20/03/2016 Dooppreek Woorde wat elke kind behoort te hoor. dr Tinus Benadé

Preek doop
Teks: Mt.3:13-17
Tema: Woorde wat elke kind behoort te hoor

Inleidend:
Dink aan rugbyveld. Lynstaan naby doellyn. Kaptein skreeu bevel – baie ander stemme: skare/afrigters/reserwes/ens.
In die oomblik net een stem wat saak maak: Kaptein wat skreeu waar die bal gegooi gaan word.
*Duisende woorde kom na kinders elke dag van hul lewe: woorde wat seermaak, media TV Radio, internet, onderwysers, afrigters, ens.
*Van al hierdie woorde is jou woorde as ouer die belangrikste, jy het die spesiale posisie!

Wil vanoggend fokus op sekere belangrike woorde/boodskappe wat kinders by jou moet hoor wat hulle baie sal help om eendag die mens te kan wees wat God bedoel het..

(Mt.3:17 ) as Jesus gedoop word was daar dalk baie mense teenwoordig wat elk eie woord gehad het om te sê, maar as daar stem uit die hemel kom van Sy Vader, dan is dit woorde wat geweldig baie beteken het vir Jesus, al was hy 30 jaar oud. Geweldige bevestiging en aanmoediging.

4 boodskappe /woorde om kinders te help om die mense te wees wat God hul bedoel het….

1.Ek glo in jou…
Wilma Rudolph se verhaal. Drs en almal as kind vir haar gesê dat sy nie sou kon loop nie, maar haar mamma het heeltyd vir haar gesê dat sy sal loop en sy het haar moeder geglo. Tsv polio het sy eerste vrou geword wat in 1960 3 goue medaljes by olimpiese spele gewen het
*As kind weet dat sy/haar ouer in hul glo, ontwikkel selfvertroue [kind wil weet wat dink my pa/ma van my]
*Vraag: Het ek dit wat nodig is om dit te maak as ‘n man of vrou in die lewe? As ouers nie antwoord nie sal bly soek na antwoorde soms by verkeerde mense.
* Selfs persone wat ouer is het ouers se woorde van vertroue nodig [man wat besigheid verlaat het om bediening toe te gaan]

2.Ek is jammer vergewe my!
Mamma laat om dogter te haal. Geen reaksie tot sy sê: “ek is jammer, sal jy my asb vergewe?”
[hier is my ouer en sy vra my vergifnis?!]
i.Al manier waarop kinders leer is deur na te aap/doen. Sal nie die vermoë ontwikkel om foute te erken, bely en vergifnis te vra as nie by ouers sien nie. Mt 7 “..doen aan ander…/vergewe ander soos jy vergewe wil word..”
ii.Berou oor foute en regmaak met persoon, net as gedemonstreer het! Ons maak ook foute – moenie verskonings aanbied nie of maak asof dit jou reg was om so op te tree nie.
Wenke:
*Betyds
*Kort (byvoegings sal weer ontaard in verskonings)
Sal jou kind geweldig help om eendag eerlik voor God met hul eie sonde en teleurstellings te staan en weet hoe om berou te hê en vergifnis te vra.

3.Nee!
“..hoekom het pa/ma nie net nee gesê nie..?”
Ouer het beter uitkykpunt is groter
*meer wysheid
*ervaring
*beter perspektief = om kinders te help om keuses te maak. Mag nie vaag wees nie maar duidelik!

Om nee te sê kan kinders geweldig baie help:
*betekenis is duidelik
*boodskap is waardevol
*kinders het nodig om dit te hoor =dit sal kind help om in situasies “nee” te kan sê vir versoekings/vriende/dwelms ens.
Onthou:
• Sal grense altyd toets [benodig iemand wat genoeg omgee om grense te trek]
• Neem aksie en wees beslis [navorsing bewys ouers sê 9x voor optree]
• Moenie reaksie vrees nie/ dat kind nie van jou sal hou nie [kategese/ oupas en oumas]
• Wees konsekwent [verras as in publiek nie luister nie as nooit by huis opgetree word nie]
Sê net nee omdat jy jou kind liefhet en wil beveilig. Leer hom/haar gehoorsaamheid en sal dit eendag regkry om God se Woord ook gehoorsaam te wees. “geen appels reël verbreek, vandag nog die gevolge daarvan]

