Aliza-Aviela Bediening het sop en broodjie ete aan die seniorlidmate van ons gemeente gegee. Dit was ‘n baie geslaagde en heerlike oggend vir almal teenwoordig.
Die vrugte is geskenk deur Wessel en Hilda de Clerqc en Louw en Petro Botha. Dit was ‘n bonus geskenk aan al die seniors.
Dr Tinus het die verwelkoming en tafelgebed gedoen.
Die dames is bedank deur Robert McAlpine vir alles wat gedoen word vir die seniors.
Baie dankie, Antionette Brits, Annelise Kotze, Ronel Joubert, Linda van Wyngaard, Ronel Greeff en Theresa Pretorius.
Dankie julle.
Die uitreike aan ons seniors, is vir ons ook die betekenis van Aliza-Aviela, Vreugdevol, want God is my Vader.