2018 Barry en Coreen de Waal terugkeer na SA

Barry & Corinne de Vaal

Liewe Vriende,

Daar is so baie “hoe’s”in ons lewe op hierdie stadium van BEZ – Belgische Evangelische Zending.

– Hoe sê jy dankie?

– Hoe neem jy afskeid na 17 jaar?

– Hoe onderskei jy wat  om saam terug te neem?

– Hoe skakel jy weer in aan die anderkant?

– Hoe gaan jy voort met die res van jou lewe?

Ons klink kompleet soos twee uile.

 

Wat het ons geleer in hierdie afgelope 17 jaar?

– Dat onse Liewe Heer gister en vandag en môre dieselfde is en sal wees.

– Dat Hy Getrou is en altyd   getrou sal bly.

– Dat liefdesdiens nooit gemeet en terugbetaal kan word nie.

– Dat Hy wie ons geroep het, het ons ook van dag tot dag gelei, ondersteun, gedra, bekwaam gemaak, en die verlange na geliefdes ,en bekommernisse, sagter gemaak  met verloop van tyd.

– Dat Christenwees jou nie vrywaar van swaarkry, dood of beproewing nie.

– Dat die lewe kosbaar is en so kort.

– Dat NIKS maar net vanselfsprekend is nie!

 

Hoe voel ons op hierdie oomblik van binne?

– Ons voel oneindig bevoorregd  om hier te kon wees vir al die jare.

– Bevoorregd om al die pragtige mense te kon leer ken wêreldwyd.

– Geseënd oor ervaringe wat ons kon opdoen, geleenthede wat ons gehad het om dinge te kon sien en te ervaar en te waardeer.

– Ryk aan geweldige getuienisse en lieflike gesprekke en eindelose grappe rondom hierdie ou lang tafel in Nortonhuis.

– Dat afskeid nooit  maklik is nie, dat jy nuwe aanpassings liefs wil vermy en dat daar ‘n berg voor ons lê.

 

Dankbaarheid!

– ‘n Geweldige groot dankbaarheid  teenoor ons Hemelse Vader.

– Ons wil Hom loof en prys vir  Sy oneindige genade oor ons.

– Vir ons Gemeente in Sherwood, De Duin gemeente, die Gemeente van Petrusburg, Stilbaai, Thabazimbi, en alle ander individue en vriende…… –   dankie  dat julle so getrou vir ons gebid  en ondersteun het finansieel en  op ALLE ander gebiede om dit vir ons moontlik te kon maak om hier te kon wees vir so lank.

 

Nou wat nou?

– Nou het aftree-ouderdom gekom.

– Nou word ‘n “container” hier voor Nortonhuis in die straat geplaas op 15 Mei,  wat gevul gaan word met net   die mooiste herinneringe om vatbaar saam te neem, die ander word voelbaar saamgeneem in ons harte.

– Vliegtuigkaartjies na Suid-Afrika op 28 Junie.

 

En dan?

– Dan gaan JULLE ALMAL VIR ONS KOM KUIER op Pearly Beach in Suid-Afrika!

– Die Heer was weereens so getrou om vir ons te voorsien van ‘n huis by die see, omtrent 2 uur se ry vanaf Kaapstad.

– Dan glo ons dat Hy ons weer gaan lei, gaan gebruik daar in die kerkie op Pearly Beach en ook om op ‘n baie kleiner skaal voort te gaan met ons gasvryheidsbediening! Ons Loof en Prys Hom daarvoor.

 

Gebed!

– Dat alles goed sal gaan op alle gebiede met ons terugkeer na Suid-Afrika.

– Vir die BEZ wat ook nou in ‘n  oorgangsfase is – vir leiding en wysheid.

– Vir ons Gemeente hier in Schaarbeek, die Bethel Kerk. Dat die gemeentetal sal groei. Vir krag en sterkte en wysheid vir ons voorganger hier, Gottlieb Blokland en vir sy gesin. Vir die werk wat hier deur ons gemeente in Schaarbeek gedoen word, ook onder die daklose en vlugtelinge.

 

Groete en liefde van hart tot hart,

Barry en Coreen de Vaal

Ons bankbesonderhede bly nog dieselfde:

België:

ING Bank:  Bernardus en Cornelia de Vaal

BE19 3101 5853 9112

BIC: BBRUBEBB

Suid-Afrika: 

ABSA Bank:  Cornelia de Vaal

1408171527

Coreen in Israel by die Onse Vader gebed in Koreaans. Gespel soos haar naam. Barry En Coreen se trek buite Norton huis Alles gereed om gelaai te word terug na Suid-Afrika Vele hande ...

 

 

 

 

 

 

Kyk ook na