4.Ek is lief vir jou..
Tye het verander, sluit elke telefoon gesprek af met “lief vir jou..”
Hoekom sê ouers dit? Want hulle wil dit terughoor!
*Baie belangrik dat kinders dit moet hoor, maar die antwoord wat ek moet terugkry is nie ek is lief vir pappa/mamma ook nie… maar eerder “ek glo dit pappa!”
*(hoor mooi! Jy is die ouer – dit is nie jou kind se verantwoordelikheid om jou geliefd te laat voel nie!)
Uitdaging as weer vir jou kind sê, kyk na sy/haar reaksie! As hulle jou nie in die oë kyk nie, glo hulle jou nie regtig nie
As jy dit sê en die ogies helder op dan glo hulle jou!
• My kind moet gereeld hoor dat ek hom/haar liefhet,”… maak nie saak wat jy doen nie/ maak nie saak waar jy gaan nie, ek sal altyd lief wees vir jou..”

Continue Reading

Jesus sê Wat?!! Tema 8. Prediker dr Tinus Benadé

Tema 8: Moenie oordeel nie
Teks: Mt.7:1-5
Joh.8:1-11
Inleidend:
Fransiscus van Asissi: Vader Angelo aangestel oor ‘n klooster. 3 rowers daag daar op soek na kos. Angelo berispe hulle en jaag hulle weg. Fransiscus daag op met sakkie brood en wyn wat iemand aan hom geskenk het – hoor storie en is ontsteld. Sondaars kom nie tot bekering met harde woorde nie – eerder as deernis beleef! Stuur Angelo om hulle te soek en kos vir hulle te gee. 3 rowers kom terug, neem Jesus aan en word deel van die klooster vir die res van hul lewe!
Huise van glas: sondaar kan net met liefde reageer op foute en sonde van ander! [..ons almal woon in huise van glas..]
Jesus se bergpreek wys die pad aan vir Sy volgelinge in ‘n nuwe bedeling…
Kerk van Jesus se dag het die plot verloor: Wet geken , maar die liefde verloor – hart van God en Sy bedoelings gemis! Hard en liefdeloos, krities en veroordelend geword – Jesus ook so behandel!
Deel 1: Jesus leer ons om nie te oordeel nie!
Mt 7 waarsku Jesus (soos met vergifnis) dat Sy kinders nooit op liefdelose manier na die sonde en foute van ander mag kyk nie. (moet die splinter raaksien en uithaal – maar nie met blindheid vir eie foute nie) dan sou dit waardeloos wees – God sal ons dan op dieselfde wyse behandel!
Mense wat God se vergifnis ken – vergewe maklik
Mense wat vrygespreek is – spreek maklik vry
Baie moeilike woorde! Tipies van mens om foute van ander op ander manier te wil beoordeel as my eie. Minder genade te betoon as wat ek ontvang het!
Baie mense wat vir hierdie rede die kerk verlaat en niks te doen wil hê nie- seergekry omdat christene maklik veroordelend kan wees en sonde en foute kan uitwys en wegstoot en kritiseer.
Deel 2: Jesus wys ons hoe om nie te oordeel nie…
Joh 8 baie mooi demonstrasie van wat Jesus bedoel het met hierdie woorde…
Vrou gebring – met doel om Jesus vas te trek.
Kyk hoe korrup: Waar is die man? Wet is duidelik? Tog nie meer so toegepas nie?
Jesus se probleem: as haar laat stenig –sal Hy streep trek deur Sy eie woorde (Mt.7)
As laat gaan –trek streep deur die wet
Jesus moet ‘n keuse maak tussen die waarheid (wet) en die liefde (genade)
Antwoord: Reg so: “ maar laat die een sonder sonde die eerste klip gooi! (..sy het splinter in haar oog….laat die een met ‘n helder oog)”
Gevolg: loop een een weg! Niemand het skoon gewete nie – daarom mag nie oordeel nie!
Jesus kyk op en vra vir die vrou of een klip gegooi het?
(Joh 8:10) Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
(11) “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
Jesus wys hoe genade werk: Liefde betoon /deernis en vergifnis
Waarheid ook vasgehou… gaan en sondig nie meer nie!
Deel 3: Paulus help ons hiermee
*(Rom 2:1) Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ‘n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ‘n ander ‘n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge.
(2) Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel.
(3) Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?= [Sleutel]
(4) God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie
*(Gal 6:1) Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.
2 dinge: sonde en foute van ander sien: genade betoon = gees van sagmoedigheid reghelp =liefde en waarheid
Sleutel: pasop kan self ook maklik val!
Slot:
Fout wat ons verlostes (soos vader Angelo) maak: kerk kan maklik vinger wys / neersien / beter ag
Probleem: sukkel om te onderskei tussen die sondaar en die sonde = gevolg : stoot mense weg!
Ons sukkel om albei vas te hou! Voorbeeld van “Selfde geslag huwelike “kwessie:
Hoe hou ons albei vas? Waarheid beklemtoon sonder liefde = veroordelend
Liefde beklemtoon sonder die waarheid = alles is aanvaarbaar!
Jesus gee sleutel tot gemeente wees…. persone aantrek na die genade en deernis wat betoon word!
Pas nie by vrygespreektes om te oordeel nie!
As ek die genade eenkeer geproe het – kan nooit weer genadeloos optree nie!

