepping was aangetas deur die sondeval, vernietigende gevolge
= maar nou alles onder die genade gekom…net Jesus /net genade/ net geloof [Lig skyn warm]
Jy is weggeruk, vrygemaak –jy is nou ‘n kind van God en nie langer ‘n slaaf van sonde en vrees nie!
Niks en niemand kan jou skei van die liefde van God nie!
Jesus roep jou omHom vreesloos te volg
U het my gered sodat ek kan staan en sing!