2016 Sendingnuus

Kersfees groete Elke jaar met Kersfees dink ons aan die groot geskenk wat God gegee het in sy seun Jesus.  Ons familie het laasweek ons nuwe dogtertjie Čereni gaan haal het en die amper 6 jaar se wag het finaal geeindig.  Ons prys die Here vir ons klein wonderwerkie! Ons wil vir elkeen ‘n wonderlike Kersfees toewens en opreg dankbaar uitspreek vir almal wat saam met ons die jaar die pad gestap het. Elkeen se emails, facebook boodskappe van ondersteuning deur die jaar, elke boodskap, elke verjaarsdag gelukwense, elke finansiële bydrae en opoffering, elke gebed wat opgedra is, beteken vir ons as gesin ongelooflik baie. Die opgewondendheid oor die nuwe hoofstuk van ons lewe in Masedonië noop ons daartoe dat ons met dankbaarheid terugkyk na ‘n jaar vol seën en beloftes wat die Here lank terug vir ons gegee het en wat Hy getrou bewaarheid het. Mag julle Sy liefde, vrede, hoop en geluk ervaar die Kersfees en ons wil graag saam met julle die pad wat voorlê aanpak. As julle meer wil uitvind oor Čereni, kontak ons gerus of loer in op die blog.

Danie en Ester van Niekerk

http://adoptingladybug.blogspot.mk/2016/12/ladybug-has-arrived.html
van Niekerks

Kyk ook na