Continue Reading

Jesus sê Wat?!! Afsluiting. Prediker: dr Tinus Benadé

Skriflesing: Mat.7:13+14
Is ons kerk wat mense na ons aantrek? Stoot ons manier van doen mense weg?
Wat het Jesus geleer? Wat het Hy gedemonstreer? Hoe het gelowiges voor my dit reggekry om Hom te volg?
[dikwels soos pa wat kinders se onskuld vat en hulle leer dat geloof hoort nie orals nie! Hoekom dan glo? Dak is daar hemel en hel /polis uitneem (soos ongeskiktheid/rampe/ongelukke)]
Die wêreld sê: Wees uitdagend, wees sterk, vol selfvertroue.
Jesus sê: Leef afhanklik-nederig voor God. [ontdek afhanklikheid]
Die wêreld sê: Moenie jouself enigsins verbind nie. Leef vry!
Jesus sê: Leef absoluut toegewy aan My en my saak.
Die wêreld sê: Beproef alle sondes. Moet net nie uitgevang word nie.
Jesus sê: Breek radikaal met die sonde in jou lewe.
Die wêreld sê: Jy is nommer een. Leef net vir jouself en jou eie belange.
Jesus sê: Kruisig jou selfsug. Kom volg My.
Die wêreld sê: Volg die weg van die minste weerstand.
Jesus sê: Jy gaan swaarkry as jy My wil volg!
Die wêreld sê: Haat elkeen wat jou teenstaan.
Jesus sê: Wees lief vir elkeen – ook hulle van wie jy nie hou nie!
Die wêreld sê: Wees bitter teenoor mense wat die lewe vir jou bitter maak.
Jesus sê: Wees genadig teenoor mense wat jou seergemaak het.
Die wêreld sê: Wees skerp en reguit oor ander se foute. Skinder daaroor.
Jesus sê: Moenie ander veroordeel nie!

