Verpakking van die bestellings van af Worcester is gedoen. Surina du Plooy het die foto’s geneem, gaan kyk op die foto blad daarna
Dagsê,
Ek glo u is teen die tyd bewus van die Thaba-Worcester NG Gemeente Samewerkingsprojek. Indien nie, laat weet my gerus en ek stuur vir u meer agtergrond.
Ek vra asseblief u hulp in die verspreiding van die produkpryslyste in u netwerk. Plaas ook asseblief alle bestellings voor 19 April 2017 om ons toe te laat om die vervoer van produkte koste-effektief te kan reël.
Ons hoop ook om u in persoon by die langtafel-ete (R500 per PAAR) by Trekpad Safaris en/of die Manne Wyn & Knipmes-Aand (R100 per persoon) by Jaco du Toit se Krokodilkraal te sien.
Betaling voor 15 April 2017 bevestig jou bestelling of plek by langtafel-ete & knipmes-aand. Betaling kan op drie maniere geskied:
-
-
-
- Kontantbetaling by kerkkantoor, diaken of ouderling
- Betaling met Kaartmasjien by kerkkantoor (slegs Ma-Do)
-
-
- Elektroniese Oorplasing – Verwysing ‘TWP + Naam’ en e-pos betalingsadvies & bestelvorm na fin@ngktbz.co.za
Elkeen se bydrae laat ons toe om die werk van die Here op vele plekke te laat gebeur.
Baie dankie & Vriendelike Groete
Thaba-Worcester NG Gemeentes
Jacques Blaauw
Baie was bewus van die uitnodiging en het daarop reageer.
Nou is die laaste rondtes aan die gang …
Langtafel ete die 5de
Knipmes aand die 6de
Mag daar seën wees op die fondsinsamelings