Die wêreld sê: Loop die lekker paadjie; daar’s nie regtig ’n hemel nie.
Jesus sê: Die paadjie hemel toe is baie nou en die wat ingaan is min.
Hoekom groei ek nie?
Probeer met ander reels werk in die geestelike werklikheid. Sukses behaal met dit wat ek in wereld sukses behaal het.
Gevolg: Net soveel godsdiens in my lewe dat ek altyd misrabel en skuldig voel!
Kan Jesus nie volg op my terme nie! Moet Sy hart verstaan en toelaat dat Hy deur die Gees my hart kom verander.
Moet eers die bodem tref om die rots te ontdek en daarop te bou!
40 dae het iets belangriks vir ons geleer:
 Goed met kwaad te beantwoord is boos
 Goed met goed te beatwoord is menslik
 Kwaad met goed te beantwoord is goddelik! (soos kinders van ons Vader)
Slot:
Here wys vir my U hart en U wil – maak my daarvan deel!
Erns maak met my sondige natuur en vyand se ongenaakbaarheid
Slotjie: waaraan was ek tot dusver verbind? Ek het keuse:
 “Kan besluit neem en losmaak daarvan!” [Fil 3. Maak my los van wat agter is en span my in…]
 Voortgaan soos altyd en gefrustreerde volgeling bly wat pad bly byster raak

Continue Reading

Jesus sê wat?!! Tema 6 Prediker dr Tinus Benadé

Tema 6: Die sleutel tot die liefde vir die vyand..
Skriflesing: Mt 5:42-48, 7:24-29 en 8:1-13
Inleidend:
Hierdie boodskap vir slagoffers van geweld nie hoor nie! Daar is maar net mense wat ek nooit sal kan liefhe nie.
Agtergrond:
Bergrede was Jesus se bekendmaak van ‘n nuwe wereld = koninkryk van God
Jesus se mense sou anders lewe, lyk, klink….
Praat ook oor verhouding met vyande: julle moet anders wees! Tollenaars en sondaar het ook die lief wat goed doen aan hulle !
Jesus sluit die bergrede af met (7:24-29) huis bou beeld.
 Woorde hoor en doen! Nie bloot hoor, kop knik, aan maat stamp – maar doen = wyse
 Mense verstom oor Hom! Messias? Opwindende bergtopervaring gehad!
 Stap vol opwinding terug na Kapernaum – ontmoet melaatse man
 “as U wil kan U…” Ek wil ..
 Mense beindruk = Jesus doen wat gepreek het – Hy gee genoeg om, gee aandag aan swak en siek man = ongelooflik
Deel 1: Konfrontasie met die vyand…
As by Kapernaum kom – Romeinse offisier
• Verpersoonlik die vyand van almal in die skare! Die mense wat onderdruk, lyding en swaarkry veroorsaak..
• Hy het offisier geword omdat hy bevele uitvoer en wreed genoeg is..
• 60vC Pompei ry met sy perd op die tempeltereein in – slag die priesters, gaan die tempel en die allerheiligste binne. Jodeverloor hul onafhanklikheid – swaarkry begin
• Herodus die Grote word oor hulle aangestel – 2 vrouens en 3 seuns doodgemaak – Slagting in Bethlehem , ens
• Pontius Pilatus word goeweneur – kruisigings begin, mense word vermoor, rabbis gejag ens
• Almal in die skare haat die romeine met ‘n passie!
Ironie: Offisier vra van Jesus ‘n guns! Almal kom tot stilstand!
 Slaaf? Eie gemak op die spel? Persoon wat vryheid verloor het, gekoop is, weggeruk is?
 Ly en Verduur baie pyn ? Regtig? Jy is die persoon wat ons laat ly en pyn verduur!
Kern van Jesus boodskap:
Jesus het gekom om die wereld bekend te stel aan ‘n hele nuwe manier van dink en lewe!
Lewenswyse en gedragskode wat lynreg teenoor alles stann wat mense geglo en in die gesig van alle redelikheid
 Hy het sopas die grootste preek ooit gepreek: almal het gehoor wat Hy gese het or optrede teenoor vyande: “.. as goeddoen aan die wat aan julle goed doen, wat is julle beter? As romein behandel soos hulle julle behandel… wat is julle beter? Selfs sondaars doen dit so.
 Jesus roep tot iets heeltemal nuuts : Vyande liefhe! Dan word jy ‘n kind van die Vader
 Jesus hoe word ek ‘n kind van God / staan ek in regte verhouding met God? = vyande liefhe!
 “wees lief vir jou vyande en doen goed aan die wat jou seergemaak het…”
Emosie glad nie bedink nie!
Jesus het sopas hierdie dinge geleer en hier staan die offisier voor Hom. Hy maak aanspraak op Jesus se hulp! Wat doen Jesus? Hy weet alles wat Hy gese hetis nou op die spel –
 As Hy help gaan volgelinge verloor
 As Hy nie help nie dan is Hy vals en oneerlik teenoor dit wat Hy hulle geleer het?
Wat doen Jesus? “Roep ‘n medic! Vra ‘n vriend! Kontak Ceasar? (volste reg gehad om weg te draai)
Jesus besef hier gaan dit nou oor die hart van Sy bediening en waarvoor Hy gekom het!
Rede vir Sy koms was niks ander as hiervoor nie! Hy moet nou doen wat Hy van Sy volgelinge verwag? Dit is die toets of werklik van God kom! Sal Hy offisier behandel soos ons verwag ..of nie?
Jesus maak die slaaf gesond! Selfs verstom oor die vyand se vertroue en geloof in Hom…
Toepassing:
Ek en jy bied weerstand. Ons die die een wat benadeel is? Sal my pyn gebruik om ander party terug te laat pyn ervaar! Sien myself nooit as die aggressor nie!
Ek sou anders opgetree het! Jesus verstaan dit… maar dan is jy nog baie ver daarvan om kind van God te wees!
Iewers eers ontdek dat die offissier eintlik ek is wat guns van God vra, wat soveel pyn veroorsaak en ander seermaak = dat ek iets sal doen wat ek hoop die Vader in die hemel vir my sal doen…
Slot:
Jesus het juis hiervoor gekom! Wat Sy lewe kom demonstreer het! Hy gee Sy lewe (nie gevat by Hom nie) kies om dit te gee twv persone wat dit nooit sal verdien nie!
Romeinse goeweneur se : “kruisig Hom!”
Romeinse offisier kyk dat Hy gekruisig word – en Jesus sterf vrywillig vir hierdie offisier, die een by die kruis…
In daardie oomblik as Hy dit doen = neem Hy al my verskonings weg waarom ek dit nie sou kon regkry om my vyande lief te he nie…
Ek sal alteen teenstribbel, wil nie vyande, mense wat seermaak, misbruik, verneder liefhe nie!!
Sal altyd voel: “jy is die laaste persoon wat dit van my kan verwag! Jy verdien dit nie….
Totdat: ek die offisier in die spieel sien..en weet dit is eintlik ek wat voor Jesus staan en guns vra. God wat my niks skuld nie behalwe die straf op my sonde.
Jesus het die wereld vir altyd kom vernder en dit gaan voort. Elke plek en situasie waar Sy volgelinge dit regkry om anders te reageer as die gewone menslike optrede. Daar word die kruis weer weerspieel, as doen(nie bloot weet) sal beloning groot wees en kind word van die Hemelse Vader!
Prakties maak: Andre en Hannien se versoek? Wat doen jy?
(Rom 12:17) Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.
(Rom 12:18) As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
(Rom 12:19) Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.
(Rom 12:20) “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”
(Rom 12:21) Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
(1Pe 2:21) Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.
(1Pe 2:22) “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie.”
(1Pe 2:23) Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.
(1Pe 2:24) Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Continue Reading

Jesus sê wat?!! Prediker dr Tinus Benadé

Week 4: Die sleutel tot selfverloëning
As iemand agter My aan wil kom moet hy homself verloën,
sy kruis opneem en My volg.
Die wêreld sê: Jy is nommer een. Leef net vir jouself en jou eie belange.
Jesus sê: Kruisig jou selfsug. Kom volg My.
Skriflesing: Matteus 16:13-28. (Lees ook Lukas 9:23 – “elke dag”)
Onderwerp: KRUISIG JOUSELF
Inleidend:
Laas week gehoor dat ek radikaal met sondemoet werk. Hoe radikaal?
Jesus antwoord: Wortel en tak uitroei = kruis opneem/ selfverloen [Siembamba]
Rembrandt se skildery van Abraham en Isak se offer – ek word gevra om soos Isak te wees.
1.Wat is kruis opneem?
Jesus het Sy lyding aangekondig (vs.21) As julle verder agter my aan wil kom – moet jy jouself verloen en kruis opneem?
Weer ‘n prentjiespreek – almal het gesien hoe terdood veroordeeldes kruis moes dra na plek van teregstelling. Vrees in die oë / gespot van die skare/ geweet die dood wag net hiervoor en dit gaan baie wreed wees….
Ons het nog nooit so iets gesien nie… enige publieke teregstelling nie (galg of elektriese stoel nie)
*ons praat soms van elke huis het sy kruis, bedoelende pa wat drink, ma wat geld verkwis, moeilike skoonma….sal nie my kruis ruil met iemand anders nie
Kruis opneem = sterf aan myself en Jesus word die belangrikste persoon in my lewe!
Gaan oor prioriteite en nuwe lojaliteit + alles opoffer twv daarvan
Moderne beeld:
Jong rugbyspeler kom by afrigter van Superrugbyspan:
Hoor van klomp dinge wat hy sal moet verander om deel te word van die span. As deel wil wees sal sy prioriteite moet verander – gaan nie meer oor wat vir hom belangrik is nie, maar wat is die beste belang van die span?
“Verlede agter laat / gaan nie oor geld maak nie / breek met ou vriende en ander slegte gewoontes = nuwe lewenstyl en eetplan/ vroeg opstaan en ure in gym en op veld oefen/ sal dikwels pyn en teleurstelling ken / familie belange kom nou tweede / elke spanpraatjie bywoon / baie opofferings maak sal deel word van span se suksessse en dalk later Springbok word.
Is jy bereid? Teken hier….”
(bereid om te doen wil deel wees! Nuwe lewe, nuwe lojaliteite en ander prioriteite – wil daardie trui oor die kop trek op die speelveld kom, skare in sy ore hoor, beker omhoog hou)
Toepassing:
Jesus se vraag : wat is jy bereid om prys te gee en My te kan volg?
Prioriteite sal vir altyd moet verander: sal nooit van selfsug vrykom anders as om te kruisig nie
[selfsug is die basis van alle sondige denke en optrede!] = sleutel wat ons hier ontvang
Fout: Goedkoop maak. Volg Jesus! Nie “fan” word nie maar volgelinge = werklik liefhet en doen wat Hy verwag en ontvang wat Hy gee
2.Paulus help ons hiermee:
1.Kruisig die neiging tot sonde doen…(Rom 6:6) Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.(7) Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde..
2.Kruisig die eie wil..(Gal 2:20) en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
3.Kruisig die ou natuur…(Gal 5:24) Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.
4.Kruisig die aantrekking van die wêreld…(Gal 6:14) Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld.
Slot:
Wêreld sê : jy is die belangrikste! Leef vir jouself! Stewe na jou belange
Jesus gee sleutel: kruisig jou selfsug en kom volg my

Continue Reading

Paasfeeskonsert 22 Maart 2016

IMG_3363  Die studente van NG Universiteitsoord besoek binnekort weer Thabazimbi met hul jaarlikse Bosveldkonserttoer. Dit behels ‘n toneelstuk wat handel oor die Paasgebeure; hierdie jaar met n moderne aanslag. Verwag unieke talent van ‘n groep wat hul liefde vir God uitleef deur die kunste. Sal die boonste beskrywing werk? Die toneelstuk is geskryf deur Ds. Cobus Niemand. En die musiek keuse sluit ou bekendes en meer moderne liedjies in. Ons is n groep van 20 studente (op die stadium).

Die studente van NG Universiteitsoord besoek binnekort weer Thabazimbi met hul jaarlikse Bosveldkonserttoer. Dit behels ‘n toneelstuk wat handel oor die Paasgebeure; hierdie jaar met n moderne aanslag. Verwag unieke talent van ‘n groep wat hul liefde vir God uitleef deur die kunste. Die toneelstuk is geskryf deur Ds. Cobus Niemand. En die musiek keuse sluit ou bekendes en meer moderne liedjies in. Ons is n groep van 20 studente (op die stadium).    

Continue